1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
6693111

Besoekers aanlyn

Ons het 37 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

DIE KULMINASIE VAN DE KLERK EN SY OORGEEREGERING SE NUWE BELEID IN SIG!

ANC KONFRONTASIEWels Sempe, 'n maatskappydirekteur en leier van die Blyvoor Workers' Union, is op 2 Maart vermoor terwyl hy op pad werk toe was toe sy bakkie by 'n kruising gestop het. Hy is drie keer geskiet. Die Blyvoor-myn, wat pas weer goud begin produseer het, is nou gesluit, geblokkeer en onder beleg.

Die punt van die ysberg van 'n vlaag moorde sedert die 1994 handomkeer van NP beleid na SAP beleid! Waarskynlik baie nader as verder van 'n miljoen mense, waarvan die meeste swartes is wat vermoor is deur swartes in die afgelope 27 jaar van de Klerk en sy verraaierregering. Maak maar die sommetjie as in ag geneem word dat daar gemiddeld 54 mense per dag vermoor word!

Jaap Marais Waarheid en WerklikheideVir die Afrikanervolk is die slegste ons eie mense wat uitsluitlik as gevolg van de Klerk en genote se sinnelose en onbesonne verraderlike beleidsverandering vermink, gemartel, verkrag en gesterf het! Was hy net eenvoudig te dom om die gevolge van sy handeling vooruit te sien, of was hy verblind deur sy hebsug en ontugtige ontrouheid aan Maryke?

Nietemin is ons nou baie naby aan wyle oom Jaap Marais se vooruitwysing na die onvermydelike gevolge van de Klerk en sy swakkeling kabinet se nuwe beleid waartoe ons internasionale vyande hulle omgepraat,("omgekoop" )het. 'n Bekende stuur vir my hierdie kort uittreksel uit een van wyle mnr. Marais se toesprake. Dit is vandag net so relevant as die dag toe hy die toespraak gehou het!

De Klerk en genote, die wat nog asem het, onthou verseker die toespraak van Jaap Marais wat in sy heel eerste toespraak ná 27 April 1994 hierdie belangrike woorde gesê: "Die enigste werkbare resep vir enige regering om suksesvol te wees rus op twee belangrike pilare. Eerstens, respek vir wet en orde in die samelewing; en tweedens 'n gesonde, groeiende ekonomie. Hierdie terroristebende wat nou ons nuwe regering geword het is gebore nie in staat om enige van dié twee voorwaardes te laat realiseer nie. Daarom sal hulle misluk en uiteindelik sal die nuwe bestel in duie stort. Wanneer dit gebeur, sal dit gepaard gaan met geweld, anargie en sosiale chaos..."

Toe mnr. Marais later gevra is hoe lank dit sal duur vir die ineenstorting om te realiseer, het hy soos volg met die metafoor van 'n stoomtrein op vol spoed geantwoord: "Ons moet onthou dat Suid-Afrika 'n baie groot en sterk ekonomie het". (Dit was Mei 1994 en die rand was steeds op sowat R3.50 teen die VSA dollar. SA se ekonomie was die grootste in Afrika.) Marais vervolg: "Die plundering van ons ekonomie sal werk soos 'n stoomtrein wat op vol spoed is. Hoe minder kole hy kry, hoe stadiger sal hy ry, maar ons moet onthou dat 'n groot stoomtrein baie momentum het. Dit vat tyd om hom tot stilstand te kry..."

Die heel belangrikste aspek waaroor mnr. Marais in sy laaste dae oor en oor gewaarsku het was sy visie oor wat sal gebeur die dag as die nuwe bedeling in duie stort. Hy het gesê: "So seker as wat die son môreoggend sal opkom, is die feit dat die ineenstorting van hierdie nuwe onwerkbare stelsel uiteindelik sal kom. En net so seker is die feit dat wanneer dit gebeur, dit gepaard sal gaan met geweld en anargie. Dit is dán dat ons as Boere gereed moet wees om onsself en ons land te verdedig en terug te vat, want dit is in tye soos dié dat nuwe grense getrek word en die sogenaamde 'onomkeerbare' weer omgekeer sal word..." In die lig van die anargie en chaos wat ons tans in die land ervaar en in die lig van die wankelende Suid-Afrikaanse ekonomie móét ons nou die vraag vra - hoe ver is ons van daardie dag dat die stoomtrein tot stilstand kom? En nog belangriker - is ons volk gereed om homself te verdedig en nuwe grense te trek?

Die grense waarna mnr. Marais verwys het is bepaald nie die "volkstaatgrense" van die volkstaatbeneweldes wat bereid is om ons land weg te gee vir 'n Orania of Kleinfontein nie, maar grense wat ons volk self sal bepaal! Nie grense wat binnelands of vanuit die buiteland vir ons voorgeskryf word nie, maar grense wat ons Afrikanervolk self sal bepaal wat ons bereid is om aan te pas op sterkte van goeie beplanning met inagneming van beskerming en beheer en ervaring van geskiedkundige kennis in belang eerste van ons eie volk en daarnaas die volke rondom.

Daar word telkens gevra na rigting en beleid vorentoe. Dit verstom 'n mens dat die suksesvolle rigting, beginsels en beleid vir ons op sterkte van ervaring deur ons voorgeslagte vir ons aangedui, eenvoudig ignoreer word deur die "slim" akademici, kerkleiers, kultuurleiers en politieke randeiers so asof dit net hulle "nuwe insigte" is wat sukses beloof!

Kom Afrikaners, keer terug na beproefde en bewese suksesvolle politieke en staatkundige riglyne en maak gereed om eendragtig saam te trek in belang van die totale bevolking van Suid Afrika waar elke volk die reg het om binne sy eie erkende grondgebied, volgens sy eie aard en sy eie behoeftes, deur sy eie mense oor homself kan regeer! Vermenging van kulture selfs binne dieselfde ras, bring konflik, geweld, anargie en verval soos wat nou in Suid Afrika demonstreer word! Dit alles terwille van enkele mense, organisasies en imperiale moondhede ten koste van Suid Afrika!

Verset teen onreg is die regte rigting. Kom stry saam met die AVP in ons stryd om weer vry te wees langs die enigste vreedsame weg wat vir ons oorgebly het. As dit dan in konfrontasie ontwikkel, laat ons dan in geloof daartoe bereid wees soos by Bloedrivier!

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie