1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
7280698

Besoekers aanlyn

Ons het 16 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

DIEN HOM IN GEHOORSAAMHEID

BybelHandelinge 17:15-34

Want terwyl ek rondgegaan en julle heiligdomme aanskou het, het ek ook n altaar gevind waarop geskrywe is: Aan n onbekende God. Hom dan wat julle vereer sonder om Hom te ken, verkondig ek aan julle. Die God wat die wêreld gemaak het en alles wat daarin is, Hy wat Here van hemel en aarde is, woon nie in tempels met hande gemaak nie. Ook word Hy nie deur mensehande gedien asof Hy aan iets behoefte het nie, omdat Hy self aan almal lewe en asem en alles gee. (:23-25).

Die situasie waarmee Paulus op sy reis deur Athéne te doen gekry het, is nie heeltemal vreemd in ons tyd nie. Daar is deesdae soveel godsdienstige bewegings dat dit moeilik is om van almal tred te hou. Die meeste van hierdie bewegings se leringe is ongelukkig nie geskoei op die fondament van God se Woord nie. Terwyl vele van hierdie nuwe bewegings ontstaan uit n herlewing in mense se harte wat in waarheid en met erns na God soek, is dit ook ongelukkig waar dat wanneer daardie beweging goeie stukrag ontwikkel, is dit asof die leiers daarvan se eie leringe, se eie eer en hul eie trots die Woord van God oorskadu. En dan word daaruit allerhande vreemde leerstellings en dogma gevorm. Die Godsdiens ontaard dan in godsdienstigheid. Ons moet baie, baie mooi verstaan dat God slegs volgens Sy eie voorskrif gedien en aanbid behoort te word. Dit maak nie saak hoe aanneemlik, indrukwekkend, emosioneel belaai of glorieryk ons eie pogings lyk nie as dit nie volgens God se voorskrif geskied nie sal dit Hom nie behaag nie.

Die voorbeelde van mense wat probeer het om dinge te doen wat God moes beïndruk, is volop. Die gemeenskaplike faktor in al hierdie situasies was dat God vir hierdie mense geleer het dat hulle Hom nie kan beïndruk deur een of ander buitengewone prestasie nie. Maar dat Hy beïndruk word deur Sy kinders se opregte gehoorsaamheid. Hy het behae daarin dat ons Sy Woord in nederige ootmoed gehoorsaam en nie dat ons moet probeer om Hom met allerhande prestasies te vermaak nie. Ons dink maar aan koning Saul wat beeste en kleinvee van Ámalek gebring het om aan God te offer terwyl God se opdrag was dat Ámalek met die banvloek getref moes word. Hierdie groot offer het God nie beïndruk nie, inteendeel, dit het Hom diep teleurgestel en só mishaag dat Hy Saul as koning verwerp het. En die woord van die HERE het tot Samuel gekom en gesê: Ek het berou gekry dat Ek Saul koning gemaak het, want hy het van My afvallig geword en my woorde nie uitgevoer nie. Toe het Samuel kwaad geword en die hele nag deur die HERE aangeroep. (1 Sam. 15:10&11). Daarop sê Samuel: Het die HERE behae in brandoffers en slagoffers soos in gehoorsaamheid aan die stem van die HERE? Kyk, om gehoorsaam te wees is beter as slagoffer, om te luister beter as die vet van ramme. (1 Sam. 15:22).

Ons dink ook aan Abraham se lewe voor God. Hy het nie probeer om met een of ander buitengewone prestasie vir God te beïndruk nie. Hy het net met n opregte hart probeer om God te gehoorsaam en dan het hy God innig lief gehad. En sy liefde vir God is bewys deur sy optrede en sy gehoorsaamheid aan God. Die bewys dat Abraham vir God beïndruk het deur sy gehoorsaamheid lê vir ons opgeteken in die woorde van Gén. 22:15-18: Toe roep die Engel van die HERE vir die tweede keer na Abraham van die hemel af en sê: Ek sweer by Myself, spreek die HERE, omdat jy dit gedoen het en jou seun, jou enigste, nie teruggehou het nie, dat Ek jou ryklik sal seën en jou nageslag grootliks sal vermeerder soos die sterre van die hemel en soos die sand wat aan die seestrand is; en jou nageslag sal die poort van sy vyande in besit neem. En in jou nageslag sal al die nasies van die aarde geseën word, omdat jy na my stem geluister het.

Ons lees in Handelinge 13 van die man wat koning Saul se troonopvolger sou word. Hierdie man wat God in Saul se plek gekies het, was nie n hooggeplaaste persoon of iemand wat probeer het om God te beïndruk nie. Maar hy was n man na aan God se hart, omdat hy n man was wat daarna gestreef het om God te gehoorsaam. En nadat Hy hom afgesit het, het Hy Dawid vir hulle verhef as koning, van wie Hy ook gesê en getuig het: Ek het Dawid, die seun van Ísai, gevind, n man na my hart, wat al my welbehae sal doen. (Hand. 13:22).

Die Woord van God stel dit vir ons in geen onduidelike taal dat God n groot behae in gehoorsaamheid het nie. Hy leer dit alreeds vir die mens deur sy geroepe dienskneg, Moses. En nou, Israel, wat eis die HERE jou God van jou as net om die HERE jou God te vrees, in al sy weë te wandel en Hom lief te hê en die HERE jou God te dien met jou hele hart en met jou hele siel, om te hou die gebooie van die HERE en sy insettinge wat ek jou vandag beveel, dat dit met jou goed kan gaan? En daarna herhaal Hy hierdie waarheid deur soveel profete wat Hy uitstuur om dieselfde waarheid te verkondig. Waarmee sal ek die HERE tegemoetgaan en my buig voor die hoë God? Sal ek Hom tegemoetgaan met brandoffers, met jaaroud kalwers? Sal die HERE n welbehae hê in duisende ramme en tienduisende strome van olie? Sal ek my eersgeborene gee vir my oortreding, die vrug van my liggaam vir die sonde van my siel? Hy het jou bekend gemaak, o mens, wat goed is; en wat vra die HERE van jou anders as om reg te doen en liefde te betrag en ootmoedig te wandel met jou God? (Miga 6:6-8). Want Ek het n behae in liefde en nie in offerande nie, en in kennis van God meer as in brandoffers. (Hoséa 6:6).

Ten spyte van hierdie baie duidelike onderrigting deur God volhard die mens daarin om langs sy eie weë en op sy eie manier te soek om God te dien. Mag ek en u ook vanoggend ons eie pogings in ons Godsdiens in oënskyn neem en die vraag eerlik beantwoord of ons God hierdeur gehoorsaam en of ons pogings eintlik maar is om n indrukwekkende godsdiens te beoefen. Ons is uiters verwaand as ons dink dat ons iets het om uit ons hand te bied waaraan God dalk n behoefte sou hê. En ons is uiters onkundig in ons Godsdiens indien ons die premie wat God op gehoorsaamheid plaas, gering skat.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie