1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
6127847

Besoekers aanlyn

Ons het 36 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

DIE GESKIEDENIS ONTHOU VERRAAIERS EN VOLKSHELDE

30 Jaar het verloop sedert FW de Klerk op 2 Februarie 1990 sy sg. Rooi Vrydag toespraak gelewer het. Hy het die vrylating van die terroris Nelson Mandela aangekondig. Verder het hy aangekondig dat verbode organisasie soos die ANC, SAKP en PAC ontban word. Hy het ook aangekondig dat die regering met veelparty onderhandeling sou begin.

Kabinet 3Met hierdie Rooi Vrydag toespraak het hy ‘n streep getrek deur die vryheid van die Afrikanervolk in sy eie land. ‘n Vryheid wat met waagmoed en groot opofferings, ook met die bloed van baie volksgenote gekoop is oor ‘n tydperk van 350 jaar. Deur hierdie daad van verraad het hy en sy mede ruggraatlose politieke makkers die land sonder slag of stoot oorgegee aan ‘n bende terroriste en kommuniste en die Afrikanervolk daarmee in die grootste krisis van sy bestaan gedompel.

Die omvang van die verraad is duidelik sigbaar uit die geskiedenis. Toe die Afrikanervolk by bloedrivier deur ‘n oormag bedreig is. Na die wrede en barbaarse moorde by Bloukrans en Moordspruit het die Voortrekkers nie soos papbroeke strydloos oorgegee nie. Toe die Britse imperiale regering die Zuid Afrikaanse Republiek geannekseer het, het Paul Kruger, Piet Joubert ens. die onreg nie aanvaar nie maar is dit met moed en daad ongedaan gemaak deur dapper Afrikanerkrygers tydens die slag van Amajuba in 1881. Toe die magtige Britse regering die vryheid van die Boererepublieke in 1899 bedreig het, het die Boerepresidente, Paul Kruger en M.T. Steyn, nie soos lafharte gekaputileer nie maar het die Afrikanervolk sy land, soewereniteit en Pres Steynvryheid met moed en eer verdedig tydens die 3 jarige Anglo-Boere oorlog. Regoor die wêreld is die Boerevolk geëer en bewonder vir sy beginselvastheid, vaderlands liefde en heldedom.

Die kontras tussen die optrede van die manne en vroue van die verlede en die papbroekige volksverraaiers van 1990 is verstommend. Die politieke kabaal van FW de Klerk en sy mede politieke verraaiers is ‘n skandvlek op herrineringe aan die Voortrekker manne, vroue en kinders wat by Bloukrans en Moordspruit gesterf het. Dit is ‘n skandvlek op die grafte van die dapper manne van Majuba en van die Tweede Vryheidsoorlog. ‘n Skandvlek op die nagedagtenis van die 27,000 vroue en kinders wat in die Britse konsentrasiekampe gesterf het.

FW de Klerk, Pik Botha, Roelf Meyer en al hulle meelopers sal tot in die verre toekoms nooit vergeet word nie. Hulle sal onthou word nie vir hulle mannemoed en opoffering vir hulle volk en mense nie maar hulle sal onthou word vir hulle leuens en bedrieglike politieke oorgawe aan ‘n Marxisties-kommunistiese bende barbare. Hulle sal onthou word vir die eerlose prysgawe van ons duur gekoopte vryheid en vaderland.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie