1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
4592946

Besoekers aanlyn

Ons het 62 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Media

ANC-GROENSKRIF OOR GRONDHERVORMING

Toespraak van Mnr. Pieter van der Spuy, aangebied op die 3de Jaarkongres van die AVP op 19 Mei 2012

ANC-GROENSKRIF OOR GRONDHERVORMING

DEEL VAN DIE TWEEDE FASE VAN DIE KOMMUNISTIESE REWOLUSIE IN SUID-AFRIKA

Die ANC-regime het enkele maande gelede sy Green Paper on Land Reform vrygestel. Dit is die voorloper van beoogde wetswysigings in verband met grond-aangeleenthede. Alhoewel die Groenskrif vaag en dubbelsinnig is, kan die volgende hoof-voorstelle geïdentifiseer word:

(a)  Nuwe vorms van grondbesit

(b)  Instelling van ‘n Grondbestuurskommissie (Land Management Commission)

(c)  Aanstelling van ‘n Grondwaardeerder-Generaal (Land Valuer-General)

(d)  Instelling van ‘n Grondregte-bestuursraad met plaaslike bestuurskomitees

(e)  Uitbreiding van die beskerming van plaaswerkers 

(f)  ‘n Program vir die produktiewe aanwending van grond wat sedert 1994 deur die staat vir swartes aangekoop is.

Die beoordeling van hierdie voorstelle, waarvan sommige later ontleed word, moet gedoen word teen die agtergrond van die voortgaande Rewolusie in Suid- Afrika. Daarsonder kan die volle betekenis van die ANC se grondbeleid nie verstaan word nie.

Eerstens moet begryp word dat die Rewolusie wat ons beleef ‘n Kommunistiese (oftewel ‘n Marxisties-Leninistiese) rewolusie is, waarin  beheer van die grond voorop staan. Vir selfs die goedgelowige liberaliste begin dié lig darem opgaan:  In Beeld van 14 November 2011 skryf die aarts-liberalis Rian Malan dat volgens Mark Gevisser, aan wie toegang verleen is tot sensitiewe ANC-dokumente, was 29 van die 30 grootbase in die ANC se nasionale uitvoerende komitee in die sewentigs en tagtigs geheime lede van die SAKP.  Rian Malan skryf verder dat onlangse navorsing van prof Stephen Ellis van die Universiteit van Leiden toon dat “selfs die kwansuis gematigde Nelson Mandela ‘n geheime lid van die Kommunistiese Party was.” Malan se gevolgtrekking is:  “Met ander woorde, die regses was reg: die ANC was inderdaad ‘n Rooi Komplot en as sulks ‘n pion in ‘n groter Sowjet-magspel ... “. In dieselfde trant skryf Leopold Scholtz in Beeld van 16 Mei 2012:  “Die ANC se intellektuele wortels is veral in die Marxisme-Leninisme ... geleë”. 

In die Groenskrif-inleiding word verklaar:  “All anti-colonial struggles are, at the core, about two things: repossession of land lost through force and deceit; and, restoring the centrality of indigenous culture.”  Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, maar ook voorsitter van die SA Kommunistiese Party, verklaar op 26 Maart 2012: “One matter that needs to be looked at is the slow distribution of land.  If we don’t do that we will continue to betray the revolution. People without land is a recipe for a revolution. Go and look at the struggle history. Land is at the core of every ANC leader’s struggle.” 

Daarom verklaar die Freedom Charter, opgestel deur die Kommunis Joe Slovo, in opdrag en finaal goedgekeur deur die Sentrale Komitee van die Kommunistiese Party:

“All the land shall be redivided amongst those who work it, to banish famine and land hunger.” En ook “All shall have the right to occupy land wherever they choose.” Die rede vir hierdie beweerde grondhonger vind ons in die aanhef van die Freedom Charter:  “Our people have been robbed of their birthright to land ... by a form of government founded on injustice and inequality.”

David Styles (Understanding the Freedom Charter 55) skryf hieroor: “This clause is the most patently Marxist of all:  the specification that the land be “redivided amongst those who work it” is an eminently communist imperative. The provision that “all shall have the right to occupy land” as distinct from ownership also shows a typical Marxist rejection of private land ownership.”

Hierdie Freedom Charter-doelstellings vind neerslag in die huidige Grondwet van 1996. Ingevolge die Grondwet bely die burgers van Suid-Afrika die ongeregtighede van die verlede en is die nasie verbind tot sogenaamde grondhervorming. DIt beteken onder andere die restitusie en herverdeling van grond ten gunste van swartes. Daarbenewens het elkeen die reg om te beweeg en te bly waar hy wil. Selfs  die onwettige plakker het in beginsel ‘n reg op skuiling en beskerming van sy de facto onregmatige okkupasie.     

Anders as wat goedgelowiges wil glo, is artikel 25 (die sogenoemde “eiendomsklousule”)  alles behalwe ‘n eiendomswaarborg.  Trouens dit magtig juis die staat om eiendom te ontneem en te onteien om uitvoering aan die ANC se grondhervormingsbeleid te gee.  As algemene reël is vergoeding betaalbaar in die geval van onteiening, maar dit  hoef nie noodwendig markwaarde te wees nie en dit is ook nie ‘n absolute vereiste nie. Volgens ‘n uitspraak van die Konstitusionele Hof in First National Bank of SA Ltd v Commissioner of SARS 2002 4 SA 768 (KH) kan die Staat in gepaste omstandighede soos bedoel in artikel 36 wegdoen met die vereiste om vergoeding te betaal.  Dit word bevestig deur artikel 25(8) van die Grondwet.  Dit lui dat geen bepaling in verband met onteiening van eiendom die staat verhinder om grondhervorming te bewerkstellig ten einde die gevolge van rassediskriminasie van die verlede reg te stel nie. Die enigste vereiste is dat dit redelik en regverdigbaar moet wees in ‘n oop en demokratiese samelewing (a 36(1)).      

In die eerste fase van die rewolusie is verskillende wette aangeneem om uitvoering te gee aan bogenoemde doelstellings. Slegs enkeles word genoem: Die Wet op die Herstel van Grondregte, die Wet op die Uitbreiding van Sekerheid van Verblyfreg (ESTA), die Wet op die Voorkoming van Onwettige Uitsetting (PIE Wet), die Wet op Grondhervorming (Huurarbeiders), asook die Nasionale Waterwet en die Mineral and Petroleum Resources Development Act (MPRDA) wat onderskeidelik grondeienaars se waterregte en mineraalregte onteien het.

 

Tweedens moet begryp word dat ons met ‘n tipiese twee-fase kommunistiese rewolusie te doen het. Die eerste fase was die sogenaamde “national democratic  revolution” waarvan die hoofdoel was om die politieke mag te verkry en te konsolideer.  Daarmee was die ANC/SAKP, deels danksy misleiding, bedrog en verraad in Afrikanergeledere, suksesvol. Die tweede fase is die Marxisties-Lenistiese “transformation”. Met ander woorde die totale ommekeer van die sosiale orde na Kommunisme/sosialisme, wat prakties die sentrale beheer van die politiek, die sosiale lewe en die ekonomie, insluitende die hulpbronne en by name grond water en minerale, beteken. In hierdie verband moet egter kennis geneem word van die interne transformasie wat in kommunistiese stelsels plaasgevind het. In Time van 14 Mei 2012 sê Kenneth Lieberthall , ‘n China deskundige van die Brookings Institution in Washington en ‘n voormalige China adviseur van Bill Clinton, van die huidige Chinese Kommunistiese Party: “ The linkage of money and political power is intimate. If the Chinese Communist Party were called what it really is it would be called the Chinese Capitalist Bureacratic Party.”  Die drakoniese en skurkagtige metodes van die Kommunisme bly onaangetas, maar die doel is selfverryking van die elitiste binne die Kommunistiese Party deur magsmisbruik en korrupsie en bedrog.  Geen wonder nie dat die ANC-leiers aanklank vind by hierdie vorm van Kommunisme en in verwondering, in die woorde van Andre le Roux (Beeld 12 Mei 2012, hulle  “oë opslaan na China”.

Laat ons teen hierdie agtergrond na die belangrikste aspekte van die Regering se Groenskrif oor grond kyk.

Soos genoem, is die uitgangspunt van die dokument dat swartmense se grond deur geweld en bedrog van hulle gesteel is. ‘n Snel en fundamentele verandering met betrekking tot eiendomsreg van grond in SA is  dus nodig.

Wat die nuwe vorms van grondbesit (“land tenure”) betref, is die Groenskrif uiters kripties. Die hoofvorm van grondbesit moet blykbaar “huurpag” van staatsgrond wees. Met ander woorde grond moet hoofsaaklik aan die staat in eiendomsreg behoort en gebruiksregte sal dan in die vorm van verhuring (“leasehold”) aan privaat persone beskikbaar gestel kan word. Dit strook met die department van landelike ontwikkeling en grondhervorming se strategiese plan wat in 2010 aangekondig is. Daarvolgens is grond ( net soos water en minerale) ‘n sogenaamde nasionale bate waaroor die staat moet ”beheer uitoefen” en onderworpe aan” erfpag” gestel moet word. Of dit nou erfpag of huurpag is, juridies is die gebruiker dan nie eienaar van die grond nie. Hy het slegs ‘n beperkte gebruiksreg.  Om dit te bewerkstellig, sal grond op ‘n groot skaal gekoop of onteien moet word. Dit verklaar waarom die regering dreig om artikel 25 van die Grondwet te wysig, of selfs te skrap.  In die lig van wat hierbo gesê is, is die enigste afleiding dat die ANC grond-onteiening sonder vergoeding makliker wil maak as wat die Grondwet tans toelaat, met ander woorde, selfs in gevalle waar dit onredelik en onbillik in ‘n sogenaamde “open and democratic society” sou wees!  Presies  wat Mugabe in Zimbabwe  gedoen het.

Tweedens, maak die Groenskrif voorsiening vir  sogenaamde “freehold ownership of land with limited extent”. Dit is oënskynlik grond wat in privaat eiendomsreg gehou mag word. Die “limited extent” beteken egter dat die hoeveelheid grond wat so deur ‘n person gehou mag word, beperk sal word. Bestaande grondeienaars wat die hoeveelheid oorskry, sal waarskynlik van hulle oortollige grond ontneem word.

Grond wat deur buitelanders besit word, se reg sal ‘n sogenoemde ”precarious tenure” uitmaak. Dit beteken dat die staat te enige tyd die reg eensydig kan beëindig. 

In die derde plek maak die Groenskrif voorsiening vir die instelling van ‘n Land  Management Commission. Dié kommissie sal drakoniese magte hê om beheer oor grond uit te oefen. Dit sal byvoorbeeld soos in Egipte, riglyne kan neerlê in verband met die toegelate grootte van plase en die gebruik en bestuur daarvan. Voorts sal dit enige privaat person kan subpoena om inligting te verskaf oor so ‘n person se regte in grond. Dit sal die bevoegdheid hê om die kaart en transport van enige person nietig te verklaar, om grondeienaars krimineel te vervolg en om enige grond wat deur bedrog of korrupsie verkry is, te konfiskeer. In die verband is dit belangrik om te onthou dat volgens die regime se uitgangspunt,  witmense  swartes se grond deur geweld en bedrog bekom het.

Vierdens maak die Groenskrif voorsiening vir die aanstel van ‘n Grondwaardeerder-Generaal, wat verantwoordelik sal wees vir grondwaardasies, onder andere vir onteieningsdoeleiendes.  Van hierdie funksionaris sal verwag word om ‘n sogenaamde historiese benadering tot waardasie te vervolg. Met ander woorde markwaarde sal nie voorop staan nie, maar eerder die gefabriseerde historiese feit dat die witmense die swartmense se grond gesteel het!

Laastens, in tipiese Kommunistiese styl, maak die Groenskrif voorsiening vir  ‘n kwasi-judisiële Land Rights Management Board asook Land Management Committees (LMC’s). Die eersgenoemde liggaam word deur die Minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming saamgestel en oefen beheer uit oor die LMC’s. Die LMC’s bestaan uit verteenwoordigers van alle grondbewoners: plaaswerkers, ander bewoners (soos onwettige plakkers?) wit boere, munisipaliteite, staatsdepartement en die polisie. Duidelik sal dié liggame deur die swart belange- groepe oorheers word. Die hoofdoel van hierdie liggame sal wees om okkupeerders, van grond, soos plakkers en plaaswerkers, te adviseer en te help in regsaksies teen boere. Voorts moet die LRMB die ANC se grondbeleid en grondbewoners se regte op grondvlak afdwing.

In kort kan gesê word die doel van die Groenskrif is om die tweede fase van die Rewolusie, met betrekking tot grondbesit, te volvoer. Soos mnr. Jaap Marais dikwels gesê het: “Wat bo was, moet onder kom en wat onder was bo.”  In Margaret Mitchell se epiese roman oor die Amerikaanse Burgeroorlog, Gone with the Wind, sê Scarlett O’Hara aan haar helper Will Benton oor die Yankees en hul sikofante se geslepe pogings om die Southerners se familieplase na die oorlog in te palm: 

“Oh, Will, and I thought our troubles were all over when the war ended!”  

“No’m.”  Will raised his lantern-jawed, country looking face and gave her a long steady look. “Our troubles are just gettin’ started.”

Netso was die oorgawe van die politieke mag in 1994 nie die einde van die oorlog en ons probleme nie. Die rewolusie moet voltrek word, ook wat grondbesit betref. Die blankes moet van hulle grond ontneem word en dit moet oorgaan in die hande van die swart staat as sigbare simbool van die oorwinning oor en onderwerping van die witman in Suid-Afrika. Alles word ingespan om dié transformasie te bewerkstellig deur die posisie van die blanke grondeienaar af te takel en so ondraaglik moontlik te maak: Plaasmoorde wat voort woed, terwyl die regering hande gevou toekyk, drakoniese arbeidswetgewing in die landbousektor, wetgewing wat plaaswerkers se okkupasie van hulle werknemers se plaaseiendom verskans, absurde beskerming van onwettige plakkers, ontneming van grondeienaars se mineraalregte en waterregte, korrupte en arbitrêre toekenning van mineraalregte aan die goudkewers wat boerdery in sommige gevalle onmoontlik maak, vernieling van waterbronne en stygende krag-, brandstof- en arbeidspryse wat deur die staat bepaal word en die boere finansieel verrinneweer. Die ANC se nuutste grondplanne soos vervat in die Groenskrif vorm dus deel van ‘n groter strategie om die witman en die Afrikaner in die besonder van sy grond te ontworstel. So ook die knaende aandrang in ANC-geledere dat die grondrestitusie-proses heropen moet word sodat grondeise vir beweerde ontnemings van vóór 1913 ingedien kan word.

Met ‘n onlangse reis van Pretoria na die Suid-Kaap het ek enersyds ‘n gevoel van verlies ervaar: Ons het ons vryheid  in hierdie pragtige vaderland verloor met die ontneming van politieke mag en staatkundige soewereiniteit in 1994. Andersyds is ek getroos deur die honderde plaasbordjies wat verbyflits en bevestig: Die grond behoort darem nog grootliks aan ons. Die wete dien as bemoediging om te volhard in die verset teen die onreg van die huidige bestel jeens ons volk. Maar hierdie selfde feit is die doring in die vlees vir die ANC/SAKP-regime wat hulle ten alle koste wil verwyder.

Ten slotte die vraag: Wat is ons posisie en wat is ons taak as Afrikaner Volksparty oor hierdie saak?

Die staat se onmiddellike doelwit is om 30% van blanke landbougrond (wat glo 82 miljoen hektaar is) teen 2014 te verkry. Hiervan is sedert 1994 glo slegs 8.2% verkry. Die betroubaarheid van hierdie syfers is onder ernstige verdenking. Die staat erken self dat hy nie ‘n idee het hoeveel grond die staat besit nie; maar hy  weet kwansuis presies hoeveel grond die blanke boere besit!  Oudits in die verband is glo aan die gang, maar sal dit ooit afgehandel word?  Oor die erns en gevaar van die ANC se grondplanne is daar nie twyfel nie. Die positiewe kant is: Het die ANC die vermoë om hierdie planne suksesvol deur te voer? Tot dusvêr was hulle grondhervormingsprogram, soos baie ander projekte, ‘n klaaglike mislukking.

Ons taak is om ons mede-patriotte, en veral ons boere en die opkomende geslag, toe te rus om hierdie aanslag teen ons grond en ons volk teen te staan. Eerstens moet ons ons mense op die plase ondersteun en aanmoedig om ten alle koste hulle grond te behou. Ons moet aan hulle verduidelik hoe belangrik die behoud van ons grond is as deel van ons totale verset teen die onregmatigheid van die politieke bedeling en die rewolusionêre stryd wat teen ons gevoer word. Die behoud van ons boere se grond moet as ‘n volksaksie gesien en gedryf word waarby die landbouer, maar eweseer sy broer en suster in die stad, ‘n lewensbelang het.

Inligting moet verskaf word as teenvoeter vir die Kommunistiese propaganda dat die witman die swarte se grond gesteel het. ‘n Behoorlike akademiese studie behoort  geïnisieer te word om die geskiedenis van grondbesit in Suid-Afrika en die beleid van afsonderlike ontwikkeling ewewigtig te boekstaaf. Die witman moet bewapen word met parate kennis om hom effektief te kan verweer, die eie twyfel te verdryf en hom onwrikbaar te laat glo in sy reg op sy grond. Laat ons ook aan ons mede-burger verduidelik dat die Grondwet die magtigende instrument is waardeur die blanke van sy grond ontneem word - daardie selfde Grondwet waarop die HNP en ander fopspeenpartye steun om ‘n volkstaatjie by die ANC af te smeek.   

So ‘n eensgesindheid onder blankes oor die reg op ons grond, kan die basis lê vir effektiewe optrede vir ons grootste uitdaging: Die stryd om die herwinning van die politieke en staatkundige vryheid van ons volk in hierdie land. Eiendomsreg van grond kan nie gelykgestel word aan die staatkundige vryheid ten opsigte van daardie grondgebied nie – iets wat die volkstaat-praters nie goed begryp nie. Die voorvereiste vir daardie stryd is eerstens die herstel van die oortuiging en die wil en die geloof by die Afrikanervolk dat hy, soos enige ander volk, die reg het op soewereine vryheid in sy eie land. Sonder daardie gemoedstoestand en eenheid van sin binne die kern van ons volk, sal alle pogings faal. Die AVP het ‘n roeping om hierdie selfrespek en selfvertroue van ons volk te herstel deur kundige leiding en die ontsluiting van kennis – ook oor ons reg  op ons grond. Dit is die basis van enige kragtige geloofsdaad.

    

 

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie