1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
5736036

Besoekers aanlyn

Ons het 45 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

BOKASSA DIE “KEISER”

The Africans by David Lamb(Derde aflewering in opvolg van AFRIKA AS AANSKOUINGSLES)

Bokassa het homself tot lewenslange president verklaar van die Sentraal Afrikaanse Republiek. In die boek “The Africans” skryf David Lamb dat Bokassa onseker was van homself en gemeen het dat hy legitimiteit kortkom. Hy kon maar nie tot grepe kom met sy land se probleme nie. "Bokassa het hom vir ure verdiep in leeswerk oor die man wat hy verafgod het, Napoleon Bonaparte, wat in 'n oomblik van arrogansie die kroon uit die Pous se hande geneem het en homself tot keiser gekroon het in die jaar 1804 in Parys".

"Bokassa het gedink: As Napoleon dit kon doen, waarom nie ek nie? Sekerlik sal niemand 'n keiser ligtelik opneem nie. Tot almal se verbasing, insluitende sy sowat 3 miljoen onderdane het hy op 'n dag verklaar dat sy republiek nou 'n ryk (empire) was, en dat hy nou nie meer maar net 'n lewenslange president was nie, maar 'n keiser, hy was keiser Bokassa. Hy het die pous uitgenooi om hom te kom kroon, wat die pous wyselik van die hand gewys het."

Bokassa se troonDie koste van die kroning was gelykstaande aan 'n kwart van die land se verdienste uit hulle jaarlikse uitvoere. 240 ton van die beste delikatessen kos is vanuit Frankryk ingevlieg vir die feesvieringe. Die bak kaviaar wat op die seremonieële banket bedien is, was so groot dat twee mans dit moes dra.

Bokassa het 'n 200 jaar oue Franse firma, wat ook Napoleon se kroninguitrusting vervaardig het, opdrag gegee om ook sy kroning bekleding te maak. Die ses meter lang mantel (wat so gemaak is dat dit agter horn moet aansleep) is vervaardig uit fluweel en pels en was bedek met 785,000 pêrels en meer as 'n miljoen krale. 2000 diamante is gebruik om sy kroon in te lê.

(Kyk Sco/w-tydskrif 20/1/1978. Die tydskrif You van 16/12/ 1993 toon die rommel wat oorgebly het.)

BOKASSA SE GOUE STAF

In 1975 het Bokassa die Suid-Afrikaanse regering gevra om aan sy land 'n multimiljoen rand lening toe te staan. Die regering van John Vorster het die lening goedgekeur ten spyte van 'n waarskuwing van die Franse regering dat Suid-Afrika die geld nie sal kan verhaal nie.

(RandDaily Mail 31.07.1975) Van die geld is 'n R100 000 aangewend om vir Bokassa 'n goue staf, beslaan met diamante in Parys te laat maak. Hy het die staf gedra tydens sy inhuldiging as keiser. Die feit dat die Suid-Afrikaanse regering die geld aan die mensvreterkeiser geleen het dui daarop dat die Nasionale Party in daardie jare al die kluts kwyt geraak het.

"Op 4 Desember 1977," skryf David Lamb, "het Bokassa die Bokassa Sport Stadion binnegekom wat langs die Bokassa Universiteit in Bokassa laan, 'n klipgooi ver van die Bokassa standbeeld geleë is, en ter aanskoue van duisende gaste die goue arendvormige troon bestyg en die kroon op sy kop geplaas, net soos wat Napoleon dit gedoen het. Hy het 'n eed afgelê waarin hy onderneem het om die grondwet te beskerm, die grondwet wat hy al tien jaar tevore opgeskort het."

BOKASSA DIE KINDERMOORDENAAR

"Bokassa sou egter leer dat ook keisers foute kan maak" skryf Lamb. "In 1979 het Bokassa in 'n dekreet afgekondig dat alle skoolkinders nuwe skooluniforms moet koop en dra. Die nuwe uniforms was voorsien van 'n prent van keiser Bokassa".

"Dit was nie toevallig dat Bokassa se fabriek die uniforms vervaardig het en dat sy winkels dit verkoop het nie. Die dekreet het tot geringe protes aanleiding gegee. Skoliere is gevange geneem en soos sardientjies in die tronk gestop waar hulle deur die keiser en sy polisiemanne mel knuppels geslaan is. Meer as 80 kinders het gesterf as gevolg van die houe. Amnestie Internasionaal het die slagting oopgevlek. Frankryk wat Bokassa aan bewind gehou het deur die helfte van sy jaarlikse begroting van 76 miljoen dollar te betaal, het besluit genoeg is genoeg."

Die Franse president Giscard d'Estaing het sy persoonlike Afrika raadgewer, Rene Journiac, op 'n geheime besoek na Bokassa gestuur. Journiac se opdrag was om Bokassa te oorreed om uit te tree. Die keiser was woedend en het vir Journiac met sy ivoor versierde kierie oor die kop geslaan. Toe Journiac weer tot sy sinne gekom het, het hy die Franse president geskakel wat toe self met Bokassa probeer praat het. Bokassa het die telefoon neergegooi. Na hierdie voorval het die Franse 'n duisend valskermtroepe na Bangui, die hoofstad, gestuur, wat in samewering met die hoof van die leer, David Dacko, 'n staatsgreep uitgevoer het.

BOKASSA DIE KANNIBAAL

Kort hierna het Bokassa met sy vliegtuig op die militere Iughawe Evreut by Parys neergestryk om aansoek te doen om politieke asiel in Frankryk. Die asiel is geweier. Eventueel is Bokassa terug na sy "Sentraal Afrikaanse Ryk" waar hy gevange geneem is. Hy is later uit die gevangenis vrygelaat en onder huisarres geplaas. Klagtes wat teen hom gelê was, was ondermeer dat hy sy opponente op groot skaal uitgewis het, klagtes van kannibalisme, skending van lyke, verkragting en diefstal.

Bokassa was daarvoor bekend dat hy gereeld sy vriende op mensvleis onthaal het. Nadat sy bewind beëindig is, is 'n reuse koelkamer by sy villa te Kolongo oopgebreek. In die koelkamer is menslike liggaamsdele gevind "opgehang en gereed vir braai", volgens die Duitse koerant National Zeitung. Die lyk van 'n sekere mnr. Wergue wat op 11 Augustus 1979 by die Villa Kolongo deur die veiligheidspolisie in hegtenis geneem is, was ook afgeslag in die koelkamer. Die liggaamsdele waarin die gaste nie belang gestel het nie, is vir vier krokodille gevoer wat spesiaal in 'n groot swembad in die huis aangehou is.

Pastoor Joseph Mayer, 'n sendeling van die Katolieke Kerk in die land sê: "Kannibalistiese rituele het niks te make met voedingsinname nie. Dit is 'n gebruik van fetisjisme (afgodiese verering van 'n voorwerp) en mistisisme. Die wat daaraan deelneem eet hart, harsings; lewer, geslagsorgane en die ledemate van hulle verslane opponente in die geloof dat die vaardighede van die gevreesde persoon op hulle sal oorgaan."

In 1993 het 'n algemene verkiesing in die Sentrale Afrikaanse Republiek plaasgevind onder die toesig van Frankryk. Die nuwe president wat verkies is, is Ange-Felix Patasse, 'n nuwe president met dieselfde ou onoorkomelike probleme.

LIBERIË - AFRIKA SE SIENING VAN MENSEREGTE

Die beeld wat mense van Afrika het weens selektiewe aanbiedinge van nuus deur die media, verskil baie van die werklikheid. Die seleksie word klaarblyklik gedoen op grond van die oorweging dat mense in Suid-Afrika nie skerp bewus moet wees van die ellendes, wreedhede en barbaarse optredes in ander Swart state nie - state wat Suid-Afrika dekades lank beskuldig het van onderdrukking en skending van menseregte, presies dit waaraan hulle self nog altyd skuldig was.

Die beeld van die hedendaagse Afrika is in skerp relief geskets (deur 'n Swart Amerikaner, Harold Williams van Raleigh, Noord Carolina, wat in ’n nuustydskrif skryf dat Amerikaners se oë sal moet oopgaan vir die onreg wat Swart teenoor Swart pleeg. Hy skryf dat in die jare vyftig en sestig was "kolonialisme" Afrika se grootste vyand, Dit het gelei tot onaflianklikheid en die totstandkoming van 40 nuwe nasies op die wêreldverhoog.

TIRANNE

"Wat het Swart Afrika egter met sy onafhanklikheid uitgerig ten einde die menswaardigheid van die Swartman elders in die wêreld op te hef? Die antwoord is eenvoudig: absoiuut niks nie. Wat wel gebeur het, is dat Swart Afrika tiranne opgelewer het soos Idi Amin van Uganda, Sekou Toure van Guinee en Jean Bedel Bokassa. Dosyne ander leiers se gewelddadige optrede verskil net graadsgewys."

"In die grootste gedeelte van Afrika is daar geen raamwerk vir vooruitgang nie en die enigste manier waarop verandering in die meerderheid van lande bewerkstellig word, is by wyse van militêre staatsgrepe."

"Om die waarheid te sê, Afrika-leiers tree selde uit. Hulle sterf in opstande teen die bewind, word verban, of in die tronk gestop. Wat in Afrika aan die gebeur is, is beslis nie die ideaal waarop mense gehoop het in hul stryd om onafhanklikheid nie"

Afrika-leiers wat 'n meerderheidsregering in Suid-Afrika voorgestaan het, laat nie toe dat hulle eie mense stem nie. Baie van hierdie leiers het hulleself as "lewenslange presidente" laat uitroep, en ‘n Derde van hulle kan hulle mag net in stand hou met militêre mag en die res word in eenpartystate sonder teenstand verkies, bekend as klugdemokrasieë.

"TOLBERT BEGRAWE SOOS 'N HOND"

'n Klassieke Afrika voorbeeld van staatsgrepe en teenstaats-grepe is Liberië. Die eerste Liberiese president wat in 'n staatsgreep ontsetel is, was William Tolbert. Dit is ironies dat John Vorster, die Suid-Afrikaanse eerste minister, vir Tolbert in Febaiarie 1975 besoek het, en dat Tolbert aan Vorster voorgeskryf het hoe die fondamentele beginsels van die universele verklaring van menseregte in Suid-Afrika geïmplementeer moet word, alvorens hy wat Tolbert is, bereid sal wees om betrekkinge met Suid-Afrika aan te knoop.

Op 12 April 1980 om ongeveer 2 uur die oggend het die sewe-en-twintigjarige sersant Samuel Doe en nog negentien soldate president Tolbert se wagte by sy presidensiële paleis oorrompel. Hulle het Tolbert se deur oopgebreek en hom in die bed gekry. Eers is sy regter oog uitgesteek, daarna is sy maag oopgesny en sy binnegoed is uitgeryg en daarna het sersant Doe die president met drie goedgeplaasde kopskote uit sy pos onthef, en homself tot presi¬dent verklaar. Nadat Tolbert se lyk, nog in sy nagklere, vir 'n paar dae tentoongestel is, is dit sonder seremonie saam met 27 ander slagoffers van die staatsgreep in 'n massagraf begrawe. David Lamb som die gebeurtenis soos volg op in sy boek, The Africans: "Vir byna drie dekades was Tolbert vissie president en toe president. Hy is deur sy onderdane ge-eer en geprys en hulle het sy gunste gesoek. Sy generaals het sy opdragte gehoorsaam uitgevoer. Toe, soos dikwels in Afrika gebeur, het hy die Judaskus gekry en is hy soos 'n hond begrawe."

, "Die Liberiese staatsgreep," skryf Lamb "het elke president in Afrika ontsenu. Die vraag was; wie is veilig as die voorsitter van die OAE deur 'n bende dienspligtiges vermoor kan word? Die antwoord: Niemand! Politieke stabiliteit is grootliks 'n illusie in sub-Sahara Afrika en feitlik enige regering kan so maklik omvergegooi word soos die van Tolbert. Onder die dun vernis laag van beskawing in Afrika skuil daar barbarisme wat soos 'n gevange leeu sy kans afwag om te spring."

SAMUEL DOE: AANKLAER, REGTER EN LAKSMAN

Die Pretoria News het geskryf dat die nuwe staatshoof, Samuel Doe dwars op oudpresident Tolbert se bed gelê het, en met sy oë op die plafon gerig, 'n nuwe reeks bevele oor sy tweerigting radio uitgeskree het. Die voormalige lede van Tolbert se regering en ander ondersteuners daarvan is ge-arresteer, aangekla en skuldig bevind. Die aangeklaagdes moes hulleself verdedig, maar die militêre tribunaal het nie in hul verduidelikings belang gestel nie. Hulle is ook nie toegelaat om dokumentêre getuienis voor te lê nie. Die Pretoria News het berig "Die wat onskuldig gevind is, is saam die ander weggevoer en op die strand doodgeskiet."

Die verhoor van Frank Stewart, die direkteur van begrotings in Tolbert se kabinet het byvoorbeeld soos volg verloop: "Mnr. Stewart" het die offisier gesê, "vertel vir die hof hoeveel huise, persele en plase besit jy"

"Ek sal antwoord deur die storie te vertel hoe ek dit gekry het..." "Ons stel nie belang in stories nie. Hoeveel huise het jy?"

"Wei, huise, daar is vier." "Vier huise. Mnr. Stewart het vier huise" "Ja vier, maar in 1957 was sement baie goedkoop, toe het my vrou 125 dollars per maand verdien by die departement Justisie, en my salaris was 250 dollars - ons het 'n klein lening by die bank aangegaan en vir sewe jaar het ons gewerk aan die konstruksies..."

"Maak dit kort" sê die offisier, "anders sal ons deur etenstyd hier moet sit."

Op die wyse gaan die verrigtinge voort totdat die ofTisier verklaar: "Die hofword verdaag sodat ons 'n bietjie kan gaan eet Mnr. Stewart, jy is klaar".

"Klaar? Wat bedoel jy? Sal ek weer terugkom?" Die ofTisier haal sy skouers op "miskien". Die volgende oggend het Samuel Doe sy eerste perskonferensie gehou vir die sowat veertig buitelandse korrespondente in Monrowie. Na hom het die nuwe minister van inligting, Gabriel Nimley, aan die woord gekom en 'n uitnodiging aan die korrespondente gerig met die woordc: "Ladies and gentlemen, you are invited to some executions at two thirty."

TEREGSTELLINGS

Die middag het duisende mense en honderde soldate op die strand saamgedrom waar die teregstellings sou plaasvind. Baie soldate was dronk en het om die minibus gedans waarin die 13 veroordeelde ministers aangery is. Die soldate het teen die deure geskop en het teen die vensters geslaan terwyl die gevangenes deur hulle uitgejou en uitgelag is. Een soldaat het vir Cecil Denis, die gewese minister van buitelandse sake, gese: "Hey, there, Cecil boy, I'm going to get the first shot. If I don't kill you, don't worry much. We'll let you die slow."

Sersant Doe se motoroptog het onder 'n gejuig gearriveer en nege van die veroordeeldes is uit die minibus gesleep en aan die nege telefoonpale vasgebind wat spesiaal aangebring is vir die doeleindes. Die oorblywende vier sou die verrigtinge kon dophou totdat hulle aan die beurt kom.

Nadat die nege veroordeeldes vasgebind is, kom die bevel "Squad fire!" Vir drie minute lank skiet die vuurpeloton sarsie op sarsie op die nege man. Lamb skryf verder: "’n Groot gejuig van vreugde het onder die skare uitgebars; hulle het aanhoudend geskreeu 'Freedom, we got our freedom at last!'"

"Deur Tolbert dood te maak," skryf Lamb, "is slegs die simptome van ontevredenheid in Liberie geidentifiseer. Die oorsake het gebly. Die soldaat-politici het gevind dat om te regeer moeiliker is as om 'n staatsgreep uit te voer; om oplossings vir die land se probleme te vind, is meer kompleks as om ministers te skiet wat aan telefoonpale vasgebind is. Die bevolking het geleer dat vryheid nie uit die loop van 'n geweer kom nie. Net een saak het geblyk seker te wees na die militêre oorname: Liberië se eerste staatsgreep was nie sy laaste nie."

in November 1985 het generaal Quiwonkpa gepoog om 'n militêre staatsgreep teen die militêre bewind van Doe uit te voer, dog sonder sukses. Doe was ontsteld en het besluit om met sy opponente korte mette te maak. Volgens ooggetuies het trokke gevul met lyke deur die hoofstad beweeg. Doe het onmiddellik 'n aandklokreël ingestel: "Enigeen wat een minuut na ses op straat verskyn, sal tereggestel word, en dit geld ook vir buitelandse diplomate."

HUUR TOORDOKTER

Die Liberiese minister van verdediging, genl. maj. Gray Allison, wou graag van Pres. Samuel Doe ontslae raak. Vir die doeleindes het hy die dienste van 'n toordokter ingeroep, die sogenaamde Ju-Ju man. Die toordokter het 'n polisieman Melvyn Pync vermoor, sy kop afgesny, sy liggaam van bloed gedreineer en die hart uitgesny. Die toordokter het hierdie onderdele benodig waarmee hy Doe wou toor. Ongelukkig vir hom is hy gevang en moes hy voor 'n vuurpeloton sterf. 'n Ander Swarte, Charles Taylor, het op 'n ander manier probeer om die staatsgesag oor te neem. Hy het Liberië vanuit die Ivoorkus binnegeval met 'n gewapende mag. Doe het sy soldate gestuur om Taylor te verslaan en om hom te vang. Die gevegte het egter op 'n burgeroorlog uitgeloop. Doe se troepe het die siviele Swartes begin beroof, vermink en vermoor omdat daar vermoed is dat hulle met die invalsmag simpatiseer. Hierdie vervolging het daartoe gelei dat 400 000 Liberiërs oor die grense na die Ivoorkus en Guineë gevlug het, 40% van die bevolking.

Die Rebelleleier van die Gio stam, Prins Johnson het intussen ook tot die stryd toegetree, wat die strydende faksies op drie te staan gebring het.

MENSE EET GRAS

Johnson se soldate het probeer om Samuel Doe in die hoofstad Monrowie vas te trek. Die tydskrif Focus on Africa het berig: "Eers was die stad se water afgesny, en twee dae later die krag en op Maandag 2 Julie 1990 het die rebelle die buitewyke van die stad aangeval. Dit was die begin van die anargie. Die soldate het skielik besef dat hul tyd baie kort geword het, en het alle dissipline oorboord gegooi. Enigeen wat 'n geweer gehad het kon enigiets neem van iemand sonder 'n geweer. Vir 'n week lank was daar geen winkels nie, geen markte nie, die telefone was af en die radio was van die lug af. Na donker het soldate geroof en is ou geskille besleg."

'n Ooggetuie het verklaar: "Ons het almal gesien hoe mense vermoor word en hoe die strate met lyke bestrooi was. Daar was niks om te eet nie, behalwe gras, daar was niks om te drink nie, behalwe reënwater. Selfs die muskiete vrek hier".

Intussen het die Afrikastate 'n soort vredesmag, bekend as Ecomog na Monrowie gestuur om te kyk of hulle nie vrede in Liberië kan bewerkstellig nie. Genl. Arnold Quainoo, die bevelvoerder van Ecomog, het Samuel Doe genooi vir samesprekings. Die samesprekings sou handel oor hoe om Doe veilig uit Liberie uit te kry. Doe het opgedaag en die samesprekings het 'n aanvang geneem. Skielik het Prins Johnson se soldate ook daar opgedaag en Johnson het geskree: "Men, open fire, open fire".

Die gevegte wat hierop gevolg het, het ongeveer 90 minute geduur. Al Samuel Doe se soldate het gesneuwel en hy is gevange geneem. Hy is in sy knieë geskiet om seker te maak dat hy nie kan ontsnap nie. In hierdie toestand is hy na Prins Johnson se kwartiere geneem waar hy nog dieselfde aand verhoor is. Hy het waarskynlik gehoop op 'n behoorlike verhoor, maar dit was hom nie beskore nie. Die man wat sy teenstanders sonder genade behandel het, het self op die wreedste moontlike manier aan sy einde gekom. Johnson het ‘n dramatiese aankondiging oor die BBC gemaak: hy gaan aan die wêreld wys hoe Doe tereggestel word. Hy het 'n stadige wrede dood gesterf Sy ore is afgesny en gekook. Hy is gedwing om sy ore saam met rys te eet. Hierna is sy vingers afgekap en sy hare is afgeskeer met ‘n gebreektc bottle. Elke oomblik van sy martel tot sy sterwensoomblik naak, vet en weerloos - is op video opgeneem. Sedertdien word Doe se doodsangs elke aand voor 'n skaterende gehoor by Johnson se hoofkwartier vertoon.

Onder die opskrif, "Liberiese president se laaste oomblikke op video — Dood van 'n diktatorAfrika-styl" word hierdie gebeurtenis in agt stap vir stap foto's in die Huisgenoot van 25 Oktober 1990 met groot smaak aangebied.

VIER PRESIDENTE VIR LIBERIË

Op hierdie stadium was daar vier aanspraakmakers op presidentskap van Liberië. Eerstens was daar Prins Johnson wat sy legitimiteit daarop gebaseer het dat hy Doe gevang en persoonlik van die gras afgemaak het. Tweedens was daar Charlers Taylor wat beweer het dat sy troepe 95% van die land onder beheer het, uitsluitende die hoofstad waar Johnson was. Derdens was daar David Nimley, die leier van Samuel Doe se oorblywende troepe, wat daarop aanspraak gemaak het dat hy Doe se opvolger is en vierdens Amos Sawyer wat deur sowat 50 Liberiese vlugtelinge aangewys is as die hoof van die tussentydse regering.

Die vredesmag Ecomog het verklaar dat as hulle nie in Liberië ingemeng het nie, sou die drie groepe nog vir baie jare lank geveg het en die lyding van die bevolking verleng het soos in Angola, Mosambiek, Uganda, Sudan en Ethiopië.

Die vyf Ecomog lande Ghana, Gambia, Nigerië, Sierra Leone en Guinea het daarop aangedring dat die strydende groepe vredesamesprekings moet hou en dat 'n veelparty demokrasie in Liberië tot stand moet kom om te dien as 'n permanente oplossing.

Hierop skryf Baffour Ankomah in die New African tydskrif: "Nie een van die vyf leiers (bogenoemde lande) het die morele reg om 'n veelparty demokrasie aan Liberië op te dwing nie omdal nie een van hulle self demokratiese regerings het nie, met die uitsondering van Gambië wat effens demokraties is. Daarom is dit onverdedigbaar, selfs 'n skande dat sulke leiers pogings aanwend om 'n demokrasie in Liberië tot stand te bring."

Wat ons van die AVP met hierdie uittreksels uit Willie Bienedell se boekie “Afrika Styl” prbeer bereik, is om enersyds aan te toon dat Afrika wel ’n aanskouingsles is vir enigiemand en almal wat die mening toegedaan is dat samewerking, opvoeding, opleiding, toegewings, maar veral gelykstelling ’n moontlikheid bied vir vreedsame naasbestaan tussen blank en swart binne dieselfde konstitusionelebestel.

Andersyds om aan die humaniste en liberaliste nogmaals en opnuut aan te toon dat integrasie, oftewel multikulturalisme in Suid-Afrika nie kan werk nie, nie sal werk nie en dat dit toegepas word ten koste van die Afrikanerdom in besonder en van alle blankes in die algemeen! Nie alleen is dit besig om ’n hele beskawing tegronde te rig nie, maar dit vernietig ook die moontlikheid wat daar bestaan het om die swart ras teen homself te beskerm.

Aan die predikante en pastore en ander geestelikes met die kortsigtige veroordeling van apartheid en afsonderlike ontwikkeling, as sou dit onbybels, diskriminerend en selfs euwel van aard was, u begrip en vermoë van die betekenis van die beginsel van die beleid is total ontoereikend en moet be-oordeel word aan die ellende wat die teenhang van die beleid alreeds tot gevolg gehad het sedert 1994!

Wat in Afrika aanskou kan word, is vandag in Suid-Afrika net so sigbaar! Kom tog tot besinning en staak die ontkenning van u dwaling! Staak tog die oppervlakkige gebede om hulp uit ons ellende van die simptome wat uself help skep het! Die oorsaak is u gebrekkige vertolking van ons Hemelse Vader se Woord wanneer u deur u veroordeling van wysheid, demonstreer dat u die duisternis liewer het as die lig!

Wat het u bydrae tot nou toe bygebring om hetsy die verhouding tussen blank en swart, ditsy die verbetering van lewensomstandighede van enige van die twee rassegroepe in Suid-Afrika te verbeter? U het ons inteendeel baie nader gebring aan wat Afrika as aanskouingsles vir ons voorhou indien ons op hierdie pad wat u help skep het, voortsnel!

Besluite het altyd gevolge! Wanneer u vanuit ‘n leiersposisie namens diegene wat u moet volg, besluite neem en daarmee vir hulle rigting aandui, is die verantwoordelikheid vir die gevolge wat daarmee gepaard gaan, ook u s’n! Kyk dus weer na Afrika en sien of u daarmee kan saamleef!

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie