Spr. 30:1-33: “Twee dinge vra ek van U; onthou dit nie aan my voordat ek sterf nie: Hou valsheid en leuentaal ver van my af; gee my nie armoede of rykdom nie, laat my geniet die brood wat vir my bestem is; dat ek nie, as ek oorversadig geword het, U verloën nie, en sê: Wie is die Here? En dat ek nie, as ek arm geword het, steel en my aan die Naam van my God vergryp nie.” (:7-9). Hoe mooi is hierdie versoek van Agur nie, geliefdes? Gee my nie te veel nie, maar ook nie te min nie en die kern van die versoek is dat oorvloed of gebrek nie tot oneer van God sal wees nie.
Kan ons as Afrikaners met 'n rein gewete sawens gaan slaap as ons dit waarvoor Jopie sy lewe geoffer het, nou in die grond laat vertrap? Ek verwys hier nie net na ons land nie maar ook en veral die waardes en beginsels wat Jopie in sy laaste brief aan ons opgedra het. Is ons apatiese houding teenoor verset, ons onbetrokkenheid, ons gebrek aan bydrae in die stryd om as 'n volk weer vry te wees, is dit verdedigbaar?
Lees hierdie brief van Jopie en gaan kyk uself in die oë en antwoord dan deur u optrede!
Efés. 5:1-21: “Pas dan op dat julle nougeset wandel, nie as onwyse nie, maar as wyse; en koop die tyd uit, omdat die dae boos is.” (:15&16).
Hierdie opdrag uit Efésiërs is beslis iets waaroor elkeen van ons behoort te besin – “Koop die tyd uit.” Hierdie selfde opdrag word ook in Kol. 4:5 herhaal. “Wandel in wysheid teenoor die wat buite is, en koop die tyd uit.” Hierdie is veral relevant en belangrik in ons tyd waar daar soveel dinge is wat so maklik van ons aandag en tyd besit neem. Daar is allerhande sport en vermaak wat so bekoorlik en aanloklik is, maar hoeveel daarvan is regtig to ons heil?
Hoewel die AVP by die aanvang van die politieke aanslag deur middel van ‘n gefabriseerde pandemie in 2020 in die bres vir die Afrikanervolk kom staan het, het baie van ons volksgenote seergekry en het baie gesterf vanweë gebrek aan voldoende inligting.
Selfs vandag nog hoor ‘n mens van mense wat hulle laat inent in weerwil met ‘n oorwig van bewys dat daar ‘n biologiese, ons noem dit ‘n oorlog sonder koeëls, teen die ganse blankedom, maar ook teen die swart volke van Afrika gevoer word!
In 1994 het die Afrikaner ‘n geleentheid gekry om as volk te kies tussen voortbestaan of selfmoord met die aanvaarding van swart oorheersing, verkans deur die slovo grondwet. Elke verkiesing is ‘n herbevestiging en wettigheid van Afrikaner vernietiging ongeag vir watter party jy stem. Die slovo grondwet bepaal dat die Afrikaner onteien is van blank Suid-Afrika en gestroop is van enige regeerfunksie. Die konsekwensie van jou deelname aan die regime se verkiesings is ‘n daad van selfvernietiging wat vatsoenlikheid moet gee aan ‘n politieke orgie.
Fil. 4:10-23: “Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.” (:13). Ons het gedurende die afgelope paar dekades menigmaal die waarskuwingskrete teen die humanisme vanuit behoudende, Christelike oorde gehoor. Die verkeerdheid en gevaar van hierdie skewe lewensbeskouïng is van verskillende kante uitgewys. En dit is aanhoudend en herhalend gedoen juis om die erns hiervan te probeer beklemtoon. Ons is immers as gelowiges die verantwoordelikheid van waarskuwing en vermaning opgelê. “Maar vermaan mekaar elke dag so lank as dit vandag genoem word, sodat niemand van julle deur die verleiding van die sonde verhard word nie.” (Heb. 3:13).
Die AVP plaas graag hierdie uitreksel uit die uiters goed gedokumenteerde artikel van Professor Chossudofsky wat u in Global Research kan opkyk vir volledigheid. Dit bevestig die standpunt wat die AVP reeds op ons webblad met die aanvang van die sg. Pandemie gehuldig het dat daar nie ‘n pandemie was nie maar ‘n politieke aanslag vir wêreldoorheersing.
Deur MICHEL CHOSSUDOVSKY 17 SEPTEMBER 2023