’n Besondere beskrywing van die betekenis van misleiding is dat jy mislei word sonder dat jy weet dat jy mislei word, omdat jy nie weet dat jy mislei word nie. Die sukses van misleiding setel in verskeie gebreke in die mens se mondering. Eerstens in die gebrek aan kennis en daarnaas in naïewe goedertrou.
Die misleiers daarenteen, is meedoënloos, oortuigend en gewetenloos. Vir hulle is daar net een reël wat geld, naamlik die doel heilig die middel, hoe onheilig die doel ook al mag wees. Dit is hier waar ’n mens iets begin verstaan van die betekenis uit die Bybel as hy praat van die Satan wat hom voordoen as ’n engel van die lig.
Dit was die hoofsekretaris van die HNP wat by geleentheid geskryf het: “Die rigtingwysers is daar. Die HNP is bevoorreg dat aan ons ’n man gegee was met die besondere insig en kennis en werkywer wat Jaap Marais gehad het. Ons moet maar net dit wat hy geskryf het, gebruik en dan is die pad vorentoe reeds uitgekap.”
Gebrek aan geloof en ongeduld om te volhard op die pad wat Jaap Marais aangedui het, het die “nuwe” HNP leiers die pad laat byster raak en hulle lede in goeder trou agter hulle aangesleep, om nadat ons swaarverdiende land prysgegee is, ’n stukkie te gaan terug vra, wat Jaap Marais as,” ’n gruwelike vernedering in elke patriotiese sin beskou het”.
Dit is wanneer dit wat geskrywe is as rigtingwysers, vervang word met rigtings wat direk teenstrydig daarmee is, terwyl daar steeds volgehou word dat daar nie afgewyk word nie en mense dan oortuig word om daarmee saam te gaan, dit is dan wanneer wantroue en verdeeldheid onvermydelik aan ’n volk se ankers kom ruk!
Wat Jaap Marais as ’n riglyn vir die toekoms vir ons op skrif gestel het is net so geldend vandag as toe hy dit geskryf het. Hierdie land ís ons land en ons sál weer ons vryheid verwerf, kom wat wil. Ons sal weer die onomkeerbare omkeer. As ons nie dit vir mekaar sê nie , is ons as Afrikaner-nasionaliste nie eerlik in hierdie stryd nie. As die stryd vereis dat daar bloed moet vloei, moet ons daartoe bereid wees. Dit is die uitdaging wat die geskiedenis aan ons stel.
Stryd stel ’n groot toets aan ’n mens se geloof. Die Bybel sê: geloof is ’n oortuiging aangaande die dinge wat die mens nie sien nie en ’n bewuste verwagting van wat die mens hoop. Dit is geloof wat ons volk se leiers gedra het, het mnr. Marais gesê. Dit is geloof, trou en volharding wat ons volk uit sy beknelling moet lei.
’n Volk is groter as sy getalle. Diegene wat bevrees is omdat ons dan ’n minderheid sou wees, ken nie die krag van God nie en het die geloof verloën. As ’n minderheid se saak met God reg is, is so ’n minderheid ’n mag.
Terwyl daar oral in die wêreld konflik ontstaan wat spruit uit die invloei van volksvreemdes in groot getalle vanuit onderontwikkelde lande, laat ons daarvan kennis neem en dankbaar wees vir die insig waarmee ons voorsate en hulle leiers geseënd was en vir ons riglyne nagelaat het wat nie net ons volk nie, maar ook die ander volke in ons land beter lewensomstandighede gebied het as wat op enige ander plek in Afrika bestaan.
Leer dus opnuut uit die wysheid van dr. Malan: Glo in God, glo in jou volk en glo in jouself. Die Bybelse profesieë is besig om onverbiddelik in vervulling te gaan. Elke volk wie se leiers dit nie in aanmerking neem in hulle be-oordeling van wêreldgebeure nie, sal deur wêreldgebeure veroordeel staan.