1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
5799053

Besoekers aanlyn

Ons het 35 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Kongres Banier 2 2019

Afrikaner

BY DIE ENT VAN DE KLERK SE REËNBOOG

Klaas WaarseggerBy die ent van dié reenboog lê daar ‘n pot. ‘n Pot met ontlasting van ‘n mistasting, en die groen gras groei daarom. Volgens de Klerk is dit waar hemel en aarde bymekaar sou kom. Hy het gedink dat niemand ooit agter die waarheid sou kom. Ongelukkig het die Guptas vir nr. 1 gevra hoé om daar te kom. Die goud is gesteel en dit het die land suur bekom. Nou weet almal wat bedoel was met hemel en aarde in Reënboogland. ‘n Pot ontlasting vir ieder en elk se mistasting.

Nou vra jy my hoe tweederde aan valse waarhede kon glo. My vriend, ontmoet sommige van gister en vandag se politici.

Aan die einde van die reenboog

 

Hulle lieg, bedrieg. Verdraai, verdoesel, verduister, steel en verwoes jou lewe. As jy jou kom kry, het jy jou land verloor. Al wat oorbly is ‘n reënboog tussen êrens en nêrens. Wat verwag jy nou eintlik? Die parlement is gelaai met potensiële tronkvoëls, sangomas, rassiste, psigopate, Xenofobe, narciste, akrobate, narre en skobbejakke. Hulle skaterlag en giggel onbeheersd oor die reënboog en die pot. As hulle uitgevang word herroep en ontplooi hulle hulself, “regstellend”. Altyd ‘n klomp kaf waarom adder vir otter gepik het.

President numero uno is ‘n onwaardige mens. Sy dwelmdenke is onverkwiklik verweef in skisofrenie, supernovas en die kleurspektrum van ontploffings.. hy het nou bevind ‘n mens kan nie aan ‘n reënboog vashou nie, nou gryp hy ‘n bietjie hoër op ... die heelal en verder tussen hemel en hel. Die oranje blanje blou is huidiglik in veilige bewaring danksy de Klerk. Konsternasie op die stasie my basie. Ek dink dit was ‘n bom!

My vriend, in ‘n neutedop, ter wille van spasie, tussen êrens en nêrens, het dié reënboog gestalte gekry. Vorster se détante, (‘n Maori of twee), P.W. se driekamer parlement (net een stel toilette om mis te tas) en F.W. se onnasionale reënboog, met of sonder pot. (waar swart en wit bloot teoreties is), vertel die storie. Wat agterna gebeur het, het jyself ervaar. Kom ons praat nou sinvol oor die toy-toy, koi-koi, die san en die nuwe mfecane. (etniese suiwering). ‘n Geknelde land in verskrikking! Die reënboog het sy glans verloor. Net die pot bly staan en hý, my vrien loop lankal oor!

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie