1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
6708069

Besoekers aanlyn

Ons het 26 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

DIE VERLORE VOLK SE VERJAARDAGMAATJIE Andre V Staden

De Klerk vra verskoningHannes Engelbrecht FW de Klerk verjaar vandag......

Wat het 27 jaar in die woestyn aan ons mense se psige gedoen? Afrikaners het alle bemagtiging verloor. Hulle is nie meer grenshelde, op-en-wakker Staatsamptenare of in sleutelposisies in groot firmas nie. Om 'n Afrikaner van 2021 te wees beteken alle deure het vir jou toegemaak. Afrikaanse mansonderwysers is skaarser as hoendertande, daar is haas geen landdros meer oor nie, geen mans-offisier in die generalestaf meer nie. Geen vuurvreter politikus nie.

Ons het nie net alle bemagtiging verloor nie; ons het skurkstatus bereik. Alles wat wit, man, Afrikaans is, het grond gesteel, is verantwoordelik vir Apartheid, het die kat swanger gemaak, gaan soek sy rugbytoekoms oorsee. Dit is die realiteit wat liberale denke ons gebring het.

RugbykoorsApatie en 'n doodswens is ons nuwe gonswoorde. Apatie beteken geen belangstelling in enigiets meer blywends as rugby of braaivleis, geen entoesiasme vir selfverwesenliking nie, en geen empatie met ander volksgenote nie. 'n Gebrek aan visie, missie, kreatiwiteit of strewe - ons is tot groot mate tevrede met 'n alledaagse bestaan op die tweede vlak van Maslow se hiërargie, solank dit 'n viertrek-voertuig en Klipdrift (sonder Coke) insluit.

'n Doodswens is meer kompleks. Ons het wel bewondering vir mense soos Socrates, Hannibal en ons eie Chrisjan Beyers, Danie Theron en Jopie Fourie wat gestrewe en gesterf het vir dit waarin hulle glo. Ons het selfs bewondering vir mense wat hulle eie ondergang bewerk het vir 'n strewe, soos Van Gogh, Novalis, Eugene Marais en Piet Retief. Ons bou legendes rondom mense wat deur verslawing of depressie gestrewe en gesterf het soos Marilyn Monroe, Johannes Kerkorrel en Ingrid Jonker. Die doodswens is die klimaks van hul lewens.

Wil jy sterf terwyl jy jou strewe najaag, of wil jy in die ouderdom met 'n koppie tee sit en wag vir die dood sodat tien mense kan treur en duisend kan wonder wat jy nou eintlik gedoen en bereik het? "Ons sal die gewildste lyk in Afrika wees," het Vorster voorspel. Die Duitse filosoof Arthur Schopenhauer koppel dit alles aan die wil om te lewe - die teenoorgestelde van 'n doodswens. Ons moet onsself afvra: is ons in 2021 besig met beuselagtighede (doodswens) weens ons ontmagtiging, of het ons 'n strewe om ons vryheid te herwin, ons selfrespek te herwin en ons plek in te neem langs (en nie agter) ander westerlinge nie?

Multikulturisme het ons in 27 jaar duur te staan gekom en laat ons onsself in onderwys, sosiale uitkyk en toekomsverwagtinge meet aan die Afrika-kultuur. Ons is nie Derde Wêrelds nie. Ons kom uit 'n Westerse Beskawing met 'n unieke lewensuitkyk en geskiedenis. Ons vergelyk ons met die Fransman, die Brit, die Duitser en die Ier. En nou? Wat nou? Selfbeskikking is in 'n selfgemaakte doodloopstraat van 'n alewige gepraat. Gewapende opstand is 'n fantasie van Skietpiete wat dink vandag se jeug is die Bosoorlog se jeug. FW de Klerk verjaar vandag. Ons wens jou die rykste seën toe met 'n Snytjie Arseenkoeksnytjie van die 1994 arseenkoek wat jy uitgedeel het.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie