Die Engelse se gekose beleid van een ding sê en dan ‘n ander ding doen, is besig om hom ten gronde te rig! Ons Afrikanervolk se ondervinding met die Britte kom van vêr af. Om die waarheid te sê, van voor die Groot trek tot vandag toe. Hulle het nooit verwag dat hulle huidige gekose Eerste minister, Keir Starmer, met sy eie mense sou werk asof hulle bloot net stemvee is en verder maar moet inval by wat hy dink vir hulle goed is.
Die leuenagtige wyse waarop hy met die Brexitbesluit agter hulle rug omgaan, het nou sy ware kleur na die oppervlak gedwing. Die feit dat hy na ‘n hewige teenkanting en skandalige uitset uit Downingstraat 10 onder begeleiding van twee polisiemanne, instede van te bedank, ‘n politieke omkeer gemaak het, dui daarop dat hy waarskynlik in iemand anders as in sy eie volk se belang optree.
Die Engelse se optrede na die Sandrivierkonvensie was vergelykbaar met Starmer se hantering van sy eie mense. Sê een ding, maar doen agter hulle rug die teenoorgestelde. Hierdie eens toonaangewende, magtige en op die oogaf, onoorwinlike volk, het nou die laagste vlak van Britse politieke leiersgeskiedenis in die internasionale arena bereik.

Dat geld, status en aansien primêr deel geword het van Brittanje se leiersfigure kan gesien word in ‘n onlangse berig oor ‘n voormalige Britse Eerste Minister, Tony Blair. Dit is betekenisvol as karaktersamestelling vir leierskap in aanmerking geneem word.
"We dont need ministers for higher education, we need higher education for ministers!" Aldus 'n Engelse grapjas.