1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
5676129

Besoekers aanlyn

Ons het 73 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

REDDING VIR DIE AFRIKANERVOLK?

REFERAAT DEUR DR. A. HERTZOG OP DIE EKONOMIESE VOLKSKONGRES 3 TOT 5 OKTOBER 1939 IN BLOEMFONTEIN

Dr. Albert Hertzog oproep tot die strydDit is my 'n groot voorreg om vandag hier voor u te mag optree.

Terwyl ons hierdie verrigtings van die kongres by-gewoon het, moes daar by ons almal die vraag ontstaan het: ons is byeen as 'n reddingsdaadkongres; ons wil red; maar wie is dit wat ons wil red? Wil ons onsself red ... Ons wat hier sit... ons wat die welgestelde gedeelte van die Afrikanervolk verteenwoordig ..., of wil ons daardie massa van ons volk red, die meerderheid van ons nasie, wat in ellende en in onreg ondergaan?

Dit is my 'n voorreg om namens daardie groot gedeelte, wat veronreg word, in belang voor u op te tree, daardie gedeelte van ons volk, die grootste gedeelte, wat in die verlede deur ons vergeet is, en wat vandag die verlore stam van die Afrikanernasie uitmaak.

  1. Werkers hoofsaaklik Afrikaners:

Die grootste gedeelte van die Afrikanernasie is vandag werkers, maar hulle is nie net werkers nie, hulle is ook vandag werkers wat vasgetrek is in groot bestaande organisasies, „Trade Unions", of „vakverenigings", soos dit genoem word. As u die Afrikanervolk wil red, dan is dit daardie mense wat u moet red, want hulle maak vandag reeds die grootste gedeelte van ons volk uit. Die Afrikaners is vandag hoofsaaklik werkers, maar dan ook is die werkers van Suid-Afrika hoofsaaklik Afrikaners.

  1. Werkgewers hoofsaaklik vreemdelinge:

Teenoor die feit dat die werkers hoofsaaklik Afrikaners is, staan die eienaardige feit dat die kapitalistiese werkgewers van Suid-Afrika hoofsaaklik vreemdelinge is.

Werkgewers ly aan die gewone sielkunde van elke werkgewer, naamlik om uit sy werkers te haal soveel as wat hy kan, en om aan die werkers te gee so min as wat moontlik is.

Hierdie toestand word vandag in Suid-Afrika vererger deur die feit dat jou werkgewer daardie menslike simpatie wat saamgaan met volksbande, mis, want hy staan as vreemdeling teenoor die Afrikanerwerker. In Suid-Afrika tref ons die eienaardige verskynsel dat die baas 'n man is van een volk, die werker 'n man is van 'n ander volk. Die harteloosheid van die uitbuiting van die Afrikanerwerker in Suid-Afrika word hierdeur verskerp. Hoe swakker en magteloser daardie werker is, hoe harteloser is daardie proses van uitmergeling.

3. Meisies in fabrieke:

Wanneer ons kom tot daardie bedrywe waar mei-sies werk, meisies wat reeds van natuur swak en van vrees bevange is, soos in die meeste klerefabrieke en lekkergoedfabrieke in ons land, dan vind ons daar dikwels 'n erbarmlike toestand van sake. Baie van daardie meisies ontvang lone waarop hulle onmoontlik kan bestaan.

Laat my toe om vir u 'n voorbeeld te noem uit die lewe van die klerewerksters. Meeste van daardie meisies begin met 'n loon van £1 per week en geleidelik ontvang hulle meer totdat hulle na ongeveer drie jaar 'n skaal van sowat £2/10/- kan bereik. Maar so stremmend en senuweespannend is die werk dat daar betreklik min van hulle is wat die maksimum ontvang omdat jaarliks 'n groot aantal van hulle uit die fabrieke moet tree as gevolg van die senuvernietigende werk.

Vooraanstaande werkers beweer dat gemiddeld een-derde van die meisies elke jaar moet uitstap. Van hierdie loon wat hulle ontvang, word ook nog uniegelde (ledegeld van die vakverenigings), siekefondsgelde, ens. afgetrek, sodat die meisies wat net £1 per week verdien in werklikheid maar net 17/11 per week ontvang.

Op hierdie 17/11 moet hulle hullesself onderhou, en moet hulle ook nog dikwels help om 'n sieklike vader of 'n weduweemoeder, of broertjies en sussies te onderhou.

U kan verstaan dat daardie dogter noodgedwonge ondervoed is, of soos ons dit in plat Afrikaans uitdruk, dat hulle verhonger.

4. By die Eeufees:

Mag ek 'n tafereeltjie voor u ophang.

Ons wat hier is, is almal taamlik welvarend. Ons het verlede jaar saam Eeufees gevier by die Voortrekkermonument. Maar wie van ons het besef wat aangegaan het skaars twee honderd tree weg vanwaar ons gestaan het by die hoeksteenlegging?

'n Groot aantal van die dogters van die klerefabrieke was van die Rand oorgebring om saam met ons hulle voorouers te vereer. Onder by die voet van die bult was hulle by hulle tente afgelaai. Toe die oomblik aanbreek dat die hoeksteen gelê moes word, het hulle ook almal opgestaan om aan daardie plegtigheid deel te neem. In die eerste tien minute wat hulle daardie bultjie opgestap het, het 75 van hulle, die een na die ander, inmekaar gestort, en moes die Rooi Kruis en Eerste Hulp toesnel en hulle vandaar wegdra.

Elkeen van hulle was deur die dokters ondersoek en in elke geval was die diagnose gewees: „sy is ondervoed", so ondervoed dat sy nie meer die krag gehad het om net 'n paar honderd tree teen daardie bultjie uit te loop nie.

Dit is die toestand waarin baie van ons dogters in die klerefabrieke verkeer.

5. Veertig persent van die bevolking ondervoed:

Mag ek u hier herinner aan die berekening van deskundiges dat 40 persent van die Afrikanerkinders in Suid-Afrika ondervoed is. Veertig persent van die kinders beteken 40 persent van die families. Veertig persent van die families van ons land is ondervoed en daardie ondervoede families is meestal Afrikaners.

Veertig persent van die Afrikanerfamilies van ons land het nie eens genoeg om hulle liggame behoorlik te kan voed nie.

6. Redding:

Ons praat vandag van redding. Dit is hierdie mense wat gered moet word. Aan hulle moet ons die reddende hand van ons volk uitsteek. Dis nie ander mense nie, dit is hulle.

7. Net een werklike redding:

Daar is net een manier om hierdie mense te red. Dit is nie om aan hulle aalmoese te gee nie, dit is nie om liefdadigheid aan hulle te betoon nie. Aalmoese en liefdadigheid is geen redding nie!

Die enigste redding van daardie mense is om te sorg dat hulle goeie verdienste kan kry. Alleen as u sorg dat hulle verdienste het waarop hulle goed en redelik kan bestaan, alleen dan kan u praat van redding. Dan ook sal liefdadigheid nie meer nodig wees nie, want dan het u hulle werklik gered.

8. Voorwerpe van verryking:

Vandag is die werker die voorwerp waardeur die hartelose baas hom verryk. Terwyl die Afrikanerdogters besig is om onder te gaan, vergaar die meeste vreemde base groot skatte, skatte wat afkomstig is van die arbeid van daardie dogters.

As u in u verbeelding met my langs die strate van Germiston wandel, sal u groot pragtige fabrieke sien, in sommige gevalle die eiendom van vreemdelinge wat tien jaar of meer gelede bottels langs die strate opgekoop het. Vandag het daardie vreemdelinge ryk geword op die krag van die Afrikanerdogter, en het daardie dogter nie net self arm gebly nie, maar ook geestelik en liggaamlik agteruit gegaan.

9. Redding — Afrikanerfabrieke

Die eerste weg om hierdie verryking van die baas teen te gaan, is deur die wyse wat reeds hier op die kongres aangetoon is deur die voorstel van mnr. M. S. Louw om dit moontlik te maak vir Afrikaners om fabrieke op te rig en dan die base van die fabrieke te word. Dit is die voorstel dat die Afrikaner werkgewer moet word en nie maar net die vreemdeling nie, want dan sal die Afrikanerwerkgewer meer genadig wees teenoor die dogter in sy diens en sal daardie werkgewer die dogters van sy volk ophelp in plaas dat hy hulle die afgrond indruk.

Hierdie voorstel is 'n voorstel wat ongetwyfeld baie sal meehelp in die oplossing van die toestande. Maar ons mag die betekenis van hierdie voorstel nie oorskat nie. Op hierdie wyse sal die probleem dan nie blywend opgelos kan word nie.

Ons weet van baie bedrywe en fabrieke waar die Afrikaners base is en waar die toestande van die werker niks beter is as by die vreemdeling nie, waar die werker net so swak behandel word en net so uitgebuit word as by vreemdelinge.

10. Redding en organisering:

Daar is net een beproefde manier waardeur ons die werkers kan beskerm en aan hulle hulle regmatige aandeel in die winste van die land kan gee, en dit is deur hulle te organiseer in organisasies wat hulle ekonomiese belange sal behartig, organisasies wat bekend staan onder die naam van vakverenigings of Trade Unions.

Die swakheid van die enkele werker word hierdeur verander tot die krag van die baie. Deur hulle gesamentlike optrede kan die werkers vir hulleself 'n redelike bestaan verseker en hulleself beskerm teen die uitbuiting van die baas.

11. Vakverenigings:

Oral om ons in byna elke bedryf is die werkers reeds georganiseer in groot organisasies. Byna elke Afrikaner wat na die stad gaan om sy brood in die een of ander bedryf te verdien, word vandag genoop om hom aan bestaande organisasies te onderwerp. Om ons heen het ons 'n magtige bestaande masjinerie van vakverenigings en daarin word die Afrikanerwerkers Vandag vasgetrek, of hy wil of nie. Hulle is nie net 'n paar nie, hulle is vandag minstens die helfte van ons volk.

Laat my toe om aan u 'n kort berekening uit die laaste beskikbare syfers, die van 1937, voor te lê. In 1937 was die lede van die vakverenigings reeds 223,537.

Volgens die bewindvoerders van hierdie vakverenigings was minstens 80 persent Afrikaanssprekendes — d.w.s. 186,830 was Afrikaanssprekende vakbondlede.

As ons nou daardie getal met een-derde verminder ten einde ruim voorsiening te maak vir moontlike foutiewe berekenings deur die outoriteite ens., dan beteken dit dat die Afrikaanssprekendes wat vandag lede van vakverenigings is, minstens 124,553 is.

As u onthou dat hierdie mense in die reël die broodwinners van die families is, en dan, laag bereken, aanneem dat elke familie slegs uit vier persone bestaan, en u vermenigvuldig hierdie getal Afrikaners met vier (ten einde vas te stel watter deel van die Afrikanervolk deur die vakverenigings verteenwoordig word), dan vind u dat die vakverenigings vandag reeds meer as 498,212 (byna 500,000) Afrikaners verteenwoordig.

Die helfte van ons nasie is dus nie net werkers nie, maar werkers wat reeds vandag in daardie groot en magtige vakverenigings vasgetrek is.

As u die Afrikanervolk wil red, dan is dit hulle wat u moet red, hulle, wat die werkers van Suid-Afrika uitmaak, en hulle wat vir die grootste gedeelte Afrikaners is.

12. Vernietiging van die Afrikanerdom:

Hierdie magtige bestaande vakbondmasjinerie word vandag dikwels vir 'n groot gedeelte so gebruik dat die Afrkaner nie tot sy reg kan kom nie, maar verder vernietig word, geestelik ten gronde gerig word, en ekonomies aan die genade van die vreemde baas oorhandig word.

13. Vakverenigings — Sekretarisse:

Laat my toe om u te herinner aan die wyse waarop hierdie vakbondmasjinerie inmekaar sit.

Elke vakvereniging word teoreties beheer deur 'n „bestuur", en op daardie „bestuur" word dan ook baie dikwels Afrikaners aangetref, wat aan die lede van die vakverenigings voorgehou word as die beheerders van die vakbonde. Die „bestuur" van die vakvereniging is egter nie in die praktyk die werklike mag in die vakvereniging nie. Die mag in die vakbond is meesal die persoon met die eenvoudige naam van „Sekretaris". Hierdie sekretaris is die man wat nie alleen meesal beskik oor die organisasie en die fondse van die organisasie nie, maar wat prakties baie dikwels ook beskik oor die lewensbestaan van die Afrikanerwerker in die vakverenigings.

In 1937 was daar 155 vakverenigings. Van hulle het ons 118 kon nagaan en toe blyk dit dat uit daardie 118 daar nie minder as 100 was waarvan die sekretarisse vreemdelinge was nie, persone wat die Afrikanerdom bitter vyandiggesind is, terwyl 80 persent van die gewone lede van die vakverenigings Afrikaners is!

14. Leiers, volksvyande:

Daardie deel van die Afrikanervolk wat die swakste en dikwels die hulpeloosste is, het as sogenoemde kampvegters, vreemdelinge en volksvyande gekry. Watter belang kan hierdie vreemdelinge in die lotgevalle van die Afrikaner hê?

Menslikerwys kan mens nie verwag dat hierdie vreemdeling werklik die belang van die werker diep op sy hart kan dra nie, en daarom kan mens ook besef waarom die toestande van die Afrikanerwerkers dikwels so ellendig is.

Dit sou treurig wees indien dit waar moet wees dat die Afrikaner onbevoeg is om die belange van sy verontregte mede-Afrikaner te beskerm en dat oorsese vreemdelinge daarvoor nodig sou moet wees.

15. Klerefabrieke — Comrade Solly Sachs:

Laat my toe om 'n voorbeeld aan te haal. Aan die Rand moet al die meisies wat in klerefabrieke werk by die Garment Workers Union aansluit en hulle aan hierdie vereniging onderwerp waarvan die sekretaris 'n Russiese Jood is, 'n kommunis met die naam van Solly Sachs. Dit is die man wat die belange van die Afrikanerwerksters moet beskerm teenoor die base van ons klerefabrieke wat ook grootliks Jóde is. As mens hierdie feit onthou, dan is dit nie eienaardig dat die toestand van die meisies aan die Rand (waar Solly Sachs heerskappy voer) niks beter is nie, miskien eerder slegter, as die tóestande van die meisies in die klerefabrieke van Port Elizabeth waar hulle nie comrade Solly Sachs het om hulle belange te beskerm nie.

16. Eiebelange van Sekretaris:

Al kan meeste van die sekretarisse menslikerwys gesproke geen werklike belang in die werkers hê nie, het hulle in sekere mate 'n persoonlike belang in dievakvereniginge, want die pos sekretaris is goeie finansiële poste, bronne van goeie inkomste.

Uit baie betroubare bron verneem ons dat die inkomste van Solly Sachs (salaris plus bykomende inkomste) ongeveer £1,300 per jaar beloop en dat die van Charles Harris (alias Tabacowitz) die gewese sekretaris van die mynwerkers, minstens £2,500 per jaar was.

Mens kan dus verstaan dat die meeste vreemde sekretarisse nie graag hierdie goedbetaalde poste wil verloor nie. In hierdie menslike strewe van die meeste van hulle om hulle eie posisies te behou, vind hulle bondgenote in die vreemde kapitalistiese base, want die kapitalistiese base het ook weer daarby belang om iemand as sekretaris van die vakverenigings te hê wat simpatiek teenoor hulle kan staan. Hand aan hand moet die uitlanderkapitalis en die meeste uitlandersekretarisse met mekaar saamwerk.

17. Belang van die kapitalis:

Die kapitalis het 'n belang daarin om die „regte" sekretaris in 'n vakvereniging te hê.

Ek sal u sê waarom. Die grootste koste vir die baas in die meeste bedrywe is gewoonlik sy loonrekening. Hoe groter die lone van die werkers, hoe kleiner die profyt van die kapitalis. Die werkgewers het dus 'n belang om die loon van die werkers so laag as moontlik te hou, en het dus belang daarby om persone te kry wat hy kan beïnvloed om te help dat sy werkers nie hoër lone „onnodig" moet eis nie. En die uitlander-sekretaris, veral as hy van daardie ras of geloof as die baas is, kan maklik deur die baas gehanteer word.

18. „Kooperasie" van kapitaliste en uitlandersekretarisse:

Aan die een kant vind ons dikwels dat die uitlandersekretaris 'n persoonlike belang het om sy eie posisie as „sekretaris" van die vakvereniging te beveilig en aan die ander kant vind ons weer dat die uitlanderbaas weer 'n persoonlike belang daarby het om iemand te kry wat hy dink maklik hanteer kan word om die werkers ,,stil en rustig" te hou sodat hulle nie ,,onnodig" verhogings in hulle lone sal vra nie.

Heel gou vind die uitlandersekretaris en die uitlanderkapitalis dus mekaar. Gou kom hulle tot 'n ooreenkoms wat die strekking het om mekaar se belange wedersyds te beskerm, en dan gaan die uitlandersekretaris en die uitlanderkapitalis 'n geskrewe ooreenkoms aan met die naam van die „Closed-shop".

19. „Closed-shop"-ooreenkoms:

Die uitlandersekretaris beloof volgens hierdie ooreenkoms om die werkers stil te hou, dat die werkers nie onbillike eise aan die base stel nie, en die uitlanderbaas, die kapitalis, beloof weer op sy beurt om die uitlandersekretaris in sy pos te beskerm. Laat my dit aan u verduidelik deur 'n voorbeeld.

Op 29 April 1937 het Charles Harris 'n ooreenkoms met die Kamer van Mynwese aangegaan. Die mynbase het gesien dat die Afrikanermynwerkers aan die Rand hulleself begin organiseer en hulle moes natuurlik gevrees het dat die Afrikanerwerkers nou, onder die leiding van die Afrikaners, beter voorwaardes van die Kamer sal eis. Die Kamer van Mynwese het toe feitlik die Afrikanerorganisasie onderdruk „discourage", soos hulle dit genoem het), en aan Harris die monopolie oor die Afrikaners gegee.

Die Kamer van Mynwese het beloof dat hulle „Shop" „closed" sal wees teen alle werkers wat nie behoort aan Harris se vereniging nie, en dat as Harris 'n man sou ontslaan uit sy vereniging, die Kamer van Mynwese daardie man sy verdienste sal ontneem, en boonop sal weier om hom in enige myn aan die Witwatersrand wat aan hulle behoort, weer werk te gee. Harris het plegtig onderneem dat hy sousorg dat daar geen ,,unrest" onder die mynwerkers sou ontstaan nie, of in die woorde van die kontrak (Art. 17 daarvan): „The recognised Unions undertake to discourage and prevent any actions of their officials and members which may have the effect of causing unrest."

Daarby kan mynbase besluit wat „unrest" is! In hulle eie woorde is alle sake „unrest", „which in the opinion of the manager is likely to cause unrest".

20. Voordelig vir Uitlander-sekretaris:

Hierdie samewerking met die uitlanderbaas is baie voordelig vir die uitlandersekretaris, want met behulp van die baas beskik die sekretaris nou oor die brood van die werkers. As hy wil kan hy enige lid wat teen hom opstaan, of wat vir hom 'n gevaar word, eenvoudig uit sy vereniging laat sit, en as hy dit doen, dan verloor daardie werker sy broodwinning, want dan word hy deur die baas ontslaan, en dan weier die baas om hom êrens aan die Rand weer werk te gee. Die ooreenkoms is dus baie voordelig vir die uitlandersekretaris wat nou al sy vyande met die dodelike mag van ontslag uit hulle betrekkings kan dreig.

Maar hierdie ooreenkoms is ook voordelig vir die baas, want nou het die baas iemand wat hy maklik kan dwing om sy werkers stil te hou, en kan hy rustig voortgaan en ongestoord sy winste insamel.

So word die Afrikanerwerkers in die praktyk van die industriële lewe tot slyk gemaak tussen die twee maalstene — die uitlanderkapitalis aan die een kant en die uitlandersekretaris aan die ander kant.

21. Geestelike verknegting van werkers:

Die sekretaris besef dat hulle ekonomiese vat op die werkers nie voldoende is nie, want as die werker nog geestelik Afrikaner bly en geestelik nog nie gebreek is nie, is die werkers nog 'n gevaar vir die heerskappy van daardie sekretarisse. Hulle besef dat dieAfrikanerwerkers wat nog nasietrots in hulle het, hulle nie sal onderwerp aan hierdie heerskappy van vreemdelinge nie, en daarom moet in die eerste plek alle nasiebewussyn by die Afrikanerwerker gebreek word, sy liefde vir sy volk, sy godsdiens, sy kleurgevoel, alles moet geleidelik uitgewis word, want die nasie-, sy godsdiens- en sy kleurgevoel is nasionale bolwerke in die weg van die uitlander.

Alleen as die uitlander dit alles vernietig het, sal die Afrikanerwerker 'n gedwee voorwerp word wat hom aan die leiding van die uitlander sal onderwerp. Daarom vind ons dat die meeste uitlandervakbondleiers stelselmatig besig is om die Afrikanervolk onder hulle invloed, geestelik tot op die grond af te breek, besig is om hierdie grootste gedeelte van ons volk stelselmatig weg te ruk van hul volk en hul God.

22. Redding:

As u daardie Afrikanervolk wil red, nie net uit sy ekonomiese knegskap nie, maar ook uit sy geestelike vernietiging, dan moet u die wurggreep van die uitlander op die keel van die Afrikanerwerker afslaan. Dan, alleen dan, sal u die Afrikaner van sy ondergang kan red.

23. Nou is die tyd:

Die tyd om hierdie vakbondmasjinerie vir die Afrikaner te wen, het nou aangebreek. Die oomblik is daar. Met die laaste depressie het die Afrikaners van die platteland by tienduisende die stede ingetrek om daar die werkers van ons land te word. Die boere wat op die platteland deur die depressie geruïneer is, wat daar arm gemaak is, moes na die stad om daar 'n nuwe bestaan te probeer maak. Hulle is mense wat vandag nog onbesoedeld is, onaangetas deur die geestelike vergiftiging wat in die meeste vakverenigings heers. Vandag is daardie manne gereed om die vakbondmasjinerie vir hulle volk te wen, as u hulle sal bystaan. Ons betree die vernietiging van die platteland se Afrikaner gedurende die laaste depressie maar uit daardie vernietiging sal waarskynlik die wederopstanding van die Afrikanervolk gebore word.

24. Finansiële mag ontketen:

Laat my toe om ten slotte op een ander sy van die saak te wys, naamlik op die finansiële konsekwensies vir ons volk van die verowering van die vakverenigings.

Elke lid van die vakverenigings betaal aan sy vakvereniging 'n sekere week- of maandgeld. Die arme meisies in die klerefabrieke met lae lone moet ses pennies per week betaal, en in baie vakbonde betaal die lede tien sjielings per maand. As ons nou aanneem dat vakbondlede maar net gemiddeld ses pennies per week betaal en ons onthou dat in 1937 daar 223,537 lede was, dan beteken dit dat die vakverenigings vandag jaarliks minstens 'n bedrag van £290,000 in ledegeld van werkers ontvang. Daardie geweldige bedrag word vandag grootliks gebruik teen die Afrikaner en vir die geestelike ondermyning van die Afrikaner.

As ons daarin slaag om die vakverenigings vir ons volk te wen, sal dit beteken dat elke jaar, jaar na jaar, 'n bedrag van minstens £290,000 bestee sal word nie vir die ondermyning van ons volk nie, maar in sy wederopbouing.

Niemand weet hoeveel die Reddingsdaadfonds een-dag sal bedra nie; miskien sal dit na jare van harde swoeg £100,000 beloop, miskien sal dit £200,000 bedra.

Deur die vakverenigings in diens van die Afrikanervolk te stel, sal dit nie alleen moontlik gemaak word om die Afrikanervolk te beskerm teen ekonomiese uitmergeling en uitbuiting nie; sal dit nie alleen moontlik wees om te sorg dat die Afrikanerwerker 'n billike aandeel sal kry in die rykdomme van hierdie groot erfstuk van sy voorouers nie, maar sal ons 'n jaarlikse finansiëlemag ontketen ten voordeel van die Afrikanerwerker, 'n bedrag wat miskien elke jaar groter sal wees as die hele Reddingsdaadfonds. .

In hierdie stryd om die werkers van ons land vir hulle volk te wen, kan geen offer te groot, geen prys te duur wees nie.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie