1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
6708084

Besoekers aanlyn

Ons het 26 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

OM 'N TOEKOMS TE BOU OP GROND VAN RAS (Afrikaner Volksparty)

Verskillende rasseIn antwoord op die artikel van Solidariteit van Maandag 8 Augustus 2016 met die gelyknamige opskrif. 'n Mens staan verstom op die ongelooflike vermetelheid van die liberaliste van ons tyd! Die onbeskaamde gees van ontkenning van die waarheid en die werklikheid vir die gevare en simptome wat in hierdie artikel beskryf en bespreek word asof dit bloot die regime se fout is, verbyster 'n mens!

Ieder en elk van die probleme waarna in hierdie artikel van Maroela Media verwys word, is al sedert 1912 en deurlopend daarna deur elke nasionalistiese Afrikanerleier behandel en die gevolge daarvan uitgespel en daarvoor gewaarsku. Ook die kleurlinge en Indiërs is spesifiek deur dr. Verwoerd gewaarsku dat as die beginsel van afsonderlike Ontwikkeling versaak word, hulle nie onaangeraak sal bly nie!

Dat daar enkelinge is by wie die waarskuwings en besprekings verbygegaan het, is begryplik. Dat Solidariteit egter maak asof die ellende onvoorsiend was en dan sluit ons die regspleging wat hierdie absurde uitsprake maak daarby in, reflekteer nie net op hulle integriteit nie, maar is ook bewys van hulle politieke oneerlikheid.

Watter onsinnige argumente van "regstellende" aksie wat te ver gegaan het as die tallose waarskuwings van spesifiek daardie soort gevolge wemel in uitsprake van behoudende Afrikanerleiers! Bid jou aan! "Wat ons aan u voorlê, is die gevaar dat Suid-Afrika onder die dekmantel van regstellende aksie ’n meerderheidsdemokrasie word."Is julle kranksinnig? Julle was spesifiek daaroor gewaarsku! Wie wil julle nou bedrieg? "Ons het as witmense nie die morele kapitaal om ons saak te verdedig nie"? Namens wie praat Solidariteit? Wie het hulle gekies om witmense se saak in Suid Afrika op allerhande forums te bespreek en dit nog langs die lyne van hulle wanstaltige politieke verwardheid?

Die vraag wat Afrikaners moet vra is, waar was julle van Solidariteit en Afriforum toe julle die magsposisie wat ons beklee het om die identiteit en veral die rassebasis van alle volke gemaklik kon beskerm, maar deur julle beveg is en nou nog beveg word? Julle is steeds polities terminaal siek en hardloop van een na die ander simptoom van verval as gevolg van julle beginselafwykings, terwyl julle die oorsaak beskerm, besing en bewaar asof julle lewe daarvan afhang!

Om 'n toekoms te bou op grond van ras is 'n bewese noodsaaklikheid in belang van: 1 Timotheus 1-7: In die eerste plek vermaan ek dan dat smekinge, gebede, voorbedes, danksegginge gedoen moet word vir alle mense;  vir konings en almal wat hooggeplaas is, sodat ons 'n rustige en stil lewe kan lei in alle godsvrug en waardigheid.  Want dit is goed en aangenaam voor God, ons Verlosser,  wat wil hê dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom.

Dit word nie voorgeskryf dat rasse moet verdwyn in julle nie-rassige moeras van afvalligheid nie! Leer tog uit julle eie navorsing en sigbare tendense dat ras as onderskeidingsfaktor 'n natuurlike ontwikkeling is wat in lyn is met die skeppingsorde van God! Dink julle werklik dat julle slimmer as die Skepper van hemel en aarde is?

Om ’n toekoms te bou op grond van ras Solidariteit

Maandag | 08 Augustus | 2016

Wat ons aan u voorhou is ’n stelsel van regstellende aksie wat te ver gegaan het. ’n Stelsel wat so verstrik geraak het in ras dat regstelling verlore gegaan het. ’n Stelsel wat verskillende silo’s van rasse permanent institusionaliseer.

In ons verslag dui ons aan dat die stelsel verder gaan as wat CERD bedoel.

In die minderheidsuitspraak in die saak, Solidariteit v. Die Departement van Korrektiewe Dienste in die konstitusionele hof van Suid-Afrika, skryf regter Nugent: In contrast to the thoughtful, empathetic and textured plan one might expect if weight is given to what was expressed by this court, what we have before us is only cold and impersonal arithmetic. A person familiar with the arithmetic functions of an Excel spreadsheet might have produced in a morning.

Dit is oor hierdie wiskundige benadering tot ras en die staat se deurlopende verdediging daarvan waaroor ons ’n aanbeveling en advies van CERD vra.

Ons bring egter voor u nie bloot die gevaar wat die regering se beleid van verteenwoordigendheid vir individuele inhou nie, maar vir minderhede. Die staat se regstellendeaksieprogram werk nie met individuele benadeling nie, maar met groepe.

 Wat ons aan u voorlê, is die gevaar dat Suid-Afrika onder die dekmantel van regstellende aksie ’n meerderheidsdemokrasie word.

 In ons verslag wys ons hoe blootgestel die verskillende minderhede – wit, bruin en Indiër-Suid-Afrikaners is.  Op die oog af lyk hierdie voorlegging na ’n blote arbeidskwessie, maar onderliggend gaan dit oor die mag van die meerderheid.  Daar is ’n fyn lyn tussen “jy mag nie hier werk nie” en “jy mag nie hier bly nie.” Die bruin gemeenskap moes reeds aanhoor dat hulle moet trek as hulle toegang tot werk wil hê. Die volgende stap wat daarop volg, is dat jy nie hier mag wees nie.

 Dit is hoekom dit so noodsaaklik is dat meerderheidsmag nou gebalanseer moet word anders gaan minderhede in Suid-Afrika oor tien of twintig jaar met veel groter klagtes oor magsvergrype voor u staan. Die werklike toets vir ’n demokrasie bly of hy sy minderhede kan beskerm. Minderhede is oor die algemeen blootgestel, maar wit Suid-Afrikaners sit met nóg ’n dilemma en dit is dat hulle op grond van historiese redes ’n gediskrediteerde, sigbare en oor die algemeen ’n goed presterende minderheid is. Dit maak dat hulle selfs meer blootgestel is want hulle het nie die morele kapitaal om hul saak te verdedig nie. Ons staan dus hier voor u om rooi vlae oor die risiko’s van minderhede op te tel.

Ek stel graag aan u twee lede van ons afvaardiging voor wat ’n ongelooflike rol gespeel het om balans in die Suid-Afrikaanse regering se rasseideologie te bring, naamlik Freddie Engelbrecht, ’n bruin Suid-Afrikaner en Renate Barnard, ’n wit Suid-Afrikaanse vrou.

Freddie Engelbrecht

 Freddie Engelbrecht is ’n bruin Suid-Afrikaner en werk vir die staat, spesifiek vir die departement van korrektiewe dienste (DKS). Hy kan gesien word as die spreekwoordelike vaderfiguur vir die nege bruin werknemers wat ’n saak teen die staat in die hof aanhangig gemaak het oor die toepassing van regstellende aksie. Bruin Suid-Afrikaners is deel van die aangewese groep. Hulle is veronderstel om deur regstellende aksie bevoordeel te word.

’n Groot deel van die bruin Suid-Afrikaanse bevolking word gesien as die oorspronklike inwoners van Suid-Afrika en woon histories gesproke in die suidelike dele van die land in die Wes- en Noord-Kaap. Hulle maak ongeveer 51% van alle inwoners in die Wes-Kaap uit en ongeveer 9% van die totale Suid-Afrikaanse bevolking.

Die departement van korrektiewe dienste volg egter ’n streng wiskundige benadering tot regstellende aksie. Die Suid-Afrikaanse rassedemografie moet ook streng op elke posvlak in die Wes-Kaap weerspieël word. Ironies genoeg word van bruin Suid-Afrikaners verwag om volgens koloniale grense dwarsoor Suid-Afrika te versprei. Die voormalige direkteur-generaal van arbeid, Jimmy Manyi, het die volgende oor die oorkonsentrasie van bruin Suid-Afrikaners gesê:

So this over-concentration of coloureds in the Western Cape is not working for them. They should spread in the rest of the country … so they must stop this over-concentration situation because they are in over-supply where they are so you must look into the country and see where you can meet the supply.

In an interlocutory application concerning the position of Mr Christo February in the Correctional services case the State argued that he should have to move away from the Western Cape to some other part of the country if he wanted to pursue his career ambitions, since so-called coloureds were overrepresented in that province.

Volgens die staat het Freddie Engelbrecht en ander bruin Suid-Afrikaners dus nie toegang tot werk waar hulle bly nie, maar moet agter hul regte aantrek. In die minderheiduitspraak van die konstitusionele hof in die DKD-saak skryf regter Nugent: The purpose of the EE Act for present purpose is representivity in the workplace. This is achieved by equitable access to employment opportunities – and employment opportunities are accessible to people only where they live. The objective of the EE Act is not to induce racial migrations to accommodate the statistics.

Die nege bruin werknemers het aansoek gedoen vir poste, was die beste, is met die uitsondering van een aanbeveel vir poste (ek verwys later na die tiende applikant, ‘n wit werknemer Pieter David, se situasie). Hulle is nie aangestel nie omdat bruin werknemers aan die hand van die nasionale rassedemografie oorverteenwoordig is. Hulle sal altyd oorverteenwoordig wees want hulle maak 51% van die provinsie uit en net 9% van nasionaal.

Die plan van Korrektiewe Dienste is soos regter Nugent dit stel a series of arithmetic tables. Verskille tussen posvlakke en die land se rassedemografie word tot op die laaste komma aangeteken. Aantekeninge word dan gemaak oor hoeveel mense minder en meer gemaak moet word. ’n Voorbeeld van sodanige aantekeninge is: Levels 9-12:At levels 9 & 10 only 51 African Males, 198 African females and 2 Indian females can be appointed. At level 11 & 12 only 109 African females, 5 White females and 9 Coloured females can be appointed. So word mense se toekoms posvlak per posvlak met ’n sakrekenaar bepaal.

Regter Nugent skryf: It gives a flavour of how antithetical the Plan is to constitutional transformation that is respectful of the rights of everyone.

Solidariteit het hul saak van die arbeidshof tot in die konstitusionele hof verdedig en in die konstitusionele hof is uiteindelik bevind dat die DKD se optrede onwettig is en die werknemers is terugwerkend bevorder. Ten spyte van die hangende bevele teen die departement het die DKD voortgegaan met sy plan om net die nasionale demografie toe te pas. Dit het Solidariteit genoop om ’n aansoek vir minagting van die hof teen hulle te bring.Daar is egter steeds onsekerheid oor die lot van bruin Suid-Afrikaners ná die uitspraak en dit word later hanteer.

Ten spyte van die uitspraak deur die konstitusionele hof gaan die departement van korrektiewe dienste voort met hul oorspronklik plan en het Solidariteit verlede week ’n aanmaning aan hulle gestuur met die oog daarop om nog ’n moontlike interdik te bekom en aansoek vir minagting van die hof te bring.

Renate Barnard

 Ek stel graag die tweede lid van ons afvaardiging bekend, Renate Barnard. Renate het ’n nege jaar lange stryd teen die SAPD gevoer om bevorder te word. Sy het twee keer aansoek gedoen vir ’n pos; is twee keer as die beste kandidaat vir die pos bevind; is twee keer deur ’n multi-rassige paneel aanbeveel, maar is die pos geweier. Die derde keer wat dieselfde pos geadverteer is, het sy weer aansoek gedoen, maar dié keer is die advertensie onttrek. Die pos is nooit gevul nie. In die arbeidshof het sy haar saak gewen toe bevind is dat die waardigheid van wit werknemers ook in ag geneem moet word. In die arbeidsappèlhof het sy verloor en in die hoogste hof van appèl het sy gewen.

Die staat het egter so sterk oor sy wiskundige rassebenadering gevoel dat hy na die konstitusionele hof geappelleer het. In die konstitusionele hof het Barnard ingevolge dit wat nou in die reg bekend staan as die Barnard-beginsel verloor. Die Barnard-beginsel kom daarop neer dat indien ’n groep oorverteenwoordig is, dit nie onbillike diskriminasie sal wees om nie ’n individu uit dié groep te bevorder nie. ’n Pos mag selfs vakant gelaat word.

Net om te wys hoe absurd die Barnard-beginsel deur die staat toegepas word, haal ek die getuienis van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) in die Naidoo-saak aan: For Indian females the calculation is 19 x 2.5% = 0,5 positions to be filled by Indians, then 0,5 X 30% = 0,1 Indian females and that is rounded off to zero. Of the five available positions 0,125 could go to Indians x 30% gender allocation means 0,037 could be allocated to Indian females and that is rounded to zero.

Solidariteit het voortgegaan met ’n hofsaak teen die SAPD en versoek dat die totale regstellendeaksieplan van die SAPD ongeldig verklaar word omdat dit op rigiede rassekwotas gebaseer is. Solidariteit was suksesvol.

Ten spyte van Solidariteit se sukses het die SAPD voortgegaan met die implementering van ’n nuwe plan wat steeds die nasionale rassedemografie as kwota gebruik. Solidariteit moes weer hof toe gaan en het ’n interdik teen die SAPD bekom waarvolgens hulle nie met bevorderings ingevolge die nuwe plan mag voortgaan nie.

Intussen het Solidariteit ’n week gelede ’n skikking met die SAPD bereik waarvolgens die SAPD erken sy plan moet aangepas word. Volgens hierdie skikking moet gesprekke gevoer word met die oog op die bereiking van skikkings ten opsigte van ander individuele sake ook.

Ek kom terug na die Barnard-beginsel. Die meerderheidsuitspraak deur die konstitusionele hof in die saak tussen Solidariteit en die DKD stel die vraag of die sogenaamde Barnard-beginsel ook van toepassing is op Indiër-, bruin en swart Suid-Afrikaners. Die gevolgtrekking waartoe die hof gekom het, was dat dit wel die geval is. Indien een groep oorverteenwoordig is, al is die betrokke persoon uit die voorheen benadeelde groep, kan dit wel gebeur dat ’n persoon nie bevordering kry nie.

A designated employer is entitled, as a matter of law, to deny an African or Coloured person or Indian person appointment to a certain occupational level on the basis that African people, Coloured people or Indian people, as the case may be, are overrepresented or adequately represented in that level.

Ons meen dit is foutief, want dit plaas die fokus op rasseverteenwoordiging en nie op regstelling nie. Dit institusionaliseer rasseklassifikasie en rassesilo’s in Suid-Afrika. Indien hierdie siening gehandhaaf word, hou dit ernstige gevolge vir minderhede in Suid-Afrika in.

In die DKD-saak het die konstitusionele hof bevind dat die staat se plan onwettig is, maar het steeds bevind dat diskriminasie teen een wit applikant, Peter Davids, in weerwil van ’n onwettige plan, ingevolge die Barnard-beginsel wettig is. In die minderheidsuitspraak het regter Nugent egter daarmee verskil. Dit skep ongelooflike onsekerheid onder die wit minderheid.

Ná die uitspraak van die konstitusionele hof is daar steeds groot verwarring oor regstellende aksie in Suid-Afrika en kan CERD aan die land leiding gee oor waar die grense van so regstellende aksie plan lê.

Ras en sport

 Die regering se ideologie van rasseverteenwoordigend raak alle terreine van die samelewing. Die nuutste terrein wat getref is, is sport, met die minister van sport en rekreasie, Fikile Mbalula, wat radikale stappe aangekondig het omdat Suid-Afrikaanse spanne nog nie die Suid-Afrikaanse samelewing weerspieël nie.

Ek sluit af met enkele opmerkings oor sport wat ook in ons aanvullende verslag meer volledig vervat is. AfriForum is ’n burgerregte-organisasie wat saam met Solidariteit ’n hofsaak teen die minister van sport en rekreasie aanhangig gemaak het teen rassekwotas in sport.

Op 25 April 2016 het die minister van sport en rekreasie aangekondig dat die vier groot sportfederasies se reg om groot en mega- internasionale toernooie in die Republiek van Suid-Afrika aan te bied of om ’n bod in te sit om dit aan te bied, ingetrek is vanweë hul versuim om te voldoen aan spesifieke rasseteikens in hul onderskeie sportspanne.

Hierdie optrede is heeltemal strydig met ’n stelling van die African National Congress, wat terugdateer na 25 Mei 1971 en opgestel is vir die Verenigde Nasies se Eenheid oor Apartheid: The moral position is absolutely clear. Human beings should not be willing partners in the perpetuating of racial discrimination. Sportsmen have a special duty in this regard in that they should be first to insist that merit alone be the criterion for selecting teams for representative sport.

Een so ’n speler wat sy spesiale plig nakom om vir meriete op nasionale vlak te veg en Solidariteit en AfriForum se veldtog teen kwotas in sport steun, is Mark Fish, ’n voormalige speler in Suid-Afrika se nasionale sokkerspan. Fish het vir 14 jaar vir die Suid-Afrikaanse span gespeel en was deel van die span wat die Afrikanasiesbeker verower het.

Hy is aktief betrokke by liefdadigheidswerk, waarvan baie gemik is op die ontwikkeling van sokker in Afrika en die uitwissing van Afrika-armoede. Hy was een van ’n groepie ambassadeurs in Suid-Afrika se bod om FIFA se Wêreldbekertoernooi in 2010 aan te bied.

In ’n video-onderhoud waarin hy sy steun aan die AfriForum/Solidariteit-veldtog toesê, sê hy die minister verstaan nie sport nie en hy moet hom eerder van sulke uitsprake weerhou. Hy sê ook die regering doen nie genoeg vir die ontwikkeling van sport nie. Volgens hom het kwotas nie plek in sport nie en vernietig kwotas sport. Só word Nelson Mandela se droom dat mense deur sport verenig word, ook vernietig.

Dit is egter nie net Mark Fish wat so voel nie. In ’n opname deur die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseaangeleenthede dui 78% van alle Suid-Afrikaners aan dat meriete by die keuse van sportspanne moet geld. Altesaam 74% van alle swart Suid-Afrikaners deel ook die siening.

Ons voer aan dat die wegneem van regte en voorregte om rasse-uitkomste af te dwing, nooit die bedoeling van die Suid-Afrikaanse Grondwet of van hierdie konvensie was nie. Ons voer ook aan dat regeringsinmenging in sportkeuses en diskriminasie op grond van ras strydig is met byna alle internasionale sportkodes.

Die antwoord lê in sportontwikkeling van skoolvlak af. Kinders moet in staat gestel word om vryelik aan die sport van hul keuse deel te neem.

Gevolgtrekking en aanbevelings

Soos uit ons verslag afgelei kan word, is Suid-Afrika besig met ’n robuuste proses om inhoud aan sy demokrasie te gee. In die minderheidsuitspraak in die Barnard-saak word geskryf:

We must note with care how these remedial measures often utilise the same racial classifications that were wielded so invidiously in the past. But fighting fire with fire gives rise to an inherent tension …to exercise this vigilance, remedial measures must not unduly invade the human dignity of those affected by them.

Dit is ons saak dat die staat se rasse-ideologie van verteenwoordigendheid nie met versigtigheid omgaan met rasseklassifikasie nie. Ons glo dat dit nie ’n brug tussen die onderliggende rassespanningslyne bou nie, maar dit eerder voed. Ons glo dat dit nie tot nierassigheid lei nie, maar tot neorassisme. Ons glo die staat se rasse-ideologie bou ’n toekoms wat op ras berus.

Hierdie konvensie het ’n reuserol gespeel in die totstandkoming van Suid-Afrika se nuwe demokrasie en moet ook ’n reuserol speel om seker te maak dat die demokrasie se inhoud belyn bly met die inhoud van die konvensie soos bekragtig deur die Suid-Afrikaanse regering. Ons vra nie die komitee om in die huishoudelike sake van ’n lidland in te meng nie, maar om te help met duidelike rigtinggewing. Suid-Afrika is grondwetlik daartoe verbind om homself te belyn met die internasionale reg en konvensies en daarom is dit vir ons noodsaaklik om duidelikheid daaroor te kry. Hierdie komitee kan ’n groot rol in dié verband speel.

In ons hoofverslag asook in ons aanvullende verslag toon ons in meer besonderhede aan wat ons sien as gapings in die regering se verslag en hoe dit aangevul behoort te word. Ons sit ook uiteen watter vrae na ons mening aan die Suid-Afrikaanse regering gestel moet word. Ons wys ook op watter aanbevelings die komitee na ons mening moet maak.

Ons voorgestelde aanbevelings kan soos volg opgesom word:

Dat die regering aan die komitee moet aantoon waarom sy wiskundige benadering tot rasseverteenwoordiging nie op die skep van geïnstitusionaliseerde silo’s vir verskillende rasse neerkom nie;

Dat die regering moet verslag doen aan die komitee oor die verskillende hofsake rakende rassediskriminasie teen die staat; Dat die regering moet verslag doen oor die nienakoming van hofbevele rakende uitsprake oor rassediskriminasie;  en Dat die regering moet aantoon of sy beleid oor kwotas in sport met hierdie konvensie se beginsels en internasionale praktyk oor rassekwotas en inmenging in sport ( Beklemtoning AVP)

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie