1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
6406269

Besoekers aanlyn

Ons het 31 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

POLITIEKE KORREKTHEID

‘n Nie-rassige gemeenskap (homo replika genus non exista) is iets soos ‘n dierlose dieretuin.

Voordat iemand my beskuldig van ‘n samesweringsteorie wil ek dit stel dat “swart monopolistiese kapitaal” wat met die staatskapingsprojek gesteel is, ons land in ‘n doodsgreep van bankrotskap Klaas Waarseggergeplaas het. Ek sal seker vermaan word om dit polities korrek te stel as swart bemagtiging. u Sien, woorde moet so verdraai en gekies word sodat elke krimineel daarmee kan wegkom. Bell-Pottinger het die ANC-Plus goed onderrig hoe om te lieg en feite te verdraai vir propaganda doeleindes. Wat mens verbaas is dat die “vrye pers” mildelik tot die konkelaars se doelwitte bydra en dit bevorder. Grondroof word beskryf as grondhervorming, raskriteria word kwotastelsels genoem, blankheid is problematies, blanke benadeling is regstellende aksie ens. ens. Elke jakkals en wolf is aan die werk in die nuwe Suid-Afrika om die wêreld te vertel S.A. is allemansland. Elke dag hoor mens die witmens moet swartes “soen” om te versoen vir die ideaal van ‘n reën-bog-nasie.

Die onversoenbaarheid van kulture moet nou versoen word met ‘n Judaskus. Die waarheid moet ingeperk word met die leuen dat alles wel die aanvaarde is. ‘n Verbeelde “tussenin mensheid” moet sodoende geskep word waar rasse nie bestaan nie. Politieke korrekheid is die realm van ‘n skynwêreld. ‘n Voorbedagte metode van misleiding om ‘n Babelse samelewing ‘n aanvaarbaarheid te probeer gee. Dit is ‘n soort van brein amputasie waar genetika verwyder word uit die menslike wetenskap. Die leuen van een menslike ras word soos botter op op jou brood gesmeer om dit gladder te sluk.

Om ‘n graaf ‘n graaf te noem is rassities in ‘n multikulturele wêreld. Jy moet respek vir die duiwel hê, is die nuwe politiek korrekte evangelie. Die politiek korrektes sal vir jou vertel die swartste kraai is die witste voël in die wêreld, nie omdat hulle dit glo nie maar sodat jy dit moet glo. Sy bymotief moet gekamoefleer bly. Onder die vaandel van politieke korrektheid moet die witman beleef dat sy God onttroon word, sy helde onteer word, sy land gerysmier word, sy waardes ondeugsaam is en ewige waardes as verkramp voorgestel word.

Verbeel jou dit, die bevolking van Suid-Afrika is deur ‘n grondwet verklaar as ‘n nie-rassige gemeenskap (homo replika genus non exista). As u nie weet nie, dit is iets soos ‘n dierlose dieretuin. Nou wonder mens wat het die Instituut vir Rasse Aangeleenthede hulleself oor al die jare mee besig gehou. Politieke korrektheid beteken in wese om te sê wat jy nie bedoel nie en nie te bedoel wat jy sê nie. Die slotsom is: politieke korrektheid is nie korrek nie.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie