Dit lyk tog of die bedreiging wat die verkiesing, wat met die hulp en ondersteuning van die HNP vir 23 en 24 September beplan was, uiteindelik tot die leierskap van die HNP deurgedring het.
Andries Breytenbach se bedekte waarskuwing aan die VVK dat ’n vrug wat ryp gedruk word, sleg en oneetbaar word, skep enersyds afstand tussen die HNP en die VVK en bevestig andersyds dat die HNP besef dat hulle nie gaan slaag nie en dat om enigsins geloofwaardigheid te behou, daar afstand geskep moet word deur ’n standpunt waarop teruggeval sal kan word.
Of die bestuur van die HNP egter hoegenaamd hulle geloofwaardigheid deur hierdie stap sal kan herstel, is ’n oop vraag.
Breytenbach se waarskuwing aan die VVK dat, “ Ons hoop van harte dat die VVK die lesse van die geskiedenis ter harte sal neem”, reflekteer eerder op hulleself wat ook téén die lesse van die geskiedenis, naamlik dat jy nie met die vyand onderhandel nie, dat jy nie op prinse vertrou nie en dat jy veral nie daaraan deelneem om ’n ander liggaam te help verkies wat jou volk in ’n bedeling moet intrek waarin afsonderlikheid, die Afrikaner se Republiek en ons historiese aanspraak op Suid-Afrika in die doofpot stop en dan nog dink dat jy met eer uit die stryd kan tree nie.
Om die VVK verkiesing ’n volkseie verkiesing te noem is verregaande. Die meerderheid van die Afrikanervolk wíl nie betrek word in ’n verkiesing wat daarop gemik is om sy erfenis in die hande van ’n klomp barbare oor te laat nie. Dan moet ons nog by hulle gaan pleit vir ’n stukkie van ons eie grond, waaroor húlle die seggenskap het van hoe groot en waar dit sal wees.
Verder bestaan die moontlikheid, volgens sommige Afrikaners se besorgdheid, dat indien die VVK daarin sou slaag om die Regime te oortuig om ’n stukkie grond iewers af te staan as ’n “Volkstaatjie”, dat die Regime nou “regmatig” Malema se grondgryp op die oorblywende Blankes sal toepas met die argument dat ons nou mos ons eie grond het.
Dit is slegs wanneer jou geloof jou verlaat het dat die omstandigheid van andere se ongeloof, jou na strooihalms soos die voorgestelde volksverkiesing laat gryp en dan nog die hele volk saam met jou die afgrond probeer intrek.
Die AVP se standpunt is steeds dat ons geloof moet behou, by ons beginsels moet bly en die sport en vermaak wat die brûe tussen rasse moet bou, die rug toekeer. Daarbenewens moet ons laer trek en ons geld aanwend om ekonomies onafhanklik van die regime se dienste te word deur mekaar daarin te ondersteun. Hoe langer ons ons met beuselagtighede ophou, hoe langer sal ons ellende duur.
Teen die laer van Bloedrivier het Dingaan se Impi’s hulle te pletter geloop! Laat ons oral waar ons en ons eiendom bedreig word, laer trek, op God vertrou nadat ons Sy genade afgesmeek het, Sy gebooie onderhou en dan voorberei teen dit waarmee ons bedreig word.
Hierdie land is óns land, net in dié mate waarin ons werklik bereid is om daarvoor te stry!