1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
6708104

Besoekers aanlyn

Ons het 27 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

POLITIEKE EN TEOLOGIESE KETTERY

Klaas WaarseggerDie strategie om 'n gemeenskap te kaap het alles te make met die verowering van sy denke. Edward Hunter se analise is as volg: "To befog the brain so a person can be seduced into acceptance of what otherwise would be abhorrent to him, he loses touch with reality, facts and fiction,  whirl around and change places. They will pretend the 'evils' is only another name for something respectable."

So word die term verbastering vervang met nasiebou of reënboognasie, word grondonteiening, grondhervorming genoem, selfhaat is kwansuis naasteliefde, seksuele afwykings word as waardig en vatsoenlik gepropageer.   Die wil van die manupileerder word heiliger ge-ag as God se Woord.   Die NG Kerk en andere beweer LGBTQ is bykomend tot die manlike en vroulike geslag.

Kopsiektes word as geslagswaarhede en menseregte voorgehou daarom is dit respektabel. Verbloeming van die waarheid en werklikheid is hul werkswyse.   Grense tussen rasse, verskeidenheid van kulture, godsdienste en alles wat normaal is, is boos en verkeerd. Die Gedagte word gekweek dat die mensdom 'n eenheid is, instede van 'n verskeidenheid. Geestelike Hoererye en gemengde huwelike is die nuwe Mantra.

Om lojaal te wees aan jou volk en te bely dat alle gelowe nie ewe waar kan wees nie, is 'n doodsonde. Jy moet selfs respek hê vir die tokkelossie. Die tafel word gedek met nuwe morele waardes wat jy moet glo. Belydenisse soos Belhar word geskryf en verskoning word gevra omdat jy Afrikaner wil wees. Hulle verwoes jou erfenis en verwag jou onvoorwaardelike samewerking.   'n Goeie samevatting wat ek raak gelees het stel dit so:

First they Overlook Evil.

Then they permit Evil.

Then they legalize Evil.

Then they promote Evil.

Then they persecute those who call it Evil.

Die Nuwe Suid Afrika is besig om te wankel onder alle vorme van politieke en teologiese euwels en tog word voorgegee dat die nuwe morele waardes die redding van ons land sal wees. Die DA en VF Positief het volledig ingekoop in die narratief van vreemde oorheersing.   Die VF Positief is beloon met 'n ministerspos in die Zuma Regering vir 'n wyle.  

Ek het vertroue verloor in mense wat die een ding sê en 'n ander doen. Miskien is die naam VF Positief korrek gekies want soos HIV Positief is hulle terminaal! Hulle is slegs 'n front.   As jy 'n skaap wil wees moet jy aanvaar dat die Jakkalse jou sal vreet.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie