1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
6406276

Besoekers aanlyn

Ons het 23 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

DIE KOEKIEBLIK RAAK LEEG, MAAR DIE PENSIOENGELD IS NOG DAAR!

Die koekieblik is leegDit was in die jare tagtig en die Herstigte Nasionale Party was goed oppad om die Nasionale Party se grootste en dreigende opposisie te word. Daar was gesprek met dr. Connie Mulder om nie ‘n party te stig nie maar sy gewig by die HNP in te gooi. Daarvoor was hy nie te vinde nie en stig die NKP, Nasionale Konserwatiewe Party.

In 1982 breek 18 LV’s van die NP weg omdat die HNP daardie agtien setels in die 1981 verkiesing se meerderhede van die NP, dermate afgebring het dat hulle grenssetels geword en waarskynlik in die volgende verkiesing HNP setels sou word.

Die strategie was om ‘n opvangsgebied te skep vir die toenemende ongelukkigheid van Afrikaners met die koers van die NP en is die kop van Connie Mulder se Nasionale Konserwatiewe Party afgekap en het die Konserwatiewe Party ontstaan. Die tekens was duidelik maar vir die gewone kieser nie sigbaar nie. Die filosofie van perseptologie van professor Huntington van die Harvard Universiteit in die VSA, van sê wat die mense wil hoor maar doen wat jy wil, het die sinne verblind en verdoof!

Dr. Andries ReurnichtDit was John Bishop, ‘n radio omroeper wat die lig laat skyn het op die KP-beleid toe hy in ‘n onderhoud met dr. AP Treurnicht vir hom gevra het waarom die naam Konserwatiewe Party. Was dit dan nie nog altyd tradisie by die Afrikaner om altyd “Nasionaal” as voorvoegsel vir hulle partye te gebruik nie? Dr. Treurnicht se antwoord was dat Bishop nie sy beleid verstaan nie. My party is nie ‘n nasionalistiese party nie maar ‘n konserwatiewe party. Vir almal wat konserwatief is, Afrikaners, Engelse, Jode en ander, het dr. Treurnicht geantwoord.

Die pleitredes van die HNP dat daar nie nog partye gestig moes word nie maar dat die HNP versterk moes word, het op dowe ore geval! Nietemin het die HNP koersvas in die spore van dr. HF Verwoerd en die leiers voor hom geloop en gewaarsku dat die beleidsrigting van die NP op anargie en chaos afstuur en dat die NP gestuit moes word en in ‘n verkiesing gedwing moes word.

Ek onthou nog hoe Afrikanermense ons gespot het as ons waarsku dat die land vernietig gaan word. Dat infrastruktuur tot niet sal gaan. Dat ons uit ons werksplekke, skole en kerke verdring sal word. Dat wet en orde sal verval, dat hulle ons eiendomme, ons spaargeld en pensioene sal vat! Julle ry op die ossewa! Julle het ‘n laertrekmentaliteit! Julle hap na pap ensomeer!

Al daardie voorspellings en waarskuwings het nou waar geword. Ons staan nou al voor ons pensioene wat bedreig word. Mboweni sê: "It must not be about the public service pension but all pensions."

Is dit nou al vir sommige ongelowige Thomasse duidelik dat ons reg was en hulle verkeerd? Het die derduisende wreedaardige moorde, verkragtings en grootskaalse korruptiewe finansiële uitmergeling van ons persoonlike en landsbates al iewers grondgevat by die spotters van destyds? Wil julle nog aanhou om in ontkenning van julle foute, steeds agter die DA, die VF Positief, Solidariteit, Afriforum, TLU, Agri SA en diesulkes wat saampraat, wil saamwerk en saamleef, aanloop tot u die afgrond oor is? Waar wil u heen, Afrikaner? Hoe lank wil u hink op twee gedagtes?

Ons van die AVP staan nog steeds by dr. Malan, adv. Hans Strydom, dr. Hendrik French Verwoerd, Jaap en Willie Marais se beleid en ons wag op u. Wanneer die hele Afrikanervolk weer een van siel en een van sin is, sal ons weer bo uitkom. Hierdie land is óns land! Ons het dit uit die barmhartige en genadige Hand van God ontvang en daarmee gemors en laat mors!

Ons doel en strewe is om bymekaar te bring wat uit innerlike oortuiging bymekaar tuis hoort. U moet nie toelaat dat u identiteit opgaan in die reënboognasie nie! Ons soek oorlog met niemand nie. Ons kan mekaar egter net beskerm en bystaan wanneer ons eendragtig is in geloof, in samehorigheid en in politieke eensgesindheid! Ons het nie ‘n volkstaat nodig nie! Ons het die Republiek van Suid Afrika! Dít is ons land! Dít was nog altyd óns land en moet óns land bly! Daaroor mag ons nie met mekaar verskil nie!

Indien die Zoeloes, die Xhosas, die Swazis, die Vendas, die Basoetoes, die Tswanas en watter ander swart volk nog die mening toegedaan is dat hulle net so goed soos ons instaat is om ‘n land te regeer, laat hulle dit dan vir die wêreld wys in hulle eie lande! Aan die res van die wêreld wil ons sê, as julle die swart rasse wil ophef, doen dit dan in hulle eie lande en hou op om hulle op die Afrikanervolk se rug te probeer ophef ten koste van die Afrikanervolk!

Ons land is leeggesteel met behulp van die imperiale moondhede daar buite! Julle het ‘n aandeel in die bedreiging van ons mense se hardverdiende pensioene en beleggings in infrastruktuur. Deur getroue belasting voorsiening aan ‘n owerheid, wat nou ‘n klomp rampokkers is wat teer op wat nie aan hulle behoort nie, het die 1994 verraaierregering, saam met hulle internasionale bondgenote aan hierdie klomp diewe en rowers ‘n blanko tjek voorsien! Vir hierdie onregsal julle nog duur betaal!

BUDGET SPEECH 2020: MBOWENI SAYS USING PENSION FUNDS TO CUT ESKOM DEBT 'NOT A BAD IDEA'

By ANA Reporter Time of article published Feb 26, 2020

Parliament - Finance Minister Tito Mboweni on Wednesday said using pension fund savings administered by the Public Investment Corporation to slash state power utility Eskom's debt - as proposed by labour federation Cosatu - was not a bad idea to convert savings into equity, but added the measure should apply to the private sphere as well if implemented.

"It is not a bad idea actually but we must be very careful that we are not suggesting only public service workers pensions are to be used," he told a media briefing before tabling the 2020 national budget in Parliament.

"It must not be about the public service pension but all pensions."

Mboweni then appeared to turn the debate about shoring up Eskom back on the trade union movement by mooting more private sector involvement in the power utility, a sticking point for the Congress of South African Trade Unions, a key government ally.

"We are now at the idea that there can be private participation in Eskom and I think other ministers can look into that," he said. Cosatu wants to keep state-owned entities in state hands to ward off any job losses associated with private sector buy-in.

President Cyril Ramaphosa and public enterprises Minister Pravin Gordhan have responded favourably to Cosatu's proposal for the PIC to use funds from the Government Employees Pension Fund to cut Eskom's debt burden by R254 billion as the power utility struggles to produce enough electricity to keep the lights on while servicing its debt.

Mboweni had so far been silent on the idea, which is vehemently opposed by the official opposition.

In his budget speech, he said stabilising Eskom to end power shortages was the government's "number one task". "Government will do 'whatever it takes' to ensure a stable electricity supply," the Treasury chief told fellow members of parliament.

He confirmed that the state had allocated R230 billion over ten years to achieve the restructuring of the energy sector and said current electricity shortages which have forced a return to scheduled rolling blackouts would ease as Eskom completed critical maintenance work.

Wednesday's budget review cautioned that without intervention, the impact of outages and load-shedding would see a greater impact still on the economy in 2020 than the estimated 0.1 percent loss of GDP these caused in the forth quarter of 2019. In his briefing, Mboweni brushed off further questions on Eskom by calling it a "tired subject" his Cabinet colleagues had spoken on exhaustively.

African News Agency (ANA)

TITO MBOWENI

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie