1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
6657537

Besoekers aanlyn

Ons het 21 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

NASIONALISME TEL SY KOP OP!

Amerikaanse verkiesing 2020Die AVP neem met belangstelling kennis van die Presidentsverkiesing wat gister op die 6de Januarie 2021 ge-eindig het in die registrasie van Joe Biden wat Donald Trump moet vervang as president.

In sekerlik die felste veldtog om enersyds aan bewind te bly van die Republiekeine en andersyds om hulle te vervang deur die demokrate, het emosies hoog geloop en neerslag gevind in 'n stormloop wat tot die dood van ten minste 5 mense gelei het!

Dat daar deurgaans sprake van verkiesingsbedrog en knoeiery met die tel van stemme was, is 'n aanduiding van toenemende ongelukkigheid midde in die Amerikaanse kieserkorps wat nou die potensiaal van 'n burgeroorlog bereik het. Dit is onteenseglik duidelik dat die optrede van Pens en sommige Republiekeine, nie soseer gaan oor politieke verskil nie maar eerder oor wat reg en verkeerd is in die Amerikaanse samelewing.

Die grootste flater wat Trump begaan het was om nie teen die onreg met mag op te tree terwyl hy in 'n magsposisie was nie. Soos by ons in Suid Afrika, het die geleentheid by ons verbygegaan toe de Klerk deur verraad ons volk ontmagtig het deur sy een-mens-een-stemstelsel. Ons eie mense wat daartoe ingestem het, skuil vandag agter onsinnige aanvalle op die ANC regime instede van te erken dat hulle polities naïf was. Die noodsaak om kragte met ons saam te snoer soos wat daar by soveel geleenthede gepleit was, selfs by die eerste breuk van dr. Connie Mulder toe hy in teenstelling met samewerking, die Nasionale Konserwatiewe Party gestig het waarvan Apie Treurnicht in 1982 net die kop afgekap het, het verby gegaan!

In Venusueula dui die onderstaande uittreksel uit 'n artikel egter ook duidelik daarop dat verskeie volke nou begin opstaan teen oorheersing van mense, moondhede en partye wat nie bereid is om 'n volk toe te laat om oor homself op sy eie grondgebied oor homself te regeer nie!

Venuzueula verkiesing   Alison Bodine Global Research, January 05, 2021

Die mense van Venezuela het nóg 'n beslissende slag teen Amerikaanse oorheersing in Latyns-Amerika behaal. Op 6 Desember 2020 het meer as 6,2 miljoen Venezuelans vir 'n nuwe Nasionale Vergadering gestem in wat Venezuela se 25 verkiesing in die 21 jaar was,sedert die Bolivarian-revolusie begin het. Ten spyte daarvan dat hulle onder massiewe druk van die VSA-geleide "oorlog" teen Venezuela en die Covid-19-pandemie was, het die mense van Venezuela na die stembus gestroom en die Nasionale Vergadering teruggewen in diens van die Bolitariese revolusie.

Soos gerapporteer deur die Nasionale Verkiesingsraad, het die Verenigde Sosialistiese Party van Venezuela (PSUV), wat die politieke party van die revolusionêre regering van Venezuela is, 69% van die stemme gewen - en 253 uit 277 setels in die regering. Die opposisieparty Acción Democrática, wat 7% van die stemme en 11 setels gekry het, het in die tweede plek, ver agter gevolg. In totaal was daar 107 politieke partye wat in die verkiesing deur meer as 14 000 kandidate verteenwoordig is. 98 van hierdie politieke partye identifiseer hulself as lede van Venezuela se opposisie, wat beteken dat hulle nie die regering van president Nicolás Maduro ondersteun nie. Sektore van Venezuela se pro-VSA, gewelddadige opposisie, insluitende die sogenaamde "tussentydse president", van Venezuela Juan Guaidó, het die verkiesing geboikot.

In teenstelling met wat in hoofstroom kapitalistiese media aangemeld is, het die internasionale en nasionale verkiesingswaarnemers bevestig dat die 6 Desember 2020 Nasionale Vergadering verkiesing demokraties, vry en regverdig was. Meer as 1500 internasionale verkiesingswaarnemers het die 6 Desember-verkiesing gemonitor. Dit sluit in die Raad van Latyns-Amerikaanse Verkiesingskenners en verskeie voormalige staatshoofde, waaronder Evo Morales van Bolivia, Rafael Correa van Ecuador, en Jose Luis Rodriguez Zapatero van Spanje.

SURES, nie-regeringsmensregte-organisasie is deur die Nasionale Verkiesingsraad ('n tak van Venezuela se regering wat toesig hou oor verkiesings), as die Nasionale verkiesingswaarnemers aangestel. Soos SURES in hul finale verslag verklaar, "is dit nodig om tot die gevolgtrekking te kom dat die mense wat aan die verkiesingsproses deelgeneem het, hul mensereg uitgeoefen het om universeel, vrylik, ingelig, in die geheim, sonder enige besering en onder voorwaardes van gelykheid te stem." Die Internasionale Waarnemingskomitee het ook hul bevindings aangebied, wat ingesluit het, "'n verhoogde burgervertroue in politieke organisasies en kandidate," soos gerapporteer deur Venezuela Analiese

Oral poog die duister magte om deur uitoorlêery mense en volke uit hulle selfbeskikking te verkul! Die mees onlangse is die fiktiewe pandemie wat bevestig word deur die mees onlangse syfers van die Wêreldgesondheidsorganisasie! Vergewis uself van die metodes wat aangewend word om ons siek en selfs dood te maak en uiteindelik van ons besit te vervreem.

Dit is nou meer as ooit tevore die aangewese tyd om soos Daniel van Daniel 13 in die Lewende Woord van God, ons tot ons Skepper en hemelse Vader te wend om ons oë te open vir ons onsigbare oortredings sodat ons dit kan bely en laat staan om aan Hom gehoorsaam te wees ooreenstemming met Sy gebooie, sodat Sy toorn van ons afgewend kan word!

Nasionalisme sonder God, is egter veel slegter as 'n verlore Sondaarvolk wat hom bekeer tot God!

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie