1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
4533733

Besoekers aanlyn

Ons het 60 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

DIE NUWE SUID AFRIKA IN BEELD

Die nuwe Suid Afrika in beeldSoos hierdie Isuzu bakkie was elke dorp, elke stad en elke struktuur in Suid Afrika met oorleg en kundigheid ontwerp om ‘n bepaalde vrag te kan dra. Daar is ook ‘n veiligheidsfaktor ingebou vir onvoorsiene oorlading. Dan is daar verder bereken en voorsiening gemaak vir toekomstige uitbreiding en infrastruktuur. Alles in harmonie en gestruktureer om blywende groei en vooruitgang te verseker.

So is daar dan paaie gebou, krag opgewek, water opgegaar en aangelê wat instaat sou wees om die bestaande vrag te kon dra. Daarvoor is daar belasting gehef wat voorsiening moes maak vir onderwys en opvoeding, gesondheidsorg, vervoerstelsels en derglike meer.

 

Salarisse en vergoeding was bereken en bepaal op grond van produksie, prestasie en kundigheid. Sonder om ‘n enkele woord oor die huidige regime se vermoë en tekortkomings te sê, is die beeld van hierdie Isuzu bakkie, seker die sprekendste voorbeeld van wat in Suid Afrika gebeur het sedert die sluipmoord op dr. Verwoerd!

Elke terrein van beskaafde ontwikkeling is só oorlaai en moet noodgedwonge in duie stort! Sóós hierdie Isuzu bakkie, is Suid Afrika al reeds van die pad af en ry hy in die noodbaan sonder enige hoop op voortbestaan van beskaafde orde.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie