1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
6406262

Besoekers aanlyn

Ons het 20 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

DIE DINOKENG KOMPLOT WEER AFGESTOF. HIERDIE KEER DEUR FREEK ROBINSON

Freek RobinsonDie AVP het onder die pen van Jas Stegman, al by verskeie geleenthede sedert 2009 breedvoerig geskryf oor hierdie dinokengding van saamwerk, saampraat, saamloop en die tyd wat dit gekoop het vir ons vyande. Tot nou toe het dit hulle net bemagtig om hulle greep op ons land te verstewig. Géén bydrae tot ons vryheidstryd maar slegs inherente erkenning dat die swart kommunistiese meerderheidsregime ‘n geldige aanspraak op ons land het!

Net ‘n ander naam vir die Idasakomplot met telkens nuwe rolspelers maar voortdurend uit Afrikanergeledere terwille van moontlike aanvaarding! Nou is dit Freek Robinson wat nadergesleep is om die enkele goedgelowige, maar afvallige Afrikaners te beïndruk. Die strekking steeds die van die Broederbond, FW Stigting, Solidariteit/Afroforum, DA, VF-Positiefdampkring se integrasiepolitiek. Die feit dat Maroela Media van Solidariteitfaam hierdie soort propaganda toelaat, is te verstaan vanweë hulle Solidariteitwortels.

Hier volg die meningstuk van Robinson soos deur Maroela Media gepubliseer met die uitreksels wat daarop volg soos wat voorheen op hierdie webwerf gepubliseer is om die sg. Dinkokeng inisiatief wat nou weer deur Robinson propageer word te ontmasker.

 

‘N MAATSKAPLIKE VERDRAG IS NODIG (Beklemtonings is alles van die AVP)

Deur Freek Robinson

Freek Robinson. (Foto: Verskaf)

As jy in ‘n gat is, hou op om te grawe, lui die gesegde.

Ons in hierdie land het reeds genoeg moeilikheid sonder dat ons deur onbesonne dade die gat dieper hoef te delf. Om ontsnaptoue uit ons situasie te span, sal ongelooflike toewyding, geduld, harde werk, verdraagsaamheid en nuwe denke vereis.

‘n Maatskaplike verdrag is nodig. Dis iets waaroor pres. Cyril Ramaphosa al dikwels gepraat het, maar nog nie mooi uitgespel het nie. ‘n Konsep-dokument daaroor is al in 2015 deur die Nasionale Beplanningskommissie gepubliseer as deel van die Nasionale Ontwikkelingsplan. Daar het toe dadels van gekom , deels weens die katastrofiese bewind van Jacob Zuma.

Die Maatskaplike Verdrag, oftewel Social Compact, kom daarop neer dat alle sektore en groepe van die samelewing plegtig moet ooreenkom dat hulle, ter wille van ontwikkeling en groter voordeel vir almal, vir ‘n bepaalde tyd opofferings sal maak. Dit moet gefundeer word op kernwaardes van die grondwet soos respek, empatie, verantwoordelikheid, gelykheid, regverdigheid en nierassigheid. ( Is dit ná meer as twintig jaar se sigbare onhaalbaarheid moontlik om só naïf te wees?AVP)

In hierdie artikel poog ek om ‘n beeld te skep van hoe so ‘n maatskaplike verdrag kan lyk. Ons sal eenvoudig nie ‘n vooruitstrewende ekonomie kan bou met ou oplossings nie. Op die minste is dit van kardinale belang dat ons op mensvlak meelewend moet leer saamleef. (???AVP)

In ‘n gesprek oor die naweek sê die vise-president van die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke, eerwaarde Frank Chikane, die koronavirus het almal in hulle verskanste hoekies laat terugtrek. (Genadiglik was sommige Afrikaners deur beginselvastheid verskans! AVP) Hy wys daarop dat elke krisis geleenthede skep. Hy glo dat veral die burgerlike samelewing, en die Afrikaner in die besonder, ’n leidende rol kan speel in die vestiging van ‘n maatskaplike verdrag. Maar hy betreur die verklaring van die FW de Klerkstigting dat apartheid nie so erg was nie. Daarmee het De Klerk nie net die egtheid van sy waagmoedige politieke optrede met die vrylating van Nelson Mandela en die ontbanning van die ANC verwater nie, maar homself ook uitgerangeer as ‘n huidige speler in die soeke na oplossings.

En dit bring ons terug na gatgrawery. ‘n Voorbeeld is Jana le Roux wat in die kykNET-reeks “Kwarantyn” verwys het na ‘n ”k*****pak”. Dit opsigself was hoogs ongelukkig, maar toe reageer haar man, Braam: “Ons wil ‘n nasie bou, maar daar glip goed uit en daar gebeur goed” Dit gebeur in elke huis. Dit skep die indruk dat alle Afrikaners sonder meer inherent rassisties is en nie kan help as iets daarvan so nou en dan deurglip nie. Dit herinner aan prof. Jonathan Jansen se boek The Knowledge in the Blood waarin hy suggereer dat die Afrikaner as’t ware geprogrammeer is om     rassisties te wees. ’n Israelse professor, Don Bar-On, het in sy soeke na die rede vir die Duitsers se wrewelrige haat teenoor die Jode gepraat van “the power of the kitchen table tales”. Dit verwys na die vergiftende gesprekke van gesinne diep in die binnekamer waar hulle siele deurdrenk word van vooroordeel. En soos Braam sê: “Daar glip goed uit”. (Robinson probeer vuur doodslaan maar gooi die hele tyd parafien!AVP)

En dis natuurlik in ‘n mate waar. Ek onthou nog hoe my ouma letterlik op haar sterfbed ‘n week by ons aan huis gebly het. Sy het vir my en my broer as jong kinders die vreeslikste stories vertel van die behandeling wat boerevroue en kinders in die Britse konsentrasiekampe gekry het. Tot vandag toe, meer as ‘n eeu later, het ek ietwat van ‘n hekel in Britte, veral as hulle hulle soos engele voordoen in vergelyking met die Afrikaner.   Dr. Braam Hanekom van die NG Kerk se Sentrum vir Publieke Getuienis doen uitstekende werk om mense in nood, soos Kaapse slagoffers van stormweer, onderdak te gee, maar hy werk ook met kenmekaar groepe op dorpe. Hy sê: “Dalk is die diepste vorm van rassisme dat jy dink jy verstaan, maar self nie besef dat jy glad nie verstaan nie”

Dit verg dus gedurige waaksaamheid oor dinge wat jy sê, maar ook ‘n toegewyde poging om my medeburger te leer verstaan en waardeer. Die Amerikaanse politieke wetenskaplike, prof. Robert Putnam, praat van “bridging and bonding”. Met ander woorde, mense moet nie net brue na mekaar bou nie, maar ook werklik aanklank probeer vind bymekaar. Dis wanneer daar so ‘n sterk basis van maatskaplike kapitaal is, ‘n land se ekonomie ook kan verbeter.

‘n Verteenwoordige burgerlike organisasie moet die projek van ‘n Maatskaplike Verdrag bestuur, maar ook gedurig konsulteer met die regering, sake-organisasies en vakbonde.

Die visie en waardes moet elke dag landwyd aan mense oorgedra word. Burgers moet die geleentheid kry om saam gesprek te voer. Soos daar in die geweldtyd voor die verkiesing van 1994 vredeskomitees oral in die land was, kan sulke plaaslike liggame opnuut gevestig word. Elke munisipaliteit kan as agent dien vir die bevordering van die verdrag.

Die Maatskaplike Verdrag kan met ’n plegtige verklaring begin deur elk. Dit word dan op ‘n webblad geregistreer. Dit kan iets wees soos:

Ek is ‘n trotse Suid-Afrikaner. (‘n Suid Afrikaner is ‘n kosmopolitaan, ‘n mens sonder identiteit, ‘n niks, ‘n vyand van sy eie en homself!AVP)

Ek verbind my om vir minstens drie jaar ‘n spesiale poging aan te wend om hierdie land ‘n beter plek te help maak vir almal.

Ek gaan meer bydra as wat ek eis.

Ek verbind my om die waardes van die grondwet te leef.

En dan moet elk invul wat hy/sy gaan doen. Byvoorbeeld: Ek gaan minstens vier ure per maand spesifiek ten bate van die gemeenskap aanwend, soos om vir bejaardes te gaan kuier in ‘n sorgsentrum, by ’n sopkombuis diens te doen of saam met bure gemors in ons straat op te tel; of, ek gaan een uur per week langer te werk sonder betaling.

Van die ondernemings wat deur die verskillende sektore oorweeg kan word, is: Werkgewers en die privaat sektor:

•Belê in die land

•Behandel werkers as mede-toekomsskeppers

•Versprei inkomste meer eweredig

•Skep te alle koste werk en beveg armoede

•Beveg korrupsie

Bevorder interne dialoog om verhoudings te verbeter

•Belê soveel moontlik in opleiding, vaardigheidsontwikkeling en internskappe.

Werkers en vakbonde:

•Beperk looneise tot die vlak van inflasie

•Wees produktief

•Verhoog vaardighede

•Geen beskadiging van eiendom of infrastruktuur tydens betogings of stakings nie.

Die staat:

•Beskerm elke burger

•Wees diensgerig

•Stel mense op meriete aan

•Hou elke amptenaar verantwoordbaar

•Vat korrupsie vas.

Die burgerlike samelewing:

•Help bevorder sinvolle dialoog tussen alle gemeenskappe

•Maak seker betogings ontaard nie in geweld nie

•Beveg korrupsie en misdaad in welke gedaante ook al.

Daar kan heelwat meer punte vir elke sektor uitgelig word.

Teen dié tyd is sommige lesers seker al warm onder die kraag omdat hulle meen ek versuim om die regering se mislukkings te noem, soos veiligheid op plase en onteiening sonder vergoeding. Dat ek die Afrikaner uitsonder vir straf. My antwoord is: Geen verfoeilike daad is te vergoeilik nie. Maar ek skryf nou vir my gemeenskap en glo, soos eerwaarde Chikane, dat die Afrikaner ‘n fundamentele rol te speel het om ons almal uit die verknorsingsgat te help kry.

Die afgelope weke het ek ‘n hele paar keer deelgeneem aan gesprekke van eenhede van die groter Solidariteit Beweging. Ek staan werklik verstom oor die omvang van die beweging se gemeenskapsdienslewering en die gehalte van jong werkers. Die beweging is ‘n voorbeeld van hoe strukture gevestig kan word om beslag te gee aan’n Maatskaplike Verdrag.

Ons kan nie toelaat dat ‘n donker toekoms ons oorval nie. Dit sal opofferings verg. Doen ons dit nie, is die prys van ekonomiese verval en konflik later soveel groter.

•Freek Robinson is ‘n televisie- en radiojoernalis met 45 jaar ervaring in die bedryf. Hy is die eienaar van sy eie kommunikasiemaatskappy wat webgesprekke fasiliteer en opleiding verskaf aan senior sakelui in mediavaardighede. Hy was tot onlangs die hoofanker van eNuus op kykNET en het ook sy eie aktualiteitsprogram, Robinson Regstreeks, aangebied.

Hierdie plasing is deur ‘n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

 

As daar by die AVP enige respek vir Robinson was, het hy dit met hierdie onsinnige saamloop, dinokengbenadering, in die ban gedoen! Die volgehoue pogings om die Afrikanervolk te laat afsien van Suid Afrika as sy eiendom en hulle te betrek by nasiebou onder die dekmantel van, hierdie keer ‘n maatskaplike verdrag, laat nie net sy spreewoordelike onderrok uithang nie, maar pas die “keiser is kaal” hom beter!

Die sotlikheid van aanhoudende pogings om ‘n volk te oorreed om betrokke te raak by die bewerking van sy eie ondergang, kan nie anders beskryf word as kranksinnigheid nie! Nie eers ‘n dowe of blinde mens is só doof en/of só blind nie!

 

Ek plaas enkele uittreksels om die geheue te verfris en die lig te laat skyn op waarmee die samesweerders nou weer en nog steeds besig is.

 

NASIONALISME DIE ENIGSTE OPLOSSING!

Gepubliseer op 03 Julie 2012 | Geskryf deur chris | Print | Email | Trefslae: 1328

Met Afrikanernasionalisme verfris vorentoe, reg vir die opdraand wat nou voorlê!

Maar dan herinner jy jou daaraan dat Solidariteit in die tyd toe Zuma aan bewind gekom het deel was van Dinokeng, 'n gonsgroep wat bestaan het uit al wat volksondergrawende organisasie is, die SA Kommunistiese Party ingesluit. Dinokeng beteken glo saamloop.

In die ou taal dus meelopers, kommunistiese meelopers, 'n skelduitdrukking waarmee geen ordentlike Afrikaner hom sou vereenselwig nie, selfs nie in John Vorster se tyd nie.

So is daar ook instellings vir georganiseerde Afrikanerlandbou.

Waarom hierdie organisasies nie hierdie sogenaamde Tweede Oorgang van Jacob Zuma luid en vir elke reggeaarde Afrikaner om te hoor verwerp het toe hulle verneem het die dokumentasie vir die ANC se Midrandse konferensie is na die rolperse onderweg nie, is eenvoudig onverklaarbaar.

Maar die geleentheid is nog nie heeltemal verby nie.

Hierdie organisasies, verfris julle self uit die watersakke van onverdunde Afrikanernasionalisme. So kan julle van julle verlore eer herwin. Of julle daarna nog vir die Afrikanervolk se vryheid van enige nut sal wees, dit sal egter eers gesien moet word.

Die AVP kyk na die opskrif van die berig oor die TLU Kongres,...

Gepubliseer op 18 September 2013 | Geskryf deur Redaksie | Print | Email | Trefslae: 1200

alt

VRIEND VAN DIE BOER??

... en bevestig ons siening dat die TLU, (Soos Agri sa) ‘N RONDE NUL BETEKEN VIR DIE VRYHEIDSTRYD VAN DIE AFRIKANER!

Die berig: TLU SA se jaarkongres vind plaas op 18 en 19 September 2013 (Woensdag en Donderdag), in Pretoria.

Reeds wat die tema betref, naamlik Groei saam, behoort die waarnemer te vra wát moet saam groei of wie moet saam groei.

As daar na veral die linkse Andrea Jeffery se optrede by die kongres gekyk word, hoort die vraag onmiddellik te ontstaan, wat maak 'n bekende linkse meningvormer, lid van die SA Instituut vir SA Rasse-Aangeleenthede (SAIRS), hoog op op die kandidatelyste van die Demokratiese Alliansie (DA) in die vorige verkiesing en ook verbonde aan FW de Klerk se stigting, daar? Jeffery van die SAIRS met sy Joodse bande, moontlik die afkeurendste uit behoudende Afrikaner-oogpunt bande met die Rothschild-pop, die Jood George Soros van die berugte Open Socviety en sy filiale? Of kyk ons te idealisties na die Afrikaner-boer? Het die deursneë Afrikaner-landbouer 'n DA-ondersteuner geword, dis nou as hy nie 'n ondersteuner van die ANC is nie? Het die gewone Afrikaner-boer oop-kop en liberaal geword? Of word hy so hulpeloos meegesleur deur die liberale stroom met hul liberale teenvoeters vir die ANC se Nasionale Demokratiese Rewolusie (NDR) dat hulle maar mee gaan? Saam loop, soos daar aan die begin van Jacob Zuma se bewind besluit is in die ontwikkeling van sogenaamde Dinokeng-scenarios. Destyds, in berigte oor Dinokeng, het die AVP op hierdie webwerf geskryf Dinokeng is net so giftig en ondergrawend vir die Afrikaner as die Idasa-komplot. Hierdie webwerf het toe Dinokeng inderdaad as 'n komplot bestempel

Die AVP het onder meer so daaroor berig: ‘n Groep van 35 mense, met Kallie Kriel van AfriForum prominent, het as deel van die sogenaamde “Dinokeng Scenario Team” vergader vir die ontleding van allerhande toekoms-scenarios vir die land (Dit was die eerste openbare geleentheid). 'n Ander lid van hierdie “team” is Graca Machel, nou metgesel van Nelson Mandela en weduwee van Mosambiek se gewese kommunistiese staatshoof Samora. Die scenario wat in die komplot voorgestaan word, staan bekend as een van “saamloop”, net ‘n ander woord of uitdrukking dat ‘n kommunistiese regime nie alleen as gegewe aanvaar word nie, die deelnemers word inderdaad aktiewe medewerkers in die uitvoering van die regime se programme of meelopers.

Dinokeng se sigbare borge is Ou Mutual, Nedbank en BHP Billiton, Teal en African Rainbow Minerals, almal geldmagspelers in die land.

Nog 'n gasspreker by die TLU SA-kongres is mnr. Schalk Pienaar van Agbiz, Agbiz die organisasie wat die meestal voormalige landbou-koöperasies saambind met die groot speler daar die Joodse sakekartel Tiger.

Wat kan Jeffery tog aan die boere van TLU SA sê wat die boere nie reeds weet nie. Wat kan sy sê oor die kommunistiese ANC se grondgrypplanne en oor Swart bemagtiging wat nie reeds ou nuus is nie. Van die vier gassprekers is dit dalk net prof. Johan Willemse wat die boere sinvol besig kan hou met sy insigte oor die landbou-ekonomie.

Dit is so al of die Afrikanervolk in die instansies vir sy georganiseerde bedryfslewe met 'n baie bepaalde resep gekonfronteer word en hy maar gedwing word om “binne die NSA-kassie te dink”. So kan daar byvoorbeeld ook vrae gestel word oor die gassprekers wat gewoonlik by die vakbond Solidariteit se kongresse optree.

Wat TLU SA betref het selfs comrade Piet Mulder, adjunk-kommissar vir landbou in Jacob Zuma se hoofsaaklik kommunistiese kabinet, te regs vir TLU SA geword. Hoe dink TLU SA sal dié organisasie ooit antwoorde op krisisvrae kry as hy sy ore uitleen vir mense soos Jeffery? Wat weet sy wat 'n doodgewone, volksgesinde politikus en meningsvormer nie weet en twintig jaar gelede voorspel het nie?

En moet nou nie dink dis sommer uit moedswilligheid dat daar so 'n skerp beoordeling van TLU SA se doen late na vore kom nie. TLU SA het, as na sy eie veroordelings in vorige standpunte gekyk word, al lankal die punt bereik dat hy nie net gesprekke met die kommunistiese regime behoort op te skort nie, hy hoort subiet nie aan mense en instansies wat voor die land se grondwet knieval platforms te bied nie. Want wat bring dit TLU SA en sy lede per slot van rekening in die sak?

DIE AVP SKYN LIG OP ‘N MUFKOL IN TLU

Gepubliseer op 24 September 2013 | Geskryf deur Redaksie | Print | Email | Trefslae: 1217

Alt 10 MEI 2010 HET ONS GESKRYF:

Die spreekwoord sê hoop beskaam nie, maar met georganiseerde landbou, gegewe sy afkeurenswaardige rekord, sal ongelukig gemaan moet word om verby hierdie geykte stelling te hou. So ‘n maand of wat gelede het Agri SA ‘n bloutjie met ‘n kommunistiese kommissar en die pandoer-hoof (Nathi Mthetwa en Bheki Cele) geloop wat nie ‘n veiligheidskonferensie bygewoon het nie. Gister was dit TLU SA se beurt om agter te kom wat die Zuma-regime eintlik van Wit georganiseerde landbou dink. Die Dagbestuur van TLU SA moes ‘n verklaring uitreik waarin hy met ernstige misnoeë kennis neem dat ’n geskeduleerde afspraak met die kommissar vir landbou Tina Joemat “nie kan voortgaan nie”. “TLU SA het bloot toevallig verneem dat sy na die buiteland is sonder om eers op behoorlike wyse kennis te gee dat die afspraak nie kan voortgaan nie,” lui die verklaring. Die hoop sal dalk weer beskaam? word gevra na aanleiding van die inleidende stelling. Die Afrikaner Volksparty (AVP) ken die binnewerkinge van TLU SA te goed om enige standpunt van hierdie organisasie vir sigwaarde te neem en soetkoek op te eet. Lees maar gerus die AVP se reaksie voorheen oor die TLU SA se doen en late elders op die webwerf.

Sentraal tot die AVP se afkeer is TLU SA se hartlike samewerking met die ANC-regime van die eerste dag dat hierdie regime amptelik die land regeer. Ons meen om spore van hierdie samewerking in die volgende stelling waar te neem (daar word later weer by hierdie stelling aangesluit): “TLU SA het tot dusver homself agteroor gebuig, selfs dikwels teen die uitdruklike sin van

sy lede in, om sinvolle gesprek met die owerheid te voer, ten einde probleme en perspektiewe op ‘n opbouende en ondersteunende wyse oor te dra aan die regering. Telkens is daar bepaalde beloftes en ondernemings, waarvan met verloop van tyd geen vordering te bespeur is nie.”

Voor ons by TLU SA se jongste teleurstelling stilstaan is dit nodig om na ‘n ander saak te verwys. Dit gaan oor TLU SA se dienswilligheid teenoor die geheime organisasie, die Afrikanerbond (AB). Ons kan ‘n bevestigng van hierdie samewerking so ‘n anderhalfjaar gelede gaan haal toe die VF Positief se woordvoerder oor landbou mnr. Werner Weber dit verwoord het. Maar wat sal die behoudende landbouwaarnemer doen as hy nou die naam van TLU SA se hoofbestuurder Bennie van Zyl op die AB se webwerf vind as een van die mense wat getaak is om in ‘n meeloperprojek met die kommunistiese regime saam te werk?

Ja, TLU SA en mnr. Van Zyl word daar genoem saam met Solidariteit/AfriForum as deel van ‘n herleefde Dinokeng-projek. In die eerste Dinokeng-projek is daar mos besluit op ‘n sogenaamde saamloop-opsie. (Wat is “saamloop” met die kommuniste anders as dat jy ‘n kommunistiese meeloper is, so 20 jaar gelede die grootste skande wat jy oor ‘n Afrikaner kon haal?)

Dit is teen hierdie agtergrond dan dat hierdie skrywe afgesit het oor allerhande voorbehoude oor hoop wat nie beskaam nie. Want daar het besmetting in die Afrikanerpolitiek gekom van hierdie mooi Bybelse gesegde toe dit gekontamineer geraak het met of lekkergeloof of onderkruipery of ondergrawing. “Die Dagbestuur het met groot moeite en teen groot koste vanoor die hele land na Pretoria gereis vir die afspraak, en almal was ontnugter om slegs ure voor die afspraak te moet verneem dat die ontmoeting nie meer sal plaasvind nie,” sê die president van TLU SA, mnr. Ben Marais.

“Dit was die tweede afspraak wat so gesneuwel het terwyl daar ernstige sake was wat bespreek moes word. Die feit dat die Minister eerder in die buiteland wil reis as om haar eie boere te woord te staan, begin vir ons al meer ’n aanduiding gee dat die Minister eerder die portefeulje van Buitelandse Sake behoort te beklee as landbou, want ons kry eenvoudig geen oor vir ons probleme en ook ons konstruktiewe voorstelle nie. Dit was juis oor optredes soos hierdie dat TLU SA ’n ope brief aan pres. Zuma geskryf het waarin ons gevra het vir ’n afspraak binne twee weke om dié en ander sake te kan bespreek. Die twee weke is byna verby en ons het nog nie eens ’n ontvangserkenning van die Presidensie gekry nie, en nou herhaal die geskiedenis homself.”

 

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie