Zuma reis "vrywillig" kort voor die sperdatum vir sy arres 12uur nm. na Estcourt se nuwe opgradeerde gevangenis om homself aan te meld vir sy 15 maande gevangnisstraf. Op hierdie stadium is daar slegs fotos van voertuie en beskrywings van verklarings deur Zuma, maar geen foto van homself waar hy in 'n voertuig klim of sit, of uitklim by die tronk nie.
Die teenstrydigheid van gebeure gemeet aan die afgelope paar dae se saamtrek rondom Zuma en dreigemente van geweld sou hy arresteer word, laat 'n reeks vrae ontstaan oor wat Zuma oorreed het om in te gee en" vrywillig" homself aan te meld vir gevangenisstraf nie. Die oorredingspakket moes voorwaar aantreklik gewees het indien Zuma wel ingestem het en dit inderdaad is dat hy homself aangemeld het vir sy vonnis.
Dit sou vir die magte agter die skerms wat die "demokrasie" en sy Godlose grondwet ontwerp het, sleg gewees het indien Zuma steeds geweier het en die gesag enduit uitgedaag het. Indien die pogings om hom te arresteer, gefaal of in burgeroorlog ontwikkel het, sou egter ewe nadelig vir die ANC regime gewees het. In ieder geval sal dit interressant wees om te sien hoe die Zulu's gaan reageer.
Die verdeeldheid wat oor 'n lang tydperk in hulle geledere bewerkstellig is deur die koning finansieël deur eers die de Klerkregering en daarna die ANC regime te befonds en dienooreenkomstig te beheer, saamgelees met die verskil in ondersteuning tussen die IVP en die ANC ondersteuners en dan nog die huidige breuk met die NUK (nasionale uitvoerende komitee) van die ANC, Zuma en sy aanhang.
Uit die gesigsuitdrukking van Zuma waar hy in die korrektiewe struktuur in Estcourt sit, 'n foto wat nou op ons tafel beland het terwyl hierdie berig saamgestel word, kan 'n mens met reg die afleiding maak dat Zuma sielsongelukkig is oor die besluit wat hy "moes neem", om homself aan te meld om arrestasie te vermy en sodoende poog om die "morele hoëgrond" te behou.