1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9170861

Besoekers aanlyn

Ons het 59 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

WAAROM, WAAROM EN NOGMAALS WAAROM???

Waarom Waarom en nogmaals Waarom Picture2Waarom sou ‘n mens na ‘n oplossing soek vir ‘n saak wat suksesvol vir meer as 77 jaar bedryf was en uitgetroon het bo alle ander wat oor ‘n hele kontinent vir eeue lank beproef en telkens gefaal het? Bloot op sterkte van internasionale kritiek wat hulle ”bedenklike” metodes, wat nie met ons omstandigheid vergelykbaar is nie, as die aller oplossing voorgehou het? Of sou dit eerder wees as gevolg van ons kerkleiers wat mislei is in die teologiese fakulteite, waar met enkele klemverskuiwings teoloë die Lewende Woord met eie vertolkings laat saamstem het met die verwronge sienings van die Wêreldraad van kerke, die Kommunisme, die Humanisme, wat kulmineer het in die Beyers Naudé’s, Willie Jonkers, Johan Heynse, ens.

Waarom het die stroom van haat vanuit Brittanje wat die Afrikanervolk besmet het met leuens oor apartheid, ook daarin geslaag om verkose, eens sterk nasionaliste en op die oog af, gelowige politici na die moord op dr. Verwoerd, die nasionale pad laat byster raak? Was dit ongeloof, was dit vrees of was dit blote gebrek aan politieke standvastigheid wat saam met dr. Verwoerd gesneuwel het?

Waarom is daar, na die verloop van meer as dertig jaar se bewys van voorspelde gevolge wat ons land ten gronde sou rig indien die bewese suksesvolle beginselbeleid van meer as sewentig jaar vervang sou word, mense, Afrikaners wat met magsdeling in ‘n een-mens-een-stembenadering, steeds voortgang met die ondersteuning en instandhouding van ‘n grondwet wat ons land en ons volk wil vernietig?

 

Waarom is daar van ons eie Afrikanervolk betrokke by hierdie selfverterende en vernietigende beleidsrigting ten spyte van die sigbare gevolge waaroor daar vele waarskuwings was?

Waarom was by die skeuring van die Nasionale Party in 1969, toe hulle die mandaat wat hulle van die Afrikanervolk verkry, versaak het, die vyande van ons volk se beleid aanvaar het? Waarom het die meerderheid wat saam afgewyk het, hulle steeds vandag nog op daardie vernietigende pad bevind terwyl selfs die liberale Flip Buys al moes erken dat die gedeelte van ons volk wat op die gebaande weg gebly het, reg was?

 

Waarom is daar Afrikaners wat die DA, Afriforum, Solidariteit en die VF-Positief, wat almal die Godlose grondwet ondersteun, aanhang? Organisasies wat apartheid verwerp en met sinlose bestryding van die simptome van die beleidsafwyking, argumente vir die regverdiging daarvan probeer opwerp? Argumente en aksies wat vir die vryheid van die Afrikanervolk en ons erfgrond, absoluut niks beteken nie!!

Is die argument dat: “Hulle doen darem iets! Wat doen julle” regtig geldig? Is die wen van enkele hofsake, ‘n universiteit wat steeds onderhewig is aan geen diskriminasie van kleur, geslag taal, ras, godsdiens ens. Iets werd vir ons stryd om weer vry en onafhanklik as ‘n volk te kan wees? Waarom neem Afrikaners deel aan hierdie growwe en leë misleiding?

Verset teen ongeregtigheid is ‘n Bybelse beginsel? Om jou grense te verlê, om die verskeidenheid en geskeidenheid van die Skeppingsorde weer soos by die toring van Babel in ‘n Een-Wêreld-Regering te bevorder is ‘n teenstrydigheid! Die handhawing van identiteit is ‘n aanvaarding van die verband waarin ons Skepper jou geplaas het toe jy gebore is! Berusting en ywer binne daardie verband is jou roeping. Om verskillende en botsende kulture binne een regeringstelsel saam te bondel het nog nêrens in die wêreld geslaag nie en is ‘n metode van die duiwel om verdeeldheid te bewerk en ons Skepper se orde te beduiwel! Kyk om jou Afrikaner, kyk dan na agter. Besin en kyk dan vooruit na ons ewigheidsbestemming en besef dat ons orde, harmonie, veiligheid en onderlinge vrede benodig om ons geloof te versterk, ons land te ontwikkel waardeur ons ook vir ons buurlande van waarde kan wees soos wat Afsonderlike Ontwikkeling se oogmerk was!

Mag ons volk daartoe ontwaak!

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie