1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
5421010

Besoekers aanlyn

Ons het 87 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

HET DIE AFRIKANERVOLK NOG TYD VIR GOD?

TotiusVergelyk vandag se Afrikaners met die Engelse van 1921 soos in die artikel wat in “Het Kerkblad” van 1 September 1921 verskyn het. Dit was Totius wat James Douglas se artikel in die Sunday Express waardig geag het om dit in die kerkblad te laat opneem. Die afleiding wat gemaak word is dat hy sy eie volk aan Douglas se ontleding gemeet het.

Die vraag wat by die AVP ontstaan het nadat hierdie artikel op ons webblad beland het, is of wat Douglas in 1921 oor die Engelse kwytgeraak het nie met meer klem op óns volk vandag toegepas kan word nie. Daarmee sluit ons dan nie die huidige Britse volk en elke ander volk in Europa uit nie!

As daar egter op die voorblad van Beeld van Vrydag 1 Maart 2019 ‘n “gay” dominee paradeer word en op bladsy dertien (is dit toeval?) ‘n volblad aan hom gewy word met sy vergoeiliking van wat verkeerd is, het dit laat in die dag geword vir die kerklike en sedelike norme van die Afrikanervolk! Die wyse waarop die sogenaamde kerkgangers tyd vir God inruim is nie alleen bedenklik nie maar verteenwoordig ook die kwaliteit tyd waaroor Douglas en Totius hulle kommer uitspreek.

Laat ons Afrikaners tyd maak om God te soek volgens Sý Woord en Sý riglyne indien ons verwag dat Hy weer tyd vir ons moet afstaan!

GEEN TYD VIR GOD NIE

Die wat van die HERE afvallig word en wat die HERE nie soek en Hom nie raadpleeg nie (Sef. 1:6).

Engeland sowel as die vasteland, van Europa het 'n periode van verskroeiende droogte deurgemaak. Riviere van tweehonderd tree breed het gaan staan — iets wat in daardie lande 'n groot uitsondering
is. Ontsaglike voorrade lewensmiddele het verlore gegaan deurdat die oes nie tot rypheid kon kom nie — wat in Rusland die hongerdood van duisende ten gevolge gehad het. So sou ons kon voortgaan, maar ons veronderstel dat-die besonderhede aan die lesers van nuusblaaie bekend is.

Liewer vertaal ons hier wat James Douglas in die Sunday Express geskryf het oor die geestelike droogte waarin Engeland (en seker ook ander Europese lande) verkwyn. Ons gee die stuk hier as ‘n
praktiese preek wat ons ook op ons toestand kan toepas, en as die beste kommentaar op die teks wat ons hierbo geplaas het. Douglas begin met 'n aanhaling uit die Engelse digter Wordsworth en sê dan verder: „Met 'n gevoel van diep moedeloosheid skryf ek híerdie woorde van Wordsworth bo die wonderbare somer wat sterwe in die arms van die geestelike droogte nog droër as enige van die wat ons geken het sedert Wordsworth gedig en Arnold ('n ander digter) gesug het.


Britte se kerke leeg Moskees volOor die hele land gee die ou grys torings en spitse van die kerke getuienis van 'n geloof wat koud geword het, maar dit is leë kerke, en hulle klokke roep die goeie gemeente nie meer op tot innige
meditasie en stille gebed nie.

Engeland het geen tyd vir God nie.

„Weliswaar, daar is party kerke wat nog nie leeg is nie, en sommige is vol. Maar die Íeë kerk is die reël. Nooit Ín my lewe het die water van die godsdiens so laag afgesak nie. Nooit het die geestelike pols van die nasie so swak geklop nie. Ek heg geen waarde aan uitwendige kerkgang as teken en simbool van geestelike lewe nie. Selfs as al ons kerke gesluit is, kan ons desnoods ons siele red. Maar dis die siel van die nasie wat leeg is.

Engeland het geen tyd vir God nie.

„Ek glo nie dat Engeland rus het in sy gemoed en in sy gewete nie. Engeland is onrustig; dit word gekwel en gepynig deur 'n diep geestelike kwaal, 'n siekte van die sieL In sy sedelike ellende het

dit gesoek na allerlei soort van verdowingsmiddels. Engeland het mal geword agter allerlei spele aan. In plaas van standvastig te kyk in sy geplaagde hart, het dit op elke vorm en elke gedagte van kunsmatige prikkeling en opwinding afgevlieg en het so alle gevoel vir perspektíef (juíste verhoudinge) verloor in sy noodlottige gretigheid om die kwaal van sy inwendïge sielstoestand te ontvlug. En elke soort speelgoed het op die beurt sy siek siel gewalg. „Die land het die een verandering na die anderi gesoek, het. Sy speelgoed weggegooi soos 'n stout kind, het op sy modeartikeltjies getrap soos 'n senusieke vrou en het gehardloop van die een gebroke afgod na die ander, totdat daar niks oor was om sy misnoeë te verswelg nie.

EngeÍand het geen tyd vir God nie.

,,'n Dodelike siekte het die land van die hoof tot die voete geslaan, en geen enkele klas het aan die vernieling daarvan ontkom nie. Dit Ís die begeerte na stoflike genieting om die sinne te prikkel en die senuwees te oorlaai. Die harde, ernstige gesigte wat uitsien na een of ander domme genieting of verstandelose plesier word aangetref in alle range en stande van die lewe. ~ „By almal is daar 'n dowwe onvatbaarheid vir hoër vreugde, vir die fynere genoeëns van ons bestaan. By almal is daar 'n lae vrees vir rus en stilte en eensaamheid en afsondering, 'n nare angs vir vrede en gepeins.

Engeland het geen tyd vir God nie.

„Die leë aangesigte is die tekens van leë siele. Londen was die hele somer deur 'n stad van aaklige plesiermakery. Die ongelukkige rykes het gewedywer met die ongelukkige armes in hulle vertoon

van oë sonder uitdrukking en lippe sonder glimlag. Geluk het die oues sowel as die jonges verlaat, want almal is hard en hartloos. Die tyd ken geen teerheid, geen verlangens, geen speelsheid, geen vrolíkheid en geen onskuld van hoë geeste nie. Die jonge manne en vroue wat hardloop van restourant na restourant, van dansparty na danspary, van die een spel na die ander is net soos oorhaastige masjiene. Daar is geen lig van vrolikheid in hulle oe nie. Ongebonde, onmatige weelde vermoei hulle met sy swaar kettings. HulÍe siele is verskrompel.

Engeland het geen tyd vir God nie.

„Ook ontbreek kragtige stemme op die preekstoel en platform, Ín digkuns en ander geskrifte. Die hongerige skape kyk op van hulle stowwerige kos en word nie gevoed deur die herders van siele nie.

Die meule van egskeiding maal hulle koring van ellende dag na dag, en die nasie grynslag as huile die optog van sedelik swakke mense sien wat deur die rook van valse eedswering wandel na die diepte

van wellus. Ekonomiese ondergang sweef oor die staat sonder om staatsmanne of burgers op te skrik. Die senuwees van pligsbesef is dood in die dowwe wil. Plesier alleen het nog aantrekkingskrag.

Engeland het geen tyd vir God nie.

„Maar die wet van die lewe is reaksie. Die vloedgolf van materialisme (stofaanbidding) het byna sy hoogtepunt bereik. Dit het die gewete oorstroom en die sedelikheid laat verdrink. Die huisgesin is weggevoer deur die vloed van onsedelikheid in kleredrag en manier van omgang met mëkaar. Die'. familielewe waarop die samelewing gebou is, het skiphreuk gely in die vloed van oneerbiedigheid en tugteloosheid. Maar die vuil waters sal teruggaan, die huisgesin sal weer gebou word, en die familielewe sal herstel word om weer sy plek in te neem in díe geestelike lewe van die násie. Daar

sal weer wees 'n opwaking van ootmoedigheid en selfbeheersing.

Engeland moet tyd vind om God te soek.

„Staatsmanne sal opstaan met krag om die nasie te besiel vir oogmerke wat nie gemeen, en ideale wat nie laag is nie. Díe kerke sal manne voortbring soos Bunyan en Wesley, Dale en Booth, Manning en Newman. Digters soos Wordsworth sal die siel van Engeland roer om boete te doen en vrede te soek. Kragtige stemme in Eqgeknd sal ons oproep om terug te keer na ons ou paaie van eenvoudígheid

en waardigheid. Ons jonge manne en vroue sal gesigte sien en drome droom.

Engeland moet tyd vind om God te soek."

Het Kerkblad, no. 471,

1 September 1921.

213

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie