1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9519574

Besoekers aanlyn

Ons het 116 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

VREDE MET GOD

BybelJoh. 16:1-33:“Dit het Ek vir julle gesê, dat julle in My vrede kan hê. In die wêreld sal julle verdrukking hê; maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin.”

(:33).

Geliefdes, is dit nie ironies dat ten spyte van al die komitees oor die wêreld heen wat hulle kwansuis vir vrede beywer ons juis in ’n wêreld leef waarin daar baie min vrede te sien is nie? En ook hier ter plaatse.

Daar is vreeslike beloftes en allerhande praatjies gemaak oor die vrede wat kwansuis in Suid-Afrika sou neerdaal as ons net in 1994 oor alle grense heen mense bymekaar sou dwing. Nou enige mens wat dink dat vrede iets is wat jy op mense kan afdwing, gee juis hierdeur sy onkunde t.o.v. wat vrede is duidelik te kenne. Vrede is die gevolg van goeie verhoudinge en derhalwe is ’n voorvereiste vir vrede dat daar ’n vreedsame bestaan tussen partye gevoer moet word – iets wat nie moontlik is waar mense kunsmatig in ’n sekere situasie ingedwing word nie. En iets wat ewenseens nie moontlik is sonder die liefde van God nie.

Ons het die afgelope week weer gesien hoedat daar binne die GKSA ernstige menigsverskille oor die vrou in die lerende-amp is. En die skeidslyn is hier eintlik baie duidelik – daar is mense wat soek na dit wat die Woord van God leer en hul lewens daarvolgens wil rig. En daarenteen is daar diegene wat soek om by die tydsgees van die wêreld in te skakel en om die Woord van God dienooreenkomstig te manipuleer of allerhande “slim” verskonings te soek waarom daar van die waarheid van die Woord binne die kerk afgewyk moet word.

 

En wat ’n kwade dag dat daar so ’n sterk teenwoordigheid van laasgenoemde binne die kerk is. Ek dink dat daar iewers by gelowiges ’n wanpersepsie ontstaan het dat kinders van God altyd met almal in vrede moet leef. Dit is gewoon nie moontlik of waar nie, geliefdes. Het Christus met alle mense in vrede geleef – ook die Fariseërs wat Hy addergeslag genoem het?

 

Gelowiges se primêre strewe in hierdie verband is om in vrede met God te leef eerder as om in vrede met alle mense of die wêreld te leef. Ons moet natuurlik vrede in ons samelewing, verhoudings en in hierdie wêreld nastreef, maar nooit mag ons dit ten koste van ons vrede met God doen nie. Die Woord van God is hieroor duidelik in Rom. 12:17&18. “vergeld niemand kwaad vir kwaad nie; bedink wat goed is voor alle mense; as dit moontlik is, sover as dit van julle afhang, leef in vrede met alle mense.”

 

Die Woord vereis dus van ons om ter wille van vrede selfopofferend en nederig te wees. Maar nêrens in die Woord sal u vind dat God van ons verwag om ter wille van vrede geregtigheid op die altaar te plaas nie. Dit is hier waar die skeidslyn getrek word. Ons kan ter wille van vrede leed verduur, maar ons kan nie ter wille van vrede aan God ongehoorsaam wees en Sy Woord verontagsaam nie.

 

Hierdie waarheid is uit Heb. 12:14 ewe duidelik wanneer God ons vermaan om die vrede na te jaag sonder om ’n lewe van heiligheid voor Hom prys te gee. “Jaag die vrede na met almal, en die heiligmaking waarsonder niemand die Here sal sien nie;”. Die woorde in Matt. 10:34-38 lyk dalk vir baie van ons na ’n teenstrydigheid in God se Woord. God beveel ons om ons naaste lief te hê en in vrede met alle mense te leef. En dan spreek Christus hierdie woorde uit wat die meeste van ons seker baie laat nadink.

 

“Moenie dink dat Ek gekom het om vrede op die aarde te bring nie. Ek het nie gekom om vrede te bring nie, maar die swaard. Want Ek het gekom om tweedrag te verwek tussen ’n man en sy vader, en tussen ’n dogter en haar moeder, en ’n skoondogter en haar skoonmoeder. En ’n mens se huisgenote sal sy vyande wees. Wie vader of moeder bo My liefhet, is My nie waardig nie; en wie seun of dogter bo My liefhet, is My nie waardig nie. En wie sy kruis nie neem en agter My volg nie, is My nie waardig nie.”

Het Hy dan nie gekom om vrede op aarde te bring nie? Hoe dan gemaak met die woorde in Luk. 2:14? “Eer aan God in die hoogste hemele en vrede op aarde, in die mense 'n welbehae!” Is Hy dan nie ’n God van vrede nie? “MAG die God van die vrede, wat die groot Herder van die skape, naamlik onse Here Jesus Christus, deur die bloed van die ewige testament uit die dode teruggebring het, julle volmaak in elke goeie werk, om sy wil te doen, deur in julle te werk Wat welbehaaglik is voor Hom deur Jesus Christus aan wie die heerlikheid toekom tot in alle ewigheid! Amen.” (Heb. 13:20&21).

 

Hierdie gedeeltes is beslis nie teenstrydig nie. Tewens, dit is hieruit duidelik dat Christus gestuur is om vrede op aarde te bring – vrede tussen God die Vader en mense. En omdat daar mense sal wees wat Hierdie vrede sal vind nadat hulle hul tot God bekeer het en daar ander is wat hierdie vrede sal verwerp en Hom weerstaan, sal daar ook vyandskap (die swaard) tussen mense ontstaan.

 

En dit is duidelik uit die woorde van Christus in Matthéüs 10 dat ons ter wille van hierdie vrede met God in hierdie lewe selfs verhoudings met geliefdes op die altaar moet plaas eerder as wat ons ter wille van hierdie verhoudings met geliefdes die vrede van God op die altaar moet plaas. Geliefdes, dít is hoe kosbaar en duursaam hierdie vrede tussen ons en God is. Onthou, hierdie vrede is nie maklik verkry nie – dit het die kosbare bloed van Sy geliefde Seun gekos om hierdie vrede vir ons met die Vader te kon bewerk. Dit is nie iets wat ons self kon bewerkstellig nie – niemand van ons nie. Hý alleen is die Een wat tussen ons en die Vader daardie vrede kon aanbring. “Want Hy is ons vrede, Hy wat albei een gemaak en die middelmuur van skeiding afgebreek het deurdat Hy in sy vlees die vyandskap tot niet gemaak het, naamlik die wet van gebooie wat in insettinge bestaan; sodat Hy, deur vrede te maak, die twee in Homself tot een nuwe mens kon skep en albei in een liggaam met God kon versoen deur die kruis, nadat Hy daaraan die vyandskap doodgemaak het.

 

En Hy het die evangelie van vrede kom verkondig aan julle wat ver was en aan die wat naby was; want deur Hom het ons albei die toegang deur een Gees tot die Vader.” (Efés. 2:14-18). Die evangelie wat Hy kom verkondig het, is nie een van vrede met die wêreld nie, maar van vrede met God. En hierdie twee vredesverbonde is uitsluitend van mekaar, geliefdes.

 

“Egbrekers en egbreeksters, weet julle nie dat die vriendskap van die wêreld vyandskap teen God is nie? Wie dan ‘n vriend van die wêreld wil wees, word ‘n vyand van God.” (Jak.4:4). En daarom sal hierdie vrede met God vir ons gedurig in konflik bring met die wêreld en diegene wat gehoorsaam geword het aan hierdie wêreld en sy begeerlikhede. En volgens Christus se eie woorde sal dit vir ons in hierdie wêreld ook soms verdrukking meebring. Maar laat ons goeie moed hou in die wete dat ons verdrukking in hierdie wêreld nie opweeg teen die heerlikheid van ’n ewige lewe in vrede met die God van die heelal nie.

“Mag genade en vrede vir julle vermeerder word deur die kennis van God en Jesus, onse Here!” (2 Pet. 1:2).

Amen.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie