1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9954415

Besoekers aanlyn

Ons het 137 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

WAARVOOR IS DIE ANC BANG?

DIE NUWE DEMOKRASIE

Die veelgeroemde demokrasie van almal wat hulle daarvoor beywer het, lê aan skerwe!  Die Afrikanervolk het volgens al die geesdrywers van “nie-rassigheid”, mos kwansuis nie ’n demokrasie gehad nie.  Daardie afleiding vestig in die verknoeide vertolking dat ’n demokrasie slegs so genoem kan word as dit per definisie, “majority rule” is.

Hierdie nuwe definisie pas soos ’n handskoen as jy sonder enige prestasie, behalwe jou vermoë om voort te plant, wil aanspraak maak op iemand anders se besittings waarvoor hulle hard gewerk en met goeie beplanning verbeter en in standgehou het. Indien daar weerstand is om af te sien van wat volgens alle beskaafde norme joune is, kan daar onder die vaandel van die nuwe definisie van demokrasie, wette aangeneem word om op enige wyse dit wat nie verdien kon word deur vlytigheid, kundigheid en verantwoordelike en beskaafde norme nie, iemand anders s’n word, bloot omdat hulle meer as jy is.

ONBEKENDE BENADERING?

As daar nou van hierdie nuwe praktyke is wat nie die toets van beskawing en morele en sedelike waardes sal slaag nie, is die wetgewing nog altyd daar wat die nuwe demokrasie deur blote opsteek van hande vanweë die beginsel van majority rule in plek gestel het, sodat daar nie daaroor berig, gepraat  of geskryf mag word nie.

Wonderlike ding, dié nuutgevonde “demokrasie”.  Wat my egter verstom is die optrede van die Zilles, de Klerks, Turoks. Bormans en hordes ander wat bereid was om ’n beskaafde volk op te offer vir hierdie nuwe demokrasie, wat nou ernstige beswaar het teen die natuurlike uitvloeisels daarvan.  Indien dit ’n heel onbekende en ongetoetste benadering was, sou ’n mens nog begrip vir hulle “verbasing” en besware kon hê.  Hulle was egter sedert 1969 dringend daarteë gewaarsku op grond van ervaring vanuit die geskiedenis sedert ons volksplanting! Ek wil weer vra, wat het hulle verwag om te kry?

GEVOLGE

Motata, ’n nuwe demokrasie “dronkry-regter” sit al vyf jaar by die huis teen vol betaling en voordele, asof geld nooit kan opraak nie en elke instansie wat hieroor moet besluit, ’n swart meerderheid het. Voorts word daar ’n sluier getrek deur die “Gautengse” Premierskantoor oor R6 miljoen wat uitbetaal is vir twee begrafnisse, terwyl die Beeld koerant berig van dienstegelde wat gehef word van meer gegoede gebiede om te vergoed vir die wat nie betaal nie! Selfs Malema kla oor swartes wat lieg en steel en nie geskors word nie.  “Dubbel standaarde van die ANC” sê hy.

 

In die 2010-2011 boekjaar beloop net die regskoste van siviele eise wat die  polisie moet verdedig R106 miljoen.  Die polisie het ingevolge die nuwe demokrasie egter die vrymoedigheid om deur hulle minister, Nathi Mthethwa, die MRK se aanbevelings te ignoreer asof dit nie bestaan nie, terwyl ander sy optrede beskou as ’n bedreiging van die grondwet.

Die vrees vir al hierdie negatiewe en en daarby nog die barbaarse moorde op blankes wat ongehinderd deur die regime in volksmoord ontaard het, vereis drastiese optrede soos die ANC muilbandwet en visier op die regbank.  Om die regte ding te doen, is om terug te keer na beskaafde regeringspraktyke wat nie binne die raamwerk van die ANC Regime se “demokrasie” val nie.

Noorweë.

Integrasiedrywers sal dus vir solank as wat hulle maaksel Suid-Afrika probeer regeer, besig wees met die bymekaarmaak van die skerwe van ’n stukkende “demokrasie” waarmee geen regdenkende hom kan vereenselwig nie. So is ook Noorweë besig om dit op die harde manier uit te vind deur die natuurlike afskeiding in die skole van die inheemse bevolking, om weg te kom van die volksvreemdes wat hulle stelsels begin oorspoel.

Bly by wat jy geleer het omdat jy weet van wie jy dit geleer het, is ’n ou maar beproefde gesegde uit die Bybel, waarvan die versaking ons nog ten bloede toe gaan beproef.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie