1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
4592905

Besoekers aanlyn

Ons het 26 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Media

31 MEI 2012

DIE AVP HERDENK REPUBLIEKDAG

 Hierdie Nasionale volksfees se waarde word daarin gesien dat dit ’n groot bydrae gelewer het tot die bevordering van die nasionale gevoel, dat mense saam één volk uitmaak en dat daar eenheid van strewe behoort te bestaan. 

Wanneer ’n hele volk saam feesvier, die verlede herdenk en hulle oor die goeie verbly, verbind hulle hulself om in die toekoms saam te geniet of saam te dra, wat die toekoms ook mag oplewer. 

Godsdienstigheid,  geloof, betroubaarheid, beginselgebondenheid en volharding was enkele van die uitstaande kenmerke van die Bittereinders wat ons vooruitgegaan het. U volharding om ons voorsate se geskiedenis te gedenk, kenmerk  u wat vandag Republiekwording herdenk, as die troue erfgename van ons Strydende voorsate! Getrouheid in 'n tyd waar die aanslag se intensiteit en omvang ongeëwenaard is, vereis heldemoed!

 

Perspektief oor die beste staatsvorm vir ons verblyf hier in Suid Afrika, waarvoor die rigtingwyser nie in die toekoms, ook nie in die hede nie, maar in die geskiedenis lê, is onontbeerlik!

 

Daarom is die herdenking van so ‘n Geskiedkundige gebeurtenis soos Republiekdag noodsaaklik! Ons mag dit nie vergeet nie, al is ons nou in die spreekwoordelike politieke woestyn.  Dit was ‘n  dag waarvoor President Swart bereid was om ’n eed af te lê!

 

DIE OORSPRONG

Die drang vir selfhandhawing het reeds kort na Jan van Riebeeck se aankoms in die Kaap van Storms, 1652 ontstaan. ’n Ander woord vir selfhandhawing word ook soms ’n gevoel van Nasionale bewussyn genoem. ’n Volksgevoel wat ontstaan het by die Vryburgers waar ’n gemeenskaplike taal, bloedverwantskap, kultuur band, geloofsband, tradisie en vaderlandsliefde, afstand tussen hulle en Willem van der Stel en Kompanjie-  amptenare se selfsugtigheid en outoritêre optrede bewerkstellig het sodat daar ’n behoefte tot onafhanklikheid ontstaan het, soos nou by ons opnuut en by herhaling teen die huidige bewind!

Die verdere  onbillike optrede van die latere Britse regerings in hulle hantering van botsings tussen die Boere en Swartes, Hottentotte en Boesmans, het hierdie volksgevoel versterk en uiteindelik gelei tot die Groot trek en tot standkoming van die Boererepublieke.

 

Hierdie soort Staatsordening het dus hoofsaaklik sy oorsprong gehad in die behoefte om volgens die natuurlike verskynsel van verskil in afkoms en geloof en die behoefte vir die vryheid om onafhanklik oor eie belange te besluit. ’n Volledige selfstandigheid in die vorm van ’n Republiek wat in botsing was met die Britte se imperialistiese strewe om te oorheers.

 

VIR GESLAGTE IS DIÉ BELEID IN AFRIKA EN SUID-AFRIKA TOEGEPAS

 

In die Staatsdiens:

 Na die formele oorgawe van die Kaap in 1814 aan die Engelse, vaardig Sir John Cradock 'n proklamasie uit waarin bepaal word dat slegs persone wat Engels magtig is, vir betrekkings in die staatsdiens oorweeg sal word.

 

Die Suid Afrika wet van 1909 wat geformuleer was deur die “Union Convention” en deur die Engelse Parlement bekragtig is, het lidmaatskap van die  Suid Afrikaanse parlement beperk tot “British subjects of European descent”

 

In die Onderwys:

In 1893 het Rhodes rasseskeiding in die skole afgedwing wat in 1905 deur die Progressiewe Party van Dr Leander Starr Jameson verpligtend gemaak is.

 

Op Sportgebied:

In 1894 het Cecil John Rhodes wat toe eerste minister van die Kaapkolonie was, ingegryp om te verhoed dat die kleurling, Krom Hendriks, wat gekies was om in Brittanje te gaan toer in ‘n krieketspan, in die span ingesluit kon word!  Tot 1948 was dit ‘n sportbeleid wat daarna konsekwent deur al die regerings toegepas was tot John Vorster Dr Verwoerd opgevolg het.

 

Stemreg:

In  1865 tydens die regering van Sir Theophilus Shepstone, is ‘n wet aangeneem wat dit vir swartes in Natal so moeilik gemaak het om as kiesers te registreer dat daar nie meer as sowat ‘n dosyn ooit registreer het nie.

 

Burgerskap:

In daardie tydsgewrig was daar geen politieke gelykheid tussen swart, kleurling en blank nie en in die Vrystaat het die grondwet burgerskap slegs tot blankes beperk.

 

Grondbesit:

In 1903 stel Alfred Milner die Lagden Kommissie aan wat in 1905 aanbeveel dat daar skeiding kom tussen blank en swart wat betref registrasie as kiesers en grondbesit!

 

Groepsgebiede:

In 1923 is wet nr. 21 (Native Urban Areas Act) waarin ‘n bepaling voorgekom het wat enige swarte verbied het om in ‘n blanke stedelike gebied te wees!

Wat verhoudings betref was daar ‘n 1927  “Immorality Act” en voor dit ‘n bepaling wat geslagtelike omgang tussen blanke vroue met gekleurde  mans, ‘n oortreding van die wet in Natal gemaak het met spesifieke verwysing na “Hottentots, Coolies, Bushman, Lascars (Indian sailors) or any other person usually called a native”

 

Vanuit die geskiedenis dus,  ‘n duidelike bewys dat die Afrikaner  doelbewus met skuld belaai word oor ‘n saak wat volgens alle aanduidings nie sy oorsprong by die Afrikaner gehad het nie. As dit nie ‘n misdryf was toe die Engelse en ander, selfhandhawing en selfbeskerming deur beleid toegepas het nie, hoekom is dit nou?

 

NOODSAAK VIR DIE HANDHAWING VAN ONS REPUBLIEK

 

Die noodsaak vir dit wat ons vandag vier en dat ons dit moet handhaaf, lê opgesluit in die feit dat die republiek van 1961 vervang  is met die “Democracy” van 1994.

 

N. P. van Wyk Louw het gesê : “Eenvoudige meerderheidsregering is nie die wese van demokrasie nie.  Blote meerderheidsregering staan eintlik nader aan die totalitarisme as aan demokrasie;  dit is self  al ‘n vorm van diktatuur”.  By die hooggeroemde “demokrasie” van die ANC, ontbreek die element van blootstelling aan moontlike vervanging deur opposisie in ‘n stemming, wat die primêre veronderstelling by ‘n demokrasie is.  As dié faktor ontbreek, is daar skaars sprake van ‘n demokratiese orde.

 

 ’n Demokrasie is per ANC-definisie, Majority Rule, en hierin het die Britte en Amerikaners ’n enorme aandeel!

 

Geskiedenis kan verswyg en verdraai word.  Dit kan egter nie gesteel word nie! Hierdie Republiek is die Afrikanervolk s’n deur die genade van God Onse Vader en sal dit bly mits die Afrikanervolk na Hom terugkeer en Sy gebooie onderhou!

 

Ons het ’n Godgegewe, historiese aanspraak en reg op die Republiek.  Beide ’n reg en aanspraak is egter afhanklik van die wil, die moed en die vermoë om dit te verdedig.  Ons het bv. ’n reg op lewe.  Daardie reg word niksseggend as die barbaar wat inbreek daarin slaag om jou te dood omdat die vermoë, die wil en die moed ontbreek het om jouself en jou geliefdes te verdedig!  Dit, geld ook vir ’n volk!

 

Gedenk dus die eed  wat President Swart afgelê het en meet jouself in watter mate jy ook daartoe bereid is! 

 

DIE EED.

IN DIE TEENWOORDIGHEID VAN DIE ALMAGTIGE GOD EN IN DIE VOLLE BESEF VAN DIE HOË ROEPING WAT EK AS STAATSPRESIDENT IN DIE DIENS VAN MY VOLK AANVAAR, SWEER EK, CHARLES ROBBERTS SWART, TROU AAN DIE REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA EN BELOOF EK PLEGTIG EN OPREG DAT EK TE ALLE TYE SAL BEVORDER WAT TOT SY VOORDEEL IS, SAL AFWEER WAT HOM KAN SKAAD EN MY AAN DIE WELVAART VAN SY INWONERS SAL WY, DIE GRONDWET EN ALLE ANDER REG VAN DIE REPUBLIEK SAL GEHOORSAAM, EERBIEDIG, HANDHAAF EN ONDERHOU. MY WERKSAAMHEDE GETROU MET AL MY KRAGTE EN TALENTE NA MY BESTE VERMOË  EN KENNIS EN GETROU AAN DIE STEM VAN MY GEWETE SAL UITVOER, AAN ALMAL REG SAL LAAT GESKIED EN MY AAN DIE WELSYN VAN MY VOLK SAL WY.

MAG DIE ALMAGTIGE GOD IN SY GENADE MY LEI EN ONDERSKRAAG OM HIERDIE EED MET MET EER EN WAARDIGHEID NA TE KOM.

SO HELP MY GOD.

 

Laat ons nie ons verantwoordelikheid versaak deur die mees basiese vereistes vir voortbestaan en vryheid na te laat nie!

Danie Varkevisser

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie