1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
7802340

Besoekers aanlyn

Ons het 146 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

ZUMA WEN DIE EERSTE VELDSLAG TEEN DIE ANC REGIME

Zuma op diie oorlogspadDie gesamentlike besluit van die "minister" van polisie en die "kommisaris" van polisie om nie teen Zuma op te tree ingevolge die beslising van die hoogste hof in Suid Afrika, word beskou as nog 'n oorwinning van Zuma teen die reg! Tot en met die Afhandeling van die litigasieprosesse wat Zuma aan die gang gesit het met sy vertoë na die Hooggeregshof in Pietermaritsburg om 'n interdik teen sy arrestasie, kan hulle nie teen hom optree volgens dié twee "justisiemanne".

Zuma se impisWat natuurlik nader aan die waarheid is, is die vrees vir die gewapende impi's wat hulle rondom Zuma geskaar het met die uitgesproke voorneme om bereid te wees om te sterf in die proses! Anders as die blankes wat eerder "ja" stem, onderhandel, saampraat, bereid is om mag te deel, grond en plase af te staan, toegewings te maak, skole en universiteite prys te gee, ons taal te laat vervang met Engels, ons mense te laat vermoor, ons vrouens en dogters laat verkrag en dan nog saam met hulle sport te bedryf!

Die les wat ons by Zuma kan leer is dat verset punte tel! Sedert die wapenskandaal, wat hy nie as 'n misdaad beskou nie, het hy bloot voortgegaan om homself te bevoordeel ten koste van veral die Afrikanervolk. Hy het voortdurend steun verwerf deur sy bekende "skiet die boer" en bring my my masjiengeweer!liedjies". As bruikbare rat in die kommunistiese ratwerk om 'n vastrapplek in Suid Afrika te kry, is Zuma vir die Russe baie werd. Elke oorwinning wat hy oor die stelsel behaal maak hom meer voortvarend en dienooreenkomstig, ook meer gevaarlik!

Belangrik is egter die onvermydelike breuk in die ANC en die verdeeldheid wat nou na die oppervlak gedruk word tussen die verskillende etniese groepe. Die finansiële bevoordeling van die "elite" swartes wat poste en aanstellings verkry het sonder meriete, raak in onguns by die werkloses en minderbevoorregtes. As die bevoorregtes dan nog van 'n ander etniese volk is, is die tafel gedek vir onrus.

Wat nou besig is om te gebeur is dat die Westersontwerpte grondwet, deur een swart volk op 'n ander swart volk afgedwing moet word. In Zuma se geval is dit nou 'n Venda wat vir die Zulu moet voorskryf en erger nog, tronk toe stuur! Die resep het die potensiaal vir anargie en chaos met geweld as onderbou.

Ons nader nou die afleiding van mnr. Jaap Marais wat van mening was dat die bevolkingsamestelling in Suid Afrika hom by uitstek verleen tot geweld tussen die swartes, wat uiteindelik sal oorvloei na die blankes. Dit is dan dat ons noodgedwonge onsself sal moet verdedig. In so 'n situasie hou ons nie op voordat ons weer in politieke beheer van ons land kom nie! Is u geestelik en fisies gereed daarvoor? Indien van nee, gaan op u knieë en vra leiding van God na belydenis van u oortredinge en ongehoorsaamheid aan Sy gebooie. Daarsonder sal ons sonder God se beskerming onsself in groter benouing bevind as wat ons sedert 1994 aan blootgestel was!

Harold MacMillan se winds of changeDie "Winde van Verandering" van Harold MacMillan van Brittanje wat die wiel laat draai het, het nou baie naby aan sy volle omwenteling gekom. Wat bo was en nou onder, nader die oomblik van om wat onder was, nou weer na bo te bring. Ons moet nie net aan die speke van die wiel hang nie, maar daadwerklik bydra om die wiel te laat draai! Is u besig om te help daarmee of is u een van die remskoene wat die momentum vertraag? In ons stryd om vry te wees is ons ganse Afrikanervolk se krag en betrokkenheid noodsaaklik. Nie in verdeeldheid, twis en tweedrag nie, maar in vaste geloof in ons hemelse Vader met hartlike samewerking en politieke eensgesindheid. Één van siel en één van sin! Die tyd raak kort en vereis nugterheid van denke en bereidheid tot diens!

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie