1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
5852361

Besoekers aanlyn

Ons het 73 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

Konsentrasiekampdag – 16 Junie

Die geskiedenis is die gewete van ‘n volk. Het ons nog ‘n gewete – onthou ons nog die wat gely en gesterf het in die Britse konsentrasiekampe?

Sedert 1994, toe ons land op ‘n onwettige en slinkse wyse aan die huidige illegitime bewind oorhandig is, word 16 Junie jaarliks as ‘n amptelike vakansiedag gevier. Op hierdie dag in 1976Lizzie van Zyl 250 het na raming 6000 tot 10,000 swart skoliere op ‘n plundertog in Soweto gegaan. Skole, winkels en ander eiendom is onder die klippe en aan die brand gesteek. In die proses om die plundertogte te stuit het die onluste polisie 26 swart mense doodgeskiet. Die barbaarse opstand wat met geweld en vernietiging van eiendom gepaard gegaan het word vandag met groot lof aangeprys deur die huidige swart bewindhebbers en die barbare wat daaraan deelgeneem het word as helde vereer.

Ons Afrikanervolk is na 25 jaar van onderdrukking en valse propaganda en indoktrinasie so gebreinspoel dat ons aan geskiedkundige geheueverlies ly. Die oorgrote meerderheid van die jonger geslag en ook ‘n groot hoeveelheid van die ouer garde het geen benul van die betekenis van 16 Junie in ons volksgeskiedenis nie.

Dit is gepas dat ons op 16 Junie die vroue en kinders van ons volk wat in konsentrasiekampe tydens die Anglo-Boereoorlog 1899-1902 (ABO) gesterf het in herinnering roep. Elkeen van ons behoort met ‘n knop in die keel terug te dink aan die ongekende en wrede lyding waaraan ons voorgeslagte in hierdie helkampe onderwerp is.

Op 16 Junie 1900 het die bevelvoerder van die Britse gevegsmagte, Lord Roberts, die volgende proklamasie ( Nommer 5/1900) uitgevaardig:

Whereas small parties of raiders have recently been doing wanton damage to public property in the Orange River Colony and South African Republic by destroying railway bridges and culverts and cutting the telegraph wires, and whereas such damage cannot be done without the knowledge and connivance of the neighbouring inhabitants and the principle civil residents in the districts concerned;

Now, therefore, I, Frederick Sleigh, Baron Roberts, of Kandahar and Waterford, K.P., G.C.B., G.C.S.I., G.C.I.E., Field-Marshal, Commander-in-Chief of Her Majesty's Troops in South Africa, warn the said inhabitants and principle civil residents that, whenever public property is destroyed or injured in the manner specified above, they will be held responsible for aiding and abetting the offenders. The houses in the vicinity of the place where the damage is done will be burnt and the principle civil residents will be made prisoners of war.

Roberts, Field-Marshal, Commander-in-Chief, South Africa. Army Head-quarters South Africa, Pretoria 16th June 1900.

Lord Roberts regverdig sy optrede in ‘n verdere skrywe as volg: “I should be failing in my duty to Her Majesty's Government and to Her Majesty's Army in South Africa if I neglected to use every means in my power to bring such irregular warfare to an early conclusion . . . the longer this guerrilla warfare continues, the more vigorously must they be enforced.”

Hierdie gebeure het aanleiding gegee tot die sogenaamde verskroeide aarde beleid waartydens die Britse magte plase en dorpe regoor die land totaal afgebrand en vernietig het. Volgens ‘n latere erkenning van Lord Alfred Milner is meer as 30,000 plase afgebrand. Dorpe wat afgebrand en verwoes is was onder andere Bothaville, Lindley, Ermelo en Hartebeestfontein.

Dit was ook die begin van die konsentrasiekampe waarheen bykans 120,000 vroue, kinders en ou mense weggevoer is. Daar is 32 sulke konsentrasiekampe regoor die land opgerig by die konsentrasiekamp deurvaalsluiervolgende plekke: Aliwal-Noord, Balmoral, Barberton, Belfast, Bethulie, Bloemfontein, Brandfort, Heidelberg, Heilbron, Howick, Irene,Kimberley, Klerksdorp, Kroonstad, Krugersdorp, Meerbank, Middelburg, Norvalspont, Nylstroom, Pietermaritzburg, Pietersburg, Pinetown, Port-Elizabeth, Potchefstroom, Springfontein, Standerton, Turffontein, Vereeniging, Volksrust, Vredefort, Vryburg en Winburg.

Aan die einde van November 1900 keer Lord Roberts terug na Brittanje en word hy deur Lord Kitchener opgevolg. Kitchener sit die verskroeide aarde beleid van Roberts voort. Die soldate onder sy bevel vernietig ook aangeplante gewasse en maak beeste, skape, bokke en pluimvee dood.

Die Boerevroue en kinders wat na die konsentrasiekampe weggevoer is gaan op groot skaal dood aan wanvoeding en siektes soos tifus, masels en longontsteking. Volgens die nuutste navorsing het ongeveer 27,927 Boere in die konsentrasiekampe gesterf. Hiervan was 26,251 vroue en kinders waarvan meer as 22,000 kinders onder die ouderdom van 16 jaar was. Sowat 25% van die vroue en kinders wat deur die Britte in konsentrasiekampe aangehou was is dood. Dit kan as niks anders as volksmoord (genocide) beskou word nie.

Die volgende beskrywing het van die kamp in Brandfort gekom: "Onder ons was daar mev Coetzee; sy het agt kinders gehad en vier was al dood. Eendag het ek by haar haar tent verbygeloop en drie klein seuntjies op ‘n kakiekombers op die grond sien lê, hulle was met miere oortrek. Die ma, wat gely het aan nageboortekoors - haar pasgebore seun was reeds dood - lê op 'n klein bed. 'n Meisie van sewe lê langs haar, ook siek. Om by hul ellende te voeg, was die tent vol kakieluise. As dit nodig was, moes die arme seuns sonder hulp opstaan, hoewel hulle swak bene hulle skaars kon dra." (Mag ons vergeet – E.Neethling 1938)

Laat ek en jy elke keer wanneer ons op ‘n koue rypbedekte winteroggend in Junie of Julie na buite loop, die vroue en kinders in die konsentrasiekampe onthou. Hulle was skrapsgeklee, Konsentrasiekamp Krugersdorpsonder behoorlike skuiling, honger en siek. Tog het hulle dit met geloof, moed en volksbesieling verduur – baie van hulle het gesê dat hulle eerder sal sien dat hulle huise afgebrand word en dat hulle eerder die lyding in die kampe sal verduur as om te sien dat hulle mans oorgee.

Laat dit ons ook help om die werklikheid van die huidige situasie waarin ons verkeer in die oë te kyk. Meer as 70,000 Volksgenote is die afgelope 25 jaar op barbaarse wyse vermoor. Tussen 3000 en 4000 boere op plase is wreedaardig vermoor. Meer as 700,000 van ons volksgenote bevind hulle onder haglike toestande in plakkerskampe (ANC-helkampe).

Die geskiedenis is die gewete van ‘n volk. Het ons nog ‘n gewete – onthou ons nog die wat gely en gesterf het in die Britse konsentrasiekampe?

 

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie