1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9519584

Besoekers aanlyn

Ons het 120 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

DIE 44 Sê “NIE IN MY NAAM” SOPSTORIE

Klaas WaarseggerDie idee van ‘n doelgerigte, unieke etniese aanslag op Afrikaners word deur hierdie groep betwis. Hul paniekskrif het baie groter implikasies as om die slagoffer status van die Afrikaner af te maak as fiksie. Die ontkenning moes hulle maak juis om die mislukking van die Afrikaner-hatige bestel te verdedig, waarvan Afrikaners in die DA en VF+ ook deelagtig is. Ook hulle was verantwoordelik dat die Oranje-Blanje-Blou vlag van ons land moes sak.

Hul psigiese politieke ingesteldheid in die goter konteks, is Afrikaner agnosties. Hul identiteit het imaginêr verskuif van Afrikanerskap na ‘n reënboognasie-foefie. Die bly blank my volk hoeksteen, het ewe skielik bagasie vir hulle geword. Geskapenheid moet kwansuis deur regstellende aksie ongedaan gemaak word, volgens hul nuwe mantra. Hierdie stap het die Afrikaner identiteit op ‘n ontstellende wyse verafsku.

 

Hierdie bose gekamofleerde daad van haat teenoor reggeaarde Afikaners, speel goed saam met die regime se naratief dat ons setlaars is, geen reg op eie grondgebied het nie, en nie waardig is om selfregering na te streef nie.

Wat ‘n abberasie is dit nie om te glo dat Suid-Afrika se verskillende volke, rasse, kulture, godsdienste en denkwyses op een spesifieke dag ( 1994) tot een reënboognasie saamgevloei het. Die teenstelling is ooglopend, onlangs weer bewys gedurende die onrus in KZN wat met geweld, moord en vandalisme gepaard gegaan het, wat die etnosentriese dimensies van volke bevestig het.

 

Die werklikheid van ras, etnisiteit en kultuur kan nooit as irrelevant beskou word nie. Zuma het by geleentheid

in die parlement verklaar, korrupsie is ‘n Westerse begrip. Moet ons dit ook afmaak as eenheid in verskeidenheid? Die Regering van Nasionale Eenheid verkeer onder die waan dat Suid-Afrika ewe skielik homogeen is. Waarom dan die raswette wat Afrikaners tot tweedeklas burgers aftakel.

 

Die kern van die 44 ANC Apostels se standpunt, saamgelees met die DA en FV+ se Afrikaner-vreemde politiek, is dat Afrikanerskap is nie eenduidig nie, maar veelkleurig soos die reënboog. Dit is die oorsaak waarom Suid-Afrika ly aan swak regering, korrupsie, krag en wateronderbrekings, ineenstortende dienste, misdaad en geweld en ‘n ontstellende teenwoordigheid van kriminele in die parlement en polisie. Gehalte volksleiers is diegene wat kan onderskei wie is broers en wie is bure. In hierdie verband is die DA en VF+ ‘n groter vloek as die ANC.

Nie in my naam sal die DA en VF+ die veelrassige parlement betree nie!!!

Stem reg, bly weg.

KLAAS WAARSEGGER

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie