1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
4449840

Besoekers aanlyn

Ons het 102 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

Mediaverklaring deur die Afrikaner Volksparty (AVP)

Die “Volksraadverkiesingskommissie” en “Boere-Afrikaner Volksraad” se nuutste foefies

(Uitgereik deur Pieter de W van der Spuy, AVP-woordvoerder oor Justisie)

Die AVP het met verbasing kennis geneem van die sogenaamde “Volksraad Verkiesingskommissie” (VVK) en sy voortbrengsel, die sogenaamde “Boere-Afrikaner Volksraad”, se oproep op “volksgenote” om opnuut by die VVK as “kiesers” te registreer. ‘n Regdenkende Afrikaner sou dink dat dié instellings en hul meelopers na hulle bespotlike, maar verraderlike en mislukte poging om ‘n volkstaatjie deur onderhandelinge met die Kommunistiese regime te beding, liewers stil-stil van die politieke toneel sou wou verdwyn. Maar wat wou! Volksgenote word nou weer opgevorder om as kiesers te registreer.

Dit sal hulle kwansuis bemagtig om op volksvergaderings leiding te gee nadat hulle leiers, heel voorspelbaar, misluk het om Zuma en die “internasionale gemeenskap” te oortuig om ‘n stukkie grondgebied aan hulle af te staan. Moontlik beplan die VVK ook ‘n tweede “verkiesing”, aangesien die termyn van die “volksraadslede” – die wat nog oor is – waarskynlik reeds moes verstryk het.

 

Boonop maak hulle misbruik van die onlangse vlaag van wrede plaasmoorde om hierdie opportunistiese projek, gerig op die bevordering van eiebelang, op dreef te kry. Die AVP verwerp hierdie optrede en wys op die volgende.

Die doelstelling van die VVK in 2009 was die verkiesing van ‘n verteenwoordigende volksraad vir sogenaamde Boere-Afrikaners om met die onwettige ANC/SAKP-regime te onderhandel vir ‘n volkstaatjie. Dr Pieter Möller, ‘n VVK-verkiesingsbeampte en destydse onderleier van die HNP, het voor die verkiesing gesê: “’n Paar honderduisend Afrikaners sal geregistreer moet word (as kiesers). As dié doel nie behaal word nie, sal die plan doodgebore wees.” (Die Afrikaner 17-23 April 2009) Na ‘n geswoeg is slegs 34 532 mense geregistreer. Die VVK en die HNP het egter volhard met hulle selferkende doodgebore plan. Die verkiesing is in April 2011 gehou en ‘n skamele 23 678 mense daag op by die stembus om die “verteenwoordigende” volksraad vir Boere-Afrikaners te verkies!

Hierna het hierdie wankelmoedige volksraad voorgestrompel met sy onbesonne plan en so gesorg vir een van die vernederendste insidente in die Afrikaner se geskiedenis. In ‘n neutedop: Die Boere-Afrikaner Volksraad, onder leiding van die HNP-leier, Andries Breytenbach, het in gesprek getree met die Kommuniste wat op onregmatige wyse beheer van Blank Suid-Afrika bekom het. Waarom? Om te pleit, steunend op die ANC/SAKP Grondwet, vir die teruggawe van ‘n stukkie van die grondgebied waarvan ons onregmatig ontneem is! En soos verwag kon word, is hierdie pleidooi koel, berekend en met minagting deur die Kommuniste van die tafel gevee. Wat ‘n gebrek aan insig; wat ‘n vernedering vir die Afrikaner!

Met hierdie optrede het Breytenbach en die “Boere-Afrikaner Volksraad” drie belangrike Afrikaner-nasionale beginselstandpunte van die moderne era verloën. Hulle is:

  1. Afrikaner-nasionaliste is in verset teen en onderhandel nie met die ANC/SAKP-regime nie.
  2. Afrikaner-nasionaliste sê dié land (dit wat voorheen bekend gestaan het as Blank Suid-Afrika) is ons land en basta met die idee van ‘n “volkstaatjie”.
  3. Afrikaner-nasionaliste verwerp die regime se grondwet as illegitiem en soek nie hul heil daarin nie.

Bogemelde optrede het die naïwiteit, die gebrekkige politieke oordeel en die opportunisme van die VVK en die “Boere-Afrikaner Volksraad” ontbloot. Dit is duidelik dat die toekoms van die Afrikanervolk nie toe te vertrou is aan hierdie instellings nie. Die Afrikaner Volksparty versoek Afrikaners om nuwe foefies vanuit hierdie oord, hetsy volksvergaderings, gewysigde volkstaatvoorstelle of nuwe VVK-registrasies en –verkiesings met beslistheid te verwerp.

Die AVP glo daar is nie kort paaie in die politiek nie. Die AVP volg die koers soos aangedui deur ‘n HF Verwoerd en ‘n Jaap Marais en handhaaf die beginselstandpunte wat hierbo aangestip is.

17 Maart 2017

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie