1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
5747266

Besoekers aanlyn

Ons het 59 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

‘n BEGROTINGSREDE . . . … MET ‘N “MOOI SOUSIE” DAAROOR

Tito Mboweni se ware kleurOp 20 Februarie 2019 het die minister van finansies van die ANC-regime in Suid-Afrika, Tito Mboweni, sy begrotingsrede gelewer. Dit was interessant om te sien dat hy in hierdie rede nie minder as drie aanhalings uit die Bybel (the Good Book soos hy dit noem) maak nie.

Enige aanhaling uit die Bybel kom gewoonlik baie vroom voor. Feit is egter dat enigeen wat teksverse uit die Bybel aanhaal hulself nie noodwendig aan die gesag van God se Woord onderwerp en dit gehoorsaam nie. Dink maar aan die Satan wat Christus in die woestyn versoek het. (Matt. 4:6:en sê vir Hom: As U die Seun van God is, werp Uself af; want daar is geskrywe: Hy sal sy engele bevel gee aangaande U, en hulle sal U op die hande dra, sodat U nie miskien u voet teen n klip stamp nie.).

Niemand anders as die Satan self kwoteer hier uit die Skrif nie. Jesus self het ook gewaarsku teen die Skrifgeleerdes wat die Woord van God ken, maar dit nie doen nie.

Die aanhalings van Mboweni uit die Bybel het my geensins beïndruk nie. Inteendeel, die eerste gedagte wat my posgevat het, was die woorde uit Psalm 50:16-18:Maar aan die goddelose sê God: Wat vertel jy nog my insettinge en neem jy my verbond in jou mond terwyl jy die tug haat en my woorde agter jou werp? As jy n dief sien, dan geval dit jou by hom, .... Mboweni se eerste aanhaling word gemaak uit Sagaria 8:12 wat dit stel dat die wingerdstok sy vrug sal gee en die aarde sy opbrings sal lewer. Hierdie aanhaling is totaal buite konteks. Hierdie belofte van God word aan Sy Verbondsvolk gemaak en Mboweni probeer dit op die huidige goddelose regering van toepassing maak!

Gerieflikheidshalwe ignoreer Mboweni die gedeelte uit Miga 2:1-3 wat veel meer van toepassing sou wees op hom en die goddelose regime waarvan hy deel vorm. Tito Mboweni se ware kleur 2WEE die wat onreg uitdink en kwaad smee op hulle bedde; by die môrelig voer hulle dit uit, want dit is in die mag van hulle hand. Ja, hulle begeer velde en roof dit; ook huise en neem dit. So pleeg hulle dan geweld teenoor die man en sy huis, teenoor die mens en sy erfdeel. Daarom, so sê die HERE: Kyk, Ek bedink onheil teen hierdie geslag, waar julle jul nekke nie sal kan uittrek nie, en waarby julle nie regop sal kan loop nie; want dit sal n tyd van onheil wees! In dieselfde begrotingsrede waarin die aanhalings uit die Bybel so vryelik gemaak word, verklaar hy dat hy die proses van onregmatige vervreemding van eiendom van mense sal ondersteun. A robust debate on land is taking place in South Africa. We are supporting private sector investments in agriculture by emerging farmers. R1.8 billion is allocated for the implementation of 262 priority land-reform projects over the next three years. Sý begroting ondersteun hierdie vergryp en hy maak voorsiening vir die finansiering hiervan. En dit is nie net is sy begrotingsrede dat hierdie goddelose Mboweni se ondersteuning van Marxistiese vergrype blootgelê word nie. Hy verkondig dit sommer luidkeels in die openbaar.

 

Enige regdenkende en Godvresende mens wat dink dat ons as n volk binne hierdie goddelose bestel die beste van n slegte saak moet maak en probeer meewerk om hierdie goddelose demokrasie te laat werk, moet vir n slag die Woord van God met erns gaan bestudeer. Hierdie goddeloosheid wat daagliks in die grond ingeploeg word, sal uiteindelik n opbrengs van onheil en verskrikking oplewer. n Godvresende mens durf nie saam trek aan n juk waarmee daar soveel onreg bewerk en gesaai word nie. Só n God veragtende bestel verdien niks anders as om met minagting verwerp te word nie.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie