1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
5676215

Besoekers aanlyn

Ons het 61 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

HOE BEPAAL JY AGTERUITGANG VAN JOU BREINFUNKSIE?

BreinfunksieIn mediese terme is daar waarskynlik ‘n hele reeks akademiese benamings om die oorsake vir wanfunksie van die brein te verduidelik wat, hoe meer geleerd klink, hoe veeleisender op jou swaarverdiende inkomste sal aanspraak maak.

As daar egter uitdruklik aan jou verduidelik is dat as jy ‘n bepaalde besluit neem, dit jou nadelig gaan raak, en jy dan desnieteenstaande daardie besluit neem, die voorspelde gevolge soos ‘n digte mis sigbaar op jou afkom en dit jou oorweldig, en as jy dan nog glo dat jou besluit reg was, moet jy baie naby aan breinloos wees!

Wanneer jy vanweë ‘n meerderheidsbesluit tog in so ‘n digte mis beland en jy oortuig kan word dat dit tog moontlik is om deur deelname met die meerderheid, die reeds ontwikkelde katastrofe sal kan herstel en/of afweer, is dit reeds ‘n duidelike teken van agteruitgang van die breinfunksie.

Voel voel in digte mis 2Indien jy vir 25 jaar binne dié dampkring van verval steeds voel voel binne hierdie digte mis rondtas, en opgewonde raak wanneer daar nou en dan ‘n ligkolletjie verskyn, wat in elk geval gou weer deur die donkerte verswelg word, is jy reeds terminaal siek en bestaan die gevaar van akute besmetting van mense rondom jou.

Waarom sou ‘n Afrikaner uit vrees vir die etiket van rassisme, integrasie aanvaar en hom verbeel dat daarin oplossing moontlik is? Waarom sou ons bly rittereer vir elke vals aantyging en aansprake van ‘n onbeholpe en onbevoegde spul rowers wat lieg en bedrieg, wat moor en verkrag, wat brand en breek en dan deur die stelsel waarvoor sommige van ons gestem het, nog beskerm word?? Het ons dan geen geloof, geen selfrespek, geen moed en geen verstand meer oor nie?

Soweto skuld R18 miljard aan Eskom en ons moet elke dag hoor hoe Eskom sukkel en hoe hy sy tarriewe sal moet aanpas om sy deure oop te hou? Van 17 miljard het dit slegs 6 maande geneem om na 18 miljard op te skuif! In Alexandra is die tweede substasie afgebrand en dan gooi hulle klippe en brand as daar nie krag is nie.

Op die Kaapse vlakte moet die weermag ontplooi word ommdat die SAP nie instaat is om wet en orde te handhaaf nie. Dan word berig dat die rede vir die vertraging vir ontplooiing van die weermag is omdat hulle nie geld het nie en daarby ook nie weet wat om te doen omdat hulle nie daarvoor opgelei is nie.

Intussen stu die gedruis om grond te onteien sonder vergoeding onbeheersd voort en word ons blankes daagliks geroof en vermoor! Dan moet ons elke dag in die media verneem dat diégene wat hierdie besluite geneem het en die Afrikanervolk met onderduimse politieke vuilspel uitoorlê het, vrede bewerk het teenoor die “bloedbad” wat hulle afgeweer het.

Vir dié Afrikaners wie se breinfunksie nog nugter gebly het omdat dieselfde beginsels wat ons sedert 1948 tot en met 6 September 1966 die Republiek van Suid Afrika die toonaangewer in Afrika gemaak het, nog steeds vir jou die riglyn is waarop ons ons land moet terugneem en weer opbou, Kom laat ons laertrek! Die tyd is naby! Kom saam met ons in verset teen hierdie onheiligheid wat ons daagliks moet aanskou en beleef. Kom ons sit skouer aan die wiel oor die dinge waaroor ons saamstem, die gemeenskaplikhede waarin ons kan en moet kragte bymekaar sit.

Laat ons u kontakbesonderhede kry sodat ons met u kan skakel vir ‘n beraad wat ons beplan. Ons kontakbesonderhede is op die AVP webblad beskikbaar.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie