1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
4494676

Besoekers aanlyn

Ons het 130 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

TWEE AFRIKANERONDERKRUIPERS MAAK JAKKALSDRAAIE

Constand en sy broer AbrahamIn ‘n omsendbrief van Orania is daar twee artikels wat kommentaar verdien:

Beide Helen Zille van die DA en generaal Constand Viljoen wat die Afrikanervolk help onderwerp het aan ‘n swart Kommunistiese rowerbende, maak nou benoude spronge, so asof hulle aan die blanke se kant geskaar is teen die chaos wat hulle help ontketen het.

Zille se kritiek teen diegene wat kolonialisme as net negatief afmaak, wat haar nou die argwaan van die swart predikantleier van die DA op die hals gehaal het, is betekenisvol! Indien sy nog altyd bewus was dat die vestiging van die infrastruktuur waarna sy verwys deur die blankes tot stand gebring is, dan weet sy mos ook dat die verwaarlosing en uiteindelike vernietiging daarvan, soos sigbaar in Suid Afrika, se oorsprong by die oorgawe aan die swartes lê. Afrika was en is immers vandag nog die aanskouingsles daarvan!

Zille se DA beleid van integrasieDie logiese afleiding wat hieruit gemaak word is dat die DA se politieke beleid ‘n geveinsde beleid is en nog altyd was. Die swart ras is bloot gebruik om die Afrikanervolk sy politieke mag te ontneem sodat die Nuwe Wêreld Orde se agenda ook in Suid Afrika glad kan verloop. Met apartheid het dit weinig indien enigiets te make. Binne die snelle verswarting van die DA word dit vir selfs die liberaalste blankes, soos Helen Zille, soos verwag en ook voorspel, nou onhoudbaar warm. Die deursigtige dun lagie vernis van verdraagsaamheid van swart teenoor blank, skuur vinnig af in ‘n veelrassige hiërargie waar getalle die norm is!

Ook in die geval van Constand Viljoen, wie se rol binne die weermag asook in die politiek, sy uiters bedenklike integriteit blootgelê het, is daar nou bekommernis oor die “onaanvaarbare ervaring met die unitêre staatsformule.” Ten spyte van sy erkenning dat die Afrikanervolk vanuit die staanspoor die volkstaatgedagte verwerp het, matig hy hom sowaar steeds die “status” aan om in sy ouderdom hom daarvoor te be-ywer. Of is dit dalk om op slinkse wyse sy waardigheid te probeer terugkry sonder om sy foute te erken en aan sy volk verskoning aan te bied?

Dat sy brief aan Orania se inhoud kastig krag verleen moet word deur ‘n “dr Klaus Baron Von der Roppe”, is waarskynlik net so bedenklik as die betrokkenheid van die Duitser Jurgen Kögl. Kögl wat saam met Constand Viljoen, sy DA tweelingbroer Braam Viljoen, Dries Bruwer van die TLU, dr. Piet Gouws van Vrystaatse Lanbou unie en ander “prominente” Afrikaners by die Idasa Komplot betrokke was. Ook die onderhandelings by ‘n duiweklub in Pretoria , byeenkomste wat aanvanklik heftig ontken is.

Viljoen se beroep op Orania vir selfbeskikking van die Afrikaner, in die lig van sy verraderlike optrede in belang van die Afrikaner se vyande, is só pateties dat die feit dat hy daardeur ook ‘n streep trek deur die Afrikaner se reg op Suid Afrika, uit misnoeë, maklik misgekyk word. ‘n Jakkals verander van haar maar nie van snaar!

UITTREKSELS UIT DIE ORANIA NUUSBRIEF.

Die Wes-Kaapse premier, Helen Zille, was onlangs in die sop oor ʼn twiet wat lui: “For those thinking colonialism was ONLY negative, think of our independent judicary, transport infrastructure, piped water etc.”

Constand Viljoen: "Orania moet leiding neem met selfbeskikking"

Die voormalige weermaghoof, Generaal Constand Viljoen, het in `n skrywe aan die Orania Beweging gevra dat die organisasie die inisiatief moet neem om Afrikanerselfbeskikking te bevorder. Die skrywe was in reaksie op `n Duitse kennis van die generaal, Dr Klaus Baron Von der Roppe, wat in `n artikel sy steun aan Orania toegesê het. Generaal Viljoen sê dat daar `n dringende behoefte is om `n nuwe inisiatief te neem ten opsigte van selfbeskikking. "Soos dit seker bekend is het ek deur middel van die Vryheidsfront tydens die 1994-onderhandelinge probeer om vir ons volk selfbeskikking eerder te beding as die staatsvoorstel van 'n unitêre staatseenheid. Dit was nie aanvaar nie vir vele redes onder andere omdat daar nie genoeg steun van binne ons volk daarvoor was nie. Na ek uitgetree het uit die politiek het die konsep al hoe meer vervaag en is van binne ons volk nie genoeg stoom ontwikkel nie en dit ten spyte van die onaanvaarbare ervaring met die unitêre staatsformule. My vriend uit Duitsland (Baron Von der Roppe) is 'n stoere ondersteuner en toon groot belangstelling vir die idee van heroorweging van die Afrikanervolk en veral ook selfbeskikking. Sy vrees is dat hierdie strewe binne die volk sal kwyn as daar nie gou uit die volk groter druk kom nie. As ek jonger was sou ek self bereid gewees het om weer te help maar my gesondheid is na 'n konkussie-ongeluk nie sterk genoeg nie. Ons twee wil voorstel en ernstig vra of Orania kans sien om in ag genome ons volk se netelige posisie in die unitêre bedeling 'n nuwe inisiatief te begin om ons volk 'n nuwe entoesiasme vir selfbeskikking te laat groei," skryf Generaal Viljoen.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie