1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9953346

Besoekers aanlyn

Ons het 120 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

POUS BEVORDER GESPREKKE MET AFGODSDIENAARS

 Die AVP het met misnoeë kennis geneem hoe daar in die naam van “vrede” gesprekke gevoer word met heidene in die “Naam van God” en daardeur aan hulle erkenning gegee word. Die Roomse kerk (sogenaamd Christelik) is doelbewus besig om afgode gelyk te stel met die Drie-enige God wat hemel en aarde geskape het en sodoende God se toorn op te wek teen die mensdom. Die Roomse kerk wat ook die middelpunt van Vrymesselary is, is op ’n doelbewuste Babiloniese pad van ’n een wêreld godsdiens, een geldstelsel en ’n een wêreld regering. Berig volg…

VATIKAANSTAD - Pous Benedictus XVI het 300 godsdienstige leiers uitgenooi om ’n vergadering in Assisi in Italië op 27 Oktober 2011 by te woon en "geweld in die naam van God" te midde van groeiende spanning aangevuur deur fundamentaliste oor die hele wêreld te repudieer.

Dié interreligieuse beraad , wat gehou word in St Francis van Assisi se geboorteplek, is bedoel om 'n "reis van refleksie, dialoog en gebed vir vrede en geregtigheid in die wêreld te wees” het die Vatikaan gesê.

Meer as 50 Islamitiese verteenwoordigers word verwag om die gesprekke tussen die verskeie lande, insluitend Saoedi-Arabië en Iran by te woon.

Hulle sal bygestaan word deur die Rabbi's, Hindoes, Boeddhiste, Jains, Sikhs, 'n Zoroastrisme volgeling,' n Baha’i volgeling en verteenwoordigers van Taoïsme en Confucianisme sowel as ander tradisionele godsdienste van Afrika en Amerika.

 Vir die eerste keer sal vier ateïste ook die vergadering bywoon op ’n Donderdag, wat georganiseer word sodat dit nie saam val met die Moslem dag van gebed op Vrydag, die Joodse een op die Saterdag of die Christelike een op Sondag nie.

 Die Imam van die Al-Azhar Universiteit in Kaïro, 'n swaargewig gesag op die Soennisme, sal dit nie bywoon nie, nadat hy ’n uitval met die pous gehad het omdat hy ’n  beroep op Egipte gedoen het om Christene te beskerm teen aanvalle deur radikale Islamiete.

 Die vergadering is gekritiseer deur die Katolieke fundamentaliste wat sterk gekant teen die idee van 'n dialoog met ander godsdienste.  Die geleentheid is die 25ste herdenking van die eerste interreligieuse ontmoeting in Assisi, wat georganiseer was deur Johannes Paulus II in 1986 as 'n "dag van gebed" en wat geïnspireer is deur die Verenigde Nasies se proklamasie van ’n Internasionale Jaar van die vrede.

 Inter-religieuse dialoog het oor die afgelope 25 jaar uitgebrei, en die pous sien dit "as 'n gemeenskaplike, onherroeplik erfenis van die Christelike verantwoordelikheid," het hy gesê.

 Die Pous se hoofdoel is om die deelnemers te laat saamstem tot  "'n gemeenskaplike verbintenis om die instrumentalisme van godsdiens en geweld in die naam van God, te verwerp " sê ’n  woordvoerder van die Vatikaan.

 Die 2de in bevel  van die pontifikale Raad vir inter-religieuse dialoog, Pier Luigi Celata, het gesê die probleme wat veral godsdienste bekommer is immigrasie, kulturele diversiteit, godsdiensvryheid en die verdediging van die gesin.

 "Hierdie kwessies verplig getroue mense van verskillende godsdienste om te kyk vir gemeenskaplike oplossings," het hy gesê.

 Aan die einde van die dag na gesprek, sal die belangrikste deelnemers hul verbintenis tot vrede in die vierkant in die voorkant van die basiliek van St Francis hernu.

 ’n Brandende fakkel sal simbolies aangebied word aan die afvaardigings in die hoop dat hulle die boodskap saam met hulle na hul gemeenskappe sal terug neem.

 

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie