Wat sedert 6 September 1966 in Suid Afrika plaasgevind het en tot vandag nog besig is om "volwassenheid" te probeer bereik, asook gebeurde regoor die wêreld, die "Pandemie" ingesluit, is sonder enige vrees vir teëspraak die gevolge van sameswerings!
Dat die oorsprong van sameswerings in die hemel deur Lucifer begin is en vandag nog volgehou en bestuur word, word nie aldag besef nie. Veral nie deur gewone mense in hulle alledaagse omgang en stryd vir voortbestaan en oorlewing nie, juis omdat die onheilige beplanning in die geheim gesmee word! Daar is werklik nie baie mense wat die betekenis van wyle mnr. Jaap Marais se slagspreuk dat stryd nie gister begin het en nie môre gaan ophou, begryp nie, dit is ewigdurend het hy gesê. Sy boekie "Stryd is lewe", bevestig sy diepere insig in ons volk se probleme wat eintlik nog nooit teen vlees en bloed was nie maar teen die magte, die owerhede die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, en die bose geeste in die lug!
Dit was Jaap Marais wat vir my die boek van William Guy Carr, "Pawns in the Game" op 18 Mei 1991 gegee het met 'n inspirerende inskripsie in sy eie hand. 'n Boekie wat elke gelowige kind van God behoort te bekom en lees om iets te kan verstaan van waarom 'n gelowige Volksleier nie maklik sy vertroue in sy volk sal verloor nie! Die aanslag op ons volk en op die mens soos wat Jaap Marais dit verstaan het, was diabolies, beplan en bestuur deur die vader van die leuen wat mense, organisasies en regerings gebruik het om sy stryd teen God te probeer wen.
Om daarin te slaag moes die duiwel stryd orkestreer om sy stryd teen God te regverdig en die mens op aarde dus in verdeeldheid teenoor mekaar op te stel in ewige konflik. Sy sterkpunt was die beleid van geweld teenoor God se beleid van liefde. Deur ryk en invloedryke mense te oortuig dat hulle 'n reg het om oor minder begaafdes te heers soos bv. die Rothchilds, Rockefellers, Gates, Soros, ens., het die satan daarin geslaag om wat vandag as die "World Revolutionary Movement" (WRM) tot stand te bring waaruit al die konflik, oorloë, onluste en alles wat onheilig is in die geheim beplan en deur sy satansmagte uitgevoer word.
Die vraag wat in 'n mens se gemoed opkom van hoe dit moontlik is dat selfs gelowige mense by van hierdie onheilige sameswerings betrokke raak, word begryp as 'n mens besef dat dit gaan oor die keuses wat jy maak. God het aan elke mens op aarde 'n vrye wil gegee. Jy beskik dus oor die vermoë om te besluit of jy aan God en Sy gebod gehoorsaam wil wees of aan satan.
'n Mens skrik as jy gekonfronteer word met die feit dat dit vir die satan moontlik is om boodskappe, gedagtes en selfs opdragte na jou brein te stuur soos wat 'n radio deur uitsendings jou bereik as jy 'n opvangsaparaat besit wat op daardie besondere frekwensie ingeskakel is. Op geestelike vlak is dit vir die satan moontlik omdat jou brein ontvanklik is vir geestelike kommunikasie.
Indien jy glo dat daar 'n God is, is dit noodwendig dat jy sal glo dat daar ander geestelike wesens ook is. As jy glo dat God jou geestelik kan beïnvloed, is dit 'n gegewe dat ander geestelike wesens jou ook sal kan beïnvloed as jy daarvoor ontvanklik is. Dink maar hoeveel keer 'n mens hoor dat iemand sê, jong ek het hierdie gevoel gekry om dit of dat te doen, of ek het 'n inspirasie gehad om op die ingewing van die oomblik dit of dat te sê, of ek het net eenvoudig gevoel dat ek daaraan moet deelneem, ens.
Dit bring ons dan by die ewigdurende stryd tussen lig en duisternis! In hierdie tweestryd moet jy noodwendig besluit aan wie se kant jy in hierdie stryd betrokke wil wees! Met jou vrye wil kan en moet jy besluit! Jy kan nie hier in die middel bly staan en neutraal bly nie. Ontkenning en onbetrokkenheid bied geen oplossing nie. Met kennisname van die Nuwe Wêreld Orde wat al in die 1700's beplan en bekend geraak het met duidelike bewys dat dit 'n skepping van die Illuminatie was met die oogmerk om een wêreldregering te vestig, is dit verstommend dat daar selfs van ons Afrikanervolksgenote is wat betrokke is in die vestiging van integrasie en veelrassigheid wat 'n duidelik beplande onderdeel van hierdie duiwelsplan is!
Is dit bloot dommigheid, is die betrokkenes deel van die plan, of is hulle onbewustelik net "Pawns in the Game"? Het u al daaraan gedink dat ons 'n definitiewe keuse moet maak juis omdat ons deur God toegerus is om 'n keuse te kan maak? Wie se wet moet ek gehoorsaam? Die grondwet van die swart regime wat die oppergesag in Suid Afrika is, of God se wet wat direk teenstrydig is met die grondwet? Dit het tyd geword dat ons volk in verset moet kom teen wat verkeerd en teenstrydig met God se wet is! By gebrek daaraan het ons deel van die wêreld geword en sal ons toekoms swart en donker wees! Is ons inderdaad aandadig nie net aan ons eie ellende nie maar ook aan die sukses van die sinagoge van satan in die vernietiging van God se werk!
Ons huidige status as gyselaars in ons eie land het deur 'n sameswering totstand gekom. Ons plig en verantwoordelikheid is om daarteen in verset te wees terwille van ons roeping en ons nageslag, en hulle Godgegewe erfenis wat in ons hande oorgelewer was deur ons voorgeslag! QUO VADIS, AFRIKANER?