1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
4592904

Besoekers aanlyn

Ons het 23 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Media

AAN ALMAL WAT HIERIN ‘N AANDEEL GEHAD HET!!

DIE VERSUGTING OOR DIE UITERSTE ELLENDE WAARIN GEBREKKIGE POLITIEKE INSIG ONS GEDOMPEL HET!

(Soos wat dit in die Beeldkoerant verskyn het. 30 Mei 2012)           Dinge wat nié in die strate gewen word nie.

Dis nie ’n plek vir ’n kind nie, asemloos in die donkerte onder ’n bed; in ’n wit kissie so klein dat een man dit kan dra. Dis nie ’n plek vir ’n kind nie, in die donker koue van haar ma se vrieskas, asemloos. Kinders hoort nie op plekke waar bendes hulle kan brandmerk as slawe van die Donkerte nie. Kinders behoort nie vasgepen te word onder die gewig van ’n oom, ’n broer, ’n vreemdeling om die donkerste van lyfgeweld te ontgeld nie. 

Kinders hoort nie in puttoilette, op straathoeke, in skole sonder boeke of daglank alleen in kamers met hul eie televisiestelle en rekenaarspeletjies nie. Ook nie op sportvelde waar volwassenes hulle soos kinders op die paviljoene gedra nie. Of om vet gevoer te word tot drillerige, diabetiese namaaksels van grootmense wat nooit die honger leegheid gestil kry nie. Die Here weet, van die lewe moet daagliks sin gemaak word, maar van moord op, geweld teen en die doelbewuste verwaarlosing van kinders is daar geen sin te maak nie. 

’n Mens word gelaat met ’n stom hartseer wat alles wil oorweldig. 

Indien die gehalte van ’n samelewing onder meer gemeet word aan hoe daar na sy kinders omgesien word, het ons ’n skreiende rapport. 

Trouens, ons dop. In Nasionale Kinderweek bestee ons eerder al ons energie en hope belastinggeld aan ’n kaal keiser sonder ’n sin vir humor en gebrekkige visuele geletterdheid; word stadsbase se massiewe salarisse sonder hik of kik opgestoot tot dermiljoene rande terwyl tienjarige gomsnuiwers snags in die skadu van Munitoria slaap; en is ’n bevinding in ’n steekproef dat 54% van Suid-Afrikaanse kinders sê hul pa is nie deel van hul huishouding nie niks meer werd as ’n kort nuusbrokkie nie.

 

Terwyl Gwede Mantashe, ANC-sekretaris-generaal, eergister ’n optog gelei het na die Goodman-galery “omdat enigiets in die strate gewen kan word”, sou nagenoeg een kind elke drie minute verkrag word; derduisende kinders nóg ’n boeklose skooldag verspil; en ’n pa van Delmas maar een wees van wie ons weet wat sy vermoorde kind (heelwat meer as 1 500 kinders sal vanjaar gewelddadig sterf) in sy arms na ’n graf toe moes dra.

 

Ek stap na my dogters se kamers en druk my neus teen hul kopkussings om hulle naby my te wíl. Sonder om ’n foto-album hoef oop te maak onthou ek hul pokkellyfies van jare gelede en die onbehoedsame kyk in hul oë. Die Vader weet, ek wens ek kon járe se herinneringe aan ’n kind aan die Delmas-ouers gee. 

Voel ander ouers ook so bang soos ek, soms? 

Soos in ’n gedig van D.P.M. Botes wil ek vir my kinders “’n huis bou / ’n huis sonder deure / ’n huis sonder vensters / ons sal die wêreld buite hou / so ’n huis /... / sluit jou deure / sluit jou vensters / trek toe die gordyne / sluit die hek / skakel die lig af / blus die vuur / laat tyd / die doodsengel / glo / jy is nie tuis nie”. 

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie