1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
7447425

Besoekers aanlyn

Ons het 247 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

ZILLE SE PILLE!

Zille se pilleAs jy siek is moet jy pille kry! Die vraag wat hier ter tafel is, is wat is Zille se kwaal waarvoor sy gedokter moet word? Sonder deeglike diagnose is enige kwaksalwer se aanbevole pille natuurlik die aangewese oplossing. In die politiek veral is daar van hierdie soort “kundiges” altyd ‘n oormaat. Of dit die siekte sal genees is natuurlik ‘n oop vraag. In die politiek is “politieke kwaksalwers” opsigself ‘n ongeneeslike siekte!

Nou kyk, Zille is seker die laaste vir wie die AVP in die bres sal tree. Niemand beter as sy self sal seker nou besef dat géén liberale retoriek, geen uitsprake in die swart ras se guns of afkraking van die blanke, géén danspassies of selfs soene oor die kleurgrens, om die waarheid te sê, daar is op die ou end niks wat Zille se werklike kwaal sal kan genees in die oë van selfs ‘n predikant nie, dit bygesê, ‘n swart predikant! Want sien, Zille se kwaal is, sy is wit!!

Daar het jy dit nou in ‘n neutedop! Die noodsaaklikheid vir Afsonderlike ontwikkeling. As daar ooit iemand in Suid Afrika is wat die swart ras se belange op die hart gedra het en hulle ondersteuning verdien het, dan moes Helen Zille sekerlik één daarvan gewees het! Maar nee. Dat die ANC, die EFF en ander opposisie swart organisasies haar in die Kaap wil vervang is te begrype. Maar uit haar eie swartgeskepte DA party sou enige normale mens verwag dat redelikheid, regverdigheid en veral geregtigheid oor die feitlikkorrekte uitlatings wat Zille gemaak het oor kolonialisme, eerder erkenning as skorsing moes kry!

Sou ‘n Tony Leon of James Selfe of enige ander blanke wat nog vasklou aan die DA, in die lig van die gebeure in die DA, werklik dink die sekel gaan by hulle verbygaan? “Daar is ook die persepsie dat sy heeltemal ander sienings het as die missie wat die DA in 2019 moet bereik. Ons moet omsien na die rigting wat die organisasie moet in- slaan,” sê hy.” (Dis nou Jamesietjie)

Die prys is te hoog James! Julle sal daar nie bykom sonder om julleself te verloor nie! Julle liberales se politieke hoëgrond is niks anders as ‘n afgryslike afgrond nie!

Zille se skorsing 2

 

Foto: BERTRAM MALGAS James Selfe, voorsitter van die DA se federale raad.

Helen Zille, Wes-Kaapse premier en voormalige leier van die DA, moes van beter geweet het.

Dit is die strekking van die brief van James Selfe, voorsitter van die DA se federale raad, aan provinsiale DA-strukture in die lig van Zille se twiets waarin sy gesê het kolonialisme was nie net sleg nie.

Die brief het ook gedien as kennisgewing van Zille se skorsing uit alle partybedrywighede.

“Gegewe dat Helen Zille die voormalige leier van ons party is en die party se mees senior regeringspos beklee, rus daar ’n ekstra verpligting op haar om met sorg op te tree soos te alle tye van haar verwag word,” skryf Selfe.

Hy het gister per e-pos bevestig dat hy die brief geskryf het nadat dit Sondagaand, ’n dag nadat Zille se skorsing aangekondig is, aan Netwerk24 gestuur is.

“Helen Zille se voortgesette openbare kommentaar ná die oorspronklike twiets word deur baie mense as onverdraagsaam en ondermynend beskou.

“Daar is ook die persepsie dat sy heeltemal ander sienings het as die missie wat die DA in 2019 moet bereik. Ons moet omsien na die rigting wat die organisasie moet in- slaan,” sê hy.

Selfe sê Zille het baie tot die party bygedra. “Helen se rol as leier het ons tot by ’n sekere punt gebring. Ons meen dit is ons taak om ’n meer inklusiewe organisasie te skep wat alle Suid-Afrikaners insluit. Hierdie taak vereis dialoog tussen alle rasse en verskillende kiesafdelings. Dit is ’n moeilike taak.”

Daar was geen reaksie op e-posse wat aan Zille en haar woordvoerder, Michael Mpofu, gestuur is nie. Mpofu het ook nie op SMS’e gereageer nie.

Mmusi Maimane, DA-leier, het die naweek op ’n mediakonferensie aangekondig dat Zille uit alle partybedrywighede geskors is, hangende ’n tugverhoor oor haar twiets oor kolonialisme.

Enkele ure later het die DA ’n U-draai gemaak deur ’n tweede verklaring uit te reik waarin gesê is die federale raad het sy voorneme om haar tydelik uit partybedrywighede te skors totdat die tugprosesse teen haar afgehandel is, aan Zille oorgedra.

Luidens ’n verklaring is Zille die geleentheid gegee om te sê hoekom sy nie geskors moet word nie.

Die kennisgewing waarin vertoë versoek word, is reeds aan haar gestuur en vertoë moet binne 72 uur gerig word.

’n Finale besluit om Zille te skors of nie sal geneem word sodra die vertoë gerig en oorweeg is.

Selfe, wat die tweede verklaring glo uitgereik het, het volgens berigte gesê hy het Maimane “nie onder die bus ingegooi nie”, maar dat hy nie Zille se saak met Maimane in detail kan bespreek nie.

Zille sal glo Vrydag voor ’n tugkomitee verskyn.

Intussen het Khaya Magaxa, ANC-leier in die Wes-Kaapse wetgewer, gesê die DA moet Zille dwing om te bedank.

“Die DA sê blitsvinnig aan ander politieke partye wat om te doen en wie om te skors. Dit is duidelik dat die DA ’n swakkeling is wat nie die politieke wil het om sy lede, veral die hardkoppige Zille, te hanteer nie.

“Sy moet herroep word as premier. Binnekort sal sy moontlik geen DA-koukusvergadering mag bywoon nie. Raak ontslae van haar,” het Magaxa gesê.

Bernard Joseph, Wes-Kaapse EFF-leier, het Zille ook ten sterkste veroordeel en meen ook dat sy herroep moet word.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie