1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
6657558

Besoekers aanlyn

Ons het 24 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

Die Zondu Affȇre

Klaas WaarseggerDit  is 'n verhaal getrou aan Afrika gedrag. 'n Oordosis van selfvertroue is 'n baie sterk wapen om dom stemvee wys te maak dat jy rein van hart is.  Dit verseker 'n indrukwekkende swendelaarsloopbaan in Afrika politiek.  Die triekster projekteer 'n transmorfikasie om sy prooi (die kieser) te bedrieg.  Op 'n ironiese en dubbelsinnige manier bly die dom stemvee steeds aan sy kant omdat hy hom onderskei in die uitoefening van “how to beat the system”.

Sewe oneervolle aanklagte in die parlement kon Zuma nie uit sy amp verwyder nie.  Uiteindelik was dit die Gupta papierspoor wat die aap uit die mou gelaat het.  Dit behels georganiseerde misdaad wat feitlik alle staatsektore betrek op 'n mafia-tipe werkswyse.  Verskeie aangeklaagdes het die Zondu kommissie die middelvinger gewys.  Die ingesteldheid is eie aan die Afrika argetiepe, gewetenloos en sonder berou oor die skade wat hulle die land aangerig het, gevrywaar van vervolging in eie opinie.

Antwoorde aan Zondu word gegee soos; Dit wat ek weet van korrupsie het ek klaar vergeet.  Almal lieg behalwe ek. Dis alles 'n sameswering.  Die regter is bevooroordeeld.  Hierdie hof is onbevoeg om 'n uitspraak te lewer oor my doen en late.  Die Guptas het ons 'n guns gedoen.  Dit was nie omkoop nie.  Om alles te kroon, word daar deur regsgeleerdes aangedring op amnestie omdat die korrupsie so universeel geword het.  Selfs Ramaphosa moes erken, dat as dit by korrupsie kom, staan hulle voor in die ry.  Al glo mens verkeerdelik dat die meeste ANC lede nie aktief lieg, bedrieg en steel nie, weet ons dat hulle stilswyend saamgewerk het om die stelery aan te help.  Dit het ontaard in 'n lewenswyse by die ANC terwyl hulle hulself voorhou as engele.  “We have a good story to tell” is die ANC weergawe.

Die verlore 17 jaar leer ons dat die handeling van die ANC benede ons vasgestelde waardesisteem en standaarde is.  Die blote teenwoordigheid van hierdie politici in die parlement, provinsiale wetgewers en raadslede op plaaslike vlak wat deur skade en skandes agtervolg word is 'n gruwel.


Tog het die onlangse  tussenverkiesings gewys dat die ANC se korrupsie geen uitwerking het op verkiesingskeuses nie.  Hieruit volg dat die "nuwe Suid Afrika" se stemvee nie ryp is vir 'n demokratiese stelsel nie.

Volgens die grondwet is die Afrikaner in sy eie land verdoem tot volslae politieke irrelevansie.  Al die opposisie partye in die parlement kla steen en been oor die politieke gemors in die land, terwyl geeneen die insig het om te sê dat selfregering is die regverdigste sisteem denkbaar. 'n Wyse oom het eenmaal aan my gesê, wees versigtig wie jy op jou skip toelaat, want hulle sal die skip laat sink omdat hulle nooit as te nimmer kaptein kan wees nie.

Klaas Waarsegger

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie