1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
6661399

Besoekers aanlyn

Ons het 19 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

IN DIE HANDE VAN HIERDIE MENSE, HET SUID AFRIKA NIE VYANDE NODIG NIE!

Die onderstaande artikel is uit ander media bronne geneem en vertaal om u insae te gee na die mate van veiligheid en beskerming wat u te wagte kan wees terwyl hierdie karakters in beheer is! Kan 'n mens verkwalik word as jy in die lig van hierdie inligting sinies is oor de Klerk se nalatenskap?

Die Nasionale Polisiekommissaris wil sy kant van die storie gee oor die 'Nasrec-gryper' (Grabber)

Police Secratary General Khehla Sitole

Nasionale polisiekommissaris-generaal Khehla John Sitole veg vir behoud van sy werk.

Sitole veg in 2021 vir sy werk nadat minister van polisie Bheki Cele 'n ondersoek gelas het na sy bevooegdheid om sy amp te beklee in die lig van 'n striemende hooggeregshofuitspraak dat Sitole en twee van sy adjunkte hul pligte oortree het. Dit was met betrekking tot die klassifikasie van dokumente wat verband hou met 'n beweerde onwettige verkryging deur die polisie se Misdaadintelligensie-afdeling van 'n observeringstoestel, 'n gryper, teen die opgeblaasde prys van R45 miljoen voor die ANC se verkiesingskonferensie by Nasrec in 2017.

Wat is 'n Grabber (Stingrayl)? Stingray is die generiese naam vir 'n elektroniese meeluister instrument wat 'n selfoon toring simuleer ten einde selfone en ander toestelle te dwing om aan dit te koppel in plaas van aan 'n wettige selfoon toring. Sodoende openbaar die telefoon of ander toestel inligting oor homself en sy gebruiker aan die operateur van die meeluister aparaat. Ander algemene name vir die instrument is "sel-site simulator" en "IMSI catcher.(International Mobile Subscriber Identity)

Volgens Sitole se hofstukke wat verband hou met die "Nasrec-gryperoplossing", is die transaksie deur die destydse Misdaadintelligensie-waarnemende hoof-generaal, generaal Bhoyi Ncgobo gedryf. Ncgobo is in November 2017 deur Zuma aangestel. Sitole se adjunkte, luitenant-generaal Francinah Vuma (afdelingskommissaris: finansiële bestuur en administrasie) en luitenant-generaal Lebeona Tsumane (adjunk- nasionale kommissaris: misdaadopsporing) was sentraal tot die transaksie, volgens die hofstukke. Die besluit om die gryper te verkry, het Sitole in hofstukke gesê, is op "Kabinetsvlak" geneem ná ingryping deur 'n "minister in die Veiligheidsgroepering". Dít nadat Misdaadintelligensie op die vooraand van die ANC se Nasrec konferensie, 'n massiewe onverklaarde bedreiging van die nasionale veiligheid vir Suid Afrika identifiseer het.

Wat ook al die bedreiging, die hooggeregshof het Sitole en sy adjunkte daaraan herinner dat dit nie afwyking van mandaatverkrygingsprotokolle regverdig om 'n korrupte en kriminele aankoop teen 'n opgeblaasde prys te fasiliteer nie. Die teenwoordigheid van Bo Mbindwane, "spesiale raadgewer" aan die destydse minister van polisie, Fikile Mbalula, op die Protea Hotel-vergadering is deur Sitole verduidelik as nodig omdat die besluit op so 'n hoë uitvoerende vlak geneem is

Intussen het dit aan die lig gekom dat 'n omvattende staatsveiligheidsagentskap ondersoek van moontlike bedreigings vir die ANC se verkiesingskonferensie, geen groot kwessies gevind het nie en beslis geen bedreiging vir die land se nasionale veiligheid nie, in teenstelling met beweerde eise deur Misdaadintelligensie.

Sitole se adjunk, Vuma, is self die onderwerp van 'n ondersoek deur die DPCI vir beweerde PPE-verkrygingsbedrog wat R200 miljoen beloop. Later, toe Sitole voorlopig Misdaadintelligensiehoof Peter Jacobs vir beweerde PPE-bedrog geskors het, was dit Vuma wat hy getaak het om die saak te ondersoek.

Jacobs is op 'n voorsorgmaatreël deur Sitole geplaas ná die CI-hoof se beweerde betrokkenheid by 'n onreëlmatige R500,000 PPE-verkryging van die geheime diensfonds. Jacobs het in sy uitdaging aan Sitole 'n tesourie-nota aangeheg wat voorsiening maak vir die noodverkryging vanaf die geheime diensfonds. Jacobs het volgehou dat hy deur Sitole en ander senior polisielede ge-isoleer word omdat hy massiewe korrupsie ontbloot het en ondersoeke na kollegas heringestel het.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie