‘n Wonderlike demonstrasie van sigbare eenheid en saamhorigheid oor die kleurgrens. Hoewel gemeet aan die gesigsuitdrukkings, nie vir almal nie, slegs sommige! Yster en klei, maar niemand sal haar kan beskuldig dat sy nie probeer het nie.
Vuurwapen -Pistool 9mm Parabellum
Het u al ooit gewonder waar kriminele hulle grootste bron vind om onwettige wapens in die hande te kry lees dan verder.
Op 21-02-2009 was ek deur gewapende rowers gekaap voor die ingang van die Wavecrest Hotel in Jan Smuts weg Johannesburg. My pistool, ʼn 9mm Parabellum en ʼn Mercedes was by my afgeneem. Die motor was binne 15 minute deur Tracker nie ver van die rooftoneel opgespoor. Die rowers het egter die motor net buite die Lokasie Alexander gelos en laat spaander met die pistool.
Ek het gereeld vir Inspekteur Mabaso by die Hillbrow Polisiestasie gekontak wie die saak hanteer het om uit te vind of hulle al die gesteelde wapen opgespoor het. Na jare het ek maar aanvaar dat dit 'n gegewe is dat die pistool vir altyd weg sal wees in die Nuwe Suid Afrika.
Tot my verbasing kry ek ʼn oproep 22 Augustus 2014 van ʼn Sersant Damons van Kuilsrivier in die Kaap om te vra hoekom my gesteelde vuurwapen nog by die Alexandra Polisiestasie is. Vyf jaar het verloop sedert die pistool geroof was. Ek het dadelik Kaptein Mbhele by die Alexandra Polisiestasie gekontak om my pistool af te haal. Hy gee my toe die nuus dat, volgens die Rekenaar het die Polisie die wapen vernietig Nieteenstaande dat die pistool se eienaar se besonderhede en telefoonnommer op al die Polisiestasies se rekenaars verskyn het word ek glad nie deur die Alexandra Polisie gekontak nie! Hulle verkies eerder om die vuurwapen wat wettiglik gelisensieerd is te vernietig. Ek het nou ʼn eis teen die Polisie ingestel.
Sou jy verkies om iets te glo omdat dit waar is, of bloot omdat jy die bron vertrou? Indien dit ‘n leuen is en jy dit weet, waarom distansieer jy jou nie van alles en almal wat daaraan deel het nie? Om ‘n leuen te leef kan tog niks goeds voortbring nie en moet uiteindelik, indien nie fisies nie, dan tog sekerlik geestelike skade berokken.
Dusver het die leuen ons volk verdeel, onderlinge vertroue vernietig en ons die politieke beheer oor ons land gekos, tog sê FW de Klerk by herhaling dat dit nou beter is in Suid Afrika as voor 1994. Hoewel ons dit menigmaal weerlê het en daar talle voorbeelde van die teendeel bestaan, is dit asof dit nie ons volksgenote dring om eendragtig te beplan en gesamentlik te verset teen hierdie onreg van leuens en leuenagtige uitsprake en optrede nie.
DIE OORSAAK VAN DIE VALKE SE ONDERSOEK NA STEPHEN GOODSON SE UITLATINGS OOR DIE SUID AFRIKAANSE RESERWE BANK
Die AVP vind dit noodsaaklik om aanhalings uit Stephen Goodson se ontleding van die onbybelse toegepaste woekerwins benadering wat in Suid Afrika, maar ook in talle ander lande toegepas word tot die ellende van elkeen van daardie volke, op ons webblad te plaas. By die lees daarvan sal die leser onder die besef kom van waarom die staatsmasjinerie soos die Valke, aangewend word om ‘n finansiële instelling te probeer beskerm wat vanuit die buiteland beheer word, in belang van magte wat waarskynlik die leeue aandeel het in die wurggreep waaronder ons land gebuk gaan. Ons plaas ook Goodson se volledige persverklaring.
In Junie 1815, nadat Napoleon by Waterloo verslaan is, het Nathan Mayer Rothschild volle beheer oor die Bank van Engeland verkry en daarna sou alle toekomstige oorloë, oorloë van die bankiers wees ten einde die Rothschilds se stelsel van bankwese wat op woeker gebaseer is, te behou en uit te brei. As iemand dus beheer uitgeoefen het oor die hoeveelheid goud in omloop, was die moontlikhede vir spekulasie en manipulasie van finansiële markte onbeperk.
Openbaring 3:14-22
“Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê.” (Vers 22).
Een van die hoofredes, na my mening, waarom leraars nie graag uit die boek van Openbaring preek nie en mense dit derhalwe ook nie graag lees nie, is weens die feit dat dit baie reguit en op die man af met ‘n mens praat. Menige mense is bang dat die skoen dalk by nadere ondersoek te goed sal pas en weet nie of hulle bereid is om die skoen aan te trek nie? Dit is makliker om in ontkenning te leef, nie waar nie?
Ek wonder of mense besef watter fatale fout hulle sou maak om hul lewe in hierdie sorgeloosheid en ontkenning voort te sit? Sou ‘n persoon of onderneming finansiële probleme ondervind en die probleem nie erken en aangespreek word nie, sal die probleem nie vanself verdwyn nie.
Die Ligthelms se perskes is weg
“Die Ligthelms se perskes is weg as gevolg van ‘n dorp wat die Steve Tshwete Munisipaliteit(Middelburg TVL) langs die grootste geelperskeboord in Afrika opgerig het,” sê mnr. Johan Ligthelm, tussen saamgepersde lippe.
Hy is moeg gesukkel. Moeg om diewe te probeer vastrap wat met kratte perskes bokant hul koppe deur geknipte drade spring. Diewe wat kabels afsny.
Dieselfde diewe wat implimente, sleepwaens en waterkarre gevat en store geplunder het. Wat, nadat hulle sy kweekboompies gesteel het, dit sommer voor in hul eie tuine geplant het.
Hy is ook moeg om in vrees te lewe. “Ek is die teiken, as hulle my doodmaak, het hulle 500 hektaar weiding vir hul beeste. Dit is ‘n daaglikse stryd. Elke oggend as ons wakker word is daar iets gesteel.”
Mnr. Ligthelm het die joernalis vir ‘n halwe dag deur sy plaas geneem, glimlaggend staaltjies vertel oor hoe sy oupa-hulle op die plaas begin het 98 jaar gelede.
AS DIE HOND DIE HAND BYT WAT HOM VOED…….
Die Anglo myngroep wat op die voorpunt was van die ondermyning van die beginsel van afsonderlike ontwikkeling toe hulle in die werksplek en by sosiale funksies wit en swart saamgedwing het, bevind hulle nou aan die ontvangkant van die gevolge daarvan. Apartheid is nou met hulle samewerking van die tafel af en dienooreenkomstig is die meerderheid nou in beheer!
Veelvuldige waarskuwings dat een toegewing sal lei tot ‘n volgende eis en ‘n volgende toegewing totdat meerderheidsregering verkry is, is in die wind geslaan vanweë die finansiële en politieke oogmerke met Suid Afrika. Die ingrypende nadelige gevolge daarvan sal egter ook nie by die mynbase verbygaan nie!
As Anglo American van mening is dat die weerhouding van steenkoolvoorsiening aan Eskom die ANC regime sal laat afsien van sy eis dat swartes 55% beheer moet hê van die voorsiener aan ‘n staatsinstelling, verstaan hulle nog nie watter jakkals hulle in die hoenderhok losgelaat het nie!