1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
7033819

Besoekers aanlyn

Ons het 18 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

SAMESWERINGS. WAT IS 'N SAMESWERING,NET 'N PANDEMIE?

SAMESWEERDERSOns leef in 'n era van sameswerings en die uitvoering daarvan! Dit impliseer onmiddellik dat 'n sameswering die oogmerk het om toe te pas waaroor daar saamgesweer is met wie ookal! Daar word dus saamgesweer(beplan) om iets te bereik waarvoor daar nie op die gebruiklike wyse toestemming voor gekry sou kon word nie.

'n SAMESWEERDER is iemand wat in die geheim met iemand iets beplan om 'n bepaalde doel te bereik wat indien dit openlik bekend was, nie algemeen aanvaar sou word nie. Daar word dus op subtiele wyse iets onheiligs in die geheim beplan om só onopmerklik toegepas te word dat die gewone publiek dit nie sal agterkom voordat dit te laat is om dit te keer nie.

Só is daar in die geheim saamgesweer om dr. Verwoerd te vermoor. Dit was die begin van nog 'n sameswering om die beginsel en politieke beleidsrigting in Suid Afrika só onopmerklik te verander dat die kiesers dit nie sou agterkom nie!

In 'n voortsetting van die sameswering waarby bekende name in Suid Afrika betrokke was, is daar reeds vroeg begin na die moord op dr. Verwoerd. In 1983 is die 1961 grondwet wat sy ontstaan net na Republiekwording op 31 Mei 1961 gehad het, verander. Die grondslag van die 1961 grondwet, nl God-Drie-Enig is bv. vervang met 'n universele god in1983, om gereed te wees vir die beleidsverandering wat beplan is.

“Artikel 2 van die Grondwet van die RSA 110 van 1983 bepaal in dié sin: “Die bevolking van die RSA erken die oppergesag en leiding van die Almagtige God.” Daar sou ‘n saak uitgemaak kan word dat die wetgewer met “Almagtige God” in die oorspronklike godsbelydenis in artikel 2 van die Grondwet van die RSA 32 van 1961, die God van die Christendom in gedagte gehad het.

Met die godsbelydenis in die 1983 Grondwet is die egter klaarblyklik nie die geval nie. Dit is naamlik opvallend dat daar in die 1961 Grondwet verwys word na wat “die Volk van die RSA” sou erken, terwyl die 1983 Grondwet in dieselfde verband na die “bevolking van die RSA” verwys. Wat ook al met “Volk” in die 1961 Grondwet bedoel is, staan dit vas dat “bevolking” in die 1983 Grondwet die verskeidenheid van volkere in Suid Afrika insluit; en aangesien daardie volkere verskillende verteenwoordigende godsdienste (insluitende nie-Christelike godsdienste soos dié van Islam, die Hinduïsme en die Joodse geloof) aanhang, kan “Almagtige God” in die 1983 Grondwet nie met God Drie-Enig van die Christendom vereenselwig word nie.

Subtiel sonder dat meeste Afrikaners dit opgemerk het, is ons opgestel vir verandering na veelrassigheid! Met die opmerksaamheid, moed en durf van die vier leiers van die Herstigte Nasionale Party wat in 1969 ontstaan het as gevolg van die begin van afwyking van die beginsel van Afsonderlike Ontwikkeling in die sportbeleid, moes die sameswering noodgedwonge aangepas word. Omdat die HNP in die 1981 verkiesing so opgang gemaak het dat die NP ten minste 18 setels in die volgende verkiesing sou verloor het, moes daar verder saamgesweer word. Afrikaners het begin wakker word en was gereed om die NP(Nasionale Party) te verlaat. Derhalwe is die Konserwatiewe Party (KP) gestig as opvangsgebied vir die ongelukkige Afrikaners en om te verhoed dat hulle by die HNP aansluit.

Binne die KP is die volkstaatgedagte gebore wat die voorloper was om Afrikaners te lei na afsien van Suid Afrika as hulle land. Die sameswering is verder gevoer dmv. Idasa, die Conservative Dialogue Program waarin die leiers van die KP saam met genl. Constand Viljoen met 'n geknoei agter die skerms, Afrikaners verder op sleeptou geneem het om bv. aan die verkiesings van de Klerk se veelrassige bestel deel te neem. Daardeur is 'n wetmatigheid verleen dat die swartras 'n aanspraak op Afrikanerland het.

Met behulp van kerk en kultuurleiers wat in die Broederbond vergiftig is met liberale denke het ons beheer oor Suid Afriika verloor en onderworpe geraak aan die nuwe godlose grondwet van 1996. Alles tot stand gebring deur een sameswering na die ander en is skole en Universiteite gebruik om ons jeug van hulle volkswaardes te vervreem. Een na die ander volksankers is getrek en het ons volk begin rondryf op die oseaan van Internasionale en plaaslike Humanistiese en liberale golwe, agter elke strooihalm van verandering aan. Enige iets behalwe terug na ons beginsels en suksesvolle beleidsrigting!

Met die nuwe godlose grondwet wat nou die oppergesag in Suid Afrika is, het die huwelikswet nou ook onvermydelik die sekulêre pad gevat! Weg van God-Drie-Enig en sy gebod agter die mensereg van die vervalle wêreld aan! Homo's mag nou wettiglik trou en sal huweliksbevestigers in alle waarskynlikheid hulle aanstellings verloor indien hulle sou weier om sulke huwelike te bevestig.

Die oppergesag van die grondwet en die heerskappy van die reg.(my beklemtoning)

Oppergesag van Grondwet

2. Hierdie Grondwet is die hoogste reg van die Republiek; enige regsvoorskrif of optrede

daarmee onbestaanbaar, is ongeldig, en die verpligtinge daardeur opgelê, moet nagekom word. .(my beklemtoning)

Eed of plegtige verklaring

48. Voordat lede van die Nasionale Vergadering begin om hul funksies in die Vergadering te

verrig, moet hulle ooreenkomstig Bylae 2 ’n eed of plegtige verklaring van getrouheid aan die Republiek en gehoorsaamheid aan die Grondwet aflê.

60. (1) Die Nasionale Raad van Provinsies word saamgestel uit ’n enkele afvaardiging uit

elke provinsie bestaande uit tien afgevaardigdes.

(6) Voordat vaste afgevaardigdes begin om hul funksies in die Nasionale Raad van Provinsieste verrig, moet hulle ooreenkomstig Bylae 2 ’n eed of plegtige verklaring van getrouheid aan dieRepubliek en gehoorsaamheid aan die Grondwet aflê.

Eed of plegtige verklaring

107. Voordat lede van ’n provinsiale wetgewer begin om hul funksies in die wetgewer te verrig, moet hulle ooreenkomstig Bylae 2 ’n eed of plegtige verklaring van getrouheid aan die Republiek en gehoorsaamheid aan die Grondwet aflê.

(3) Voordat die Waarnemende Premier die verantwoordelikhede, bevoegdhede en funksiesvan die Premier aanvaar, moet die Waarnemende Premier ooreenkomstig Bylae 2 ’n eed ofplegtige verklaring van getrouheid aan die Republiek en gehoorsaamheid aan die Grondwet aflê.

’n Grondwet wat homoseksualisme en aborsie goedkeur soos die huidige “moderne” grondwet waaraan partye trou moet sweer, demonstreer daarmee die minagting vir God en Sy gebod. Deelname in hierdie Godlose en Godslasterlike bestel, word ’n aandeel in jou eie ondergang! Wees wys, wees gelowig en wees getrou deur nie deel te neem aan hierdie bestel nie!

Dit is die sterkste vorm van afkeer wat die Afrikanervolk kan demonstreer teen die onreg waaraan ons deur verraad onderwerp is, en maak só ’n bydrae om ons ons selfrespek te laat herstel! Indien nie, word u 'n slagoffer van die sameswerings wat daarop toegespits is om ons te vernietig! Soos die Internasionale sameswering met die vals Pandemie waarmee die swart regime nou lustig werk om ons te manipuleer! Kom versterk die Afrikanerlaer vanwaar ons verset kan demonstreer terwille van ons vryheidstryd en oorlewing. Die samesweerders kan net sukses bereik indien ons aan hulle stelsels deelneem sonder verset!

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie