1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
5676141

Besoekers aanlyn

Ons het 89 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

ONS GESPREKKE MET GOD

BybelPrediker 5:1-19

WEES nie haastig met jou mond nie, en laat jou hart nie gou n woord uitbring voor die aangesig van God nie; want God is in die hemel, en jy op die aarde. Daarom moet jou woorde min wees. (:1).

Laat jou mond nie toe om op jou liggaam n sondeskuld te laai nie, en sê nie voor die gesant van God: Dit was n vergissing nie. Waarom moet God toornig word oor jou stem en die werk van jou hande verwoes? (:5).

Ons kan soms vinnig moedeloos raak en voel asof God nie na ons gebede luister nie. Ons voel maklik asof God nie vir ons omgee wanneer ons gebede onbeantwoord gelaat word nie. Maar beproef ons onsself dikwels genoeg om in oënskou te neem hoe ons gesprekke met God lyk? Ons is maklik om te dink dat God vir ons leer dat ons alles sal ontvang wat ons in gebed vra. En alles wat julle in die gebed vra, sal julle ontvang as julle glo. (Matt. 21:22). Ons vergeet egter ewe maklik die vermaning en lering dat ons ook verkeerd kan bid. Julle bid en julle ontvang nie, omdat julle verkeerd bid, om dit in julle welluste deur te bring. (Jak. 4:3).

Baie mense hou eenvoudig heeltemal op om te bid wanneer dit voel asof God nie na hul gebede luister nie. Dit is die verkeerde uitweg. God sal nie gebede onbeantwoord laat omdat Hy nie vir ons omgee nie. Wanneer God nie na ons gebede luister nie is dit vir ons n rede tot dringende selfondersoek waarom wil God nie Sy Aangesig tot my wend nie? Waarom stel Hy nie belang in dit wat ek op die hart het nie? Die HERE stel dit tog duidelik vir ons deur die mond van die profeet Jesaja waarom Hy soms nie na ons gebede luister nie. KYK, die hand van die HERE is nie te kort om te help nie, en sy oor is nie te swaar om te hoor nie; maar julle ongeregtighede het n skeidsmuur geword tussen julle en julle God, en julle sondes het sy aangesig vir julle verberg, sodat Hy nie hoor nie. (Jes. 59:1&2).

n Ander rede waarom ons vergeefs bid, is dat ons self menigmaal nie die nodige belangstelling toon in die sake wat ons tot God bring nie. Ons maak self nie regtig met n saak erns nie, maar verwag dat God daarmee erns moet maak. Ons bid maar net oor sekere sake omdat ons gebed vir ons gewoonte geraak het dit is maar nog n saak op my gebedslys. Dit is mos nie woorde van waarheid wat ons uitbring wanneer ons op so n wyse met God praat nie? Ps. 15:1&2:... wie mag vertoef in u tent? Wie mag woon op u heilige berg? Hy wat opreg wandel en geregtigheid doen, en wat met sy hart die waarheid spreek;. Die Here Jesus leer ook vir ons om nie ydel in ons gesprekke met God te wees nie. En as julle bid, gebruik nie n ydele herhaling van woorde soos die heidene nie, (Matt. 6:7).

Ons leer opnuut uit die woorde van Prediker 5 dat ons moet ag gee op die woorde wat uit ons mond gaan. Ons moet onthou met Wie ons te make het wanneer ons in gebed voor God stil raak. En ons behoort die nodige erns te maak met dit wat ons voor God se Aangesig uitspreek. Wanneer ons geloftes of ondernemings voor God maak, behoort ons dit ten uitvoer te bring. Wanneer ons God om hulp smeek, behoort ons in Sy krag en verlossing te glo. Ons is tog so geneig om oor n belangrike saak te bid en God om hulp te vra net om op te staan, om te draai, en ons eie oplossings te probeer vind. Dink ons ooit daaraan dat ons God met hierdie tipe van optrede teleurstel? Daardie optrede wat getuig dat ons twyfel in Sy vermoë om te help? Ons optrede lewer getuienis dat ons nie die nodige erns met God maak in ons gesprekke met Hom nie. n Persoon wat in opregte geloof n saak in God se hande gelê het, sal van God se Aangesig weg gaan met n vaste vertroue dat God op Sy tyd, op Sy wyse die saak sal hanteer en sal daarom met vrede in sy hart van God af weggaan.

Ek wil u vanoggend maan om opnuut erns te maak met u gesprekke met God. Dit is n wonderlike gawe wat God aan ons as gelowiges skenk om na hartelus in Sy heiligdom met ons gebede in te gaan laat ons hierdie gawe koester en gebruik om ons verhouding met ons hemelse Vader te versterk in plaas daarvan dat die verkeerde gebruik hiervan ons van Hom sal vervreem.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie