1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9196776

Besoekers aanlyn

Ons het 195 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

VOLKSMOORD OP DIE AFRIKANERVOLK

Die term volksmoord is deesdae op baie Afrikaners se lippe. Dit omdat die Afrikaner voel dat dit nie net bloot individue is wat vermoor en geteiken word nie, maar dat hierdie individue vermoor en geteiken word juis omdat hulle lede is van die Afrikanervolk.

Die deurlopende propaganda wat aan die sogenaamde Joodse Volksmoord (“Holocaust”) gegee word het gesorg dat die wêreld tot dusver van geen ander volksmoord kennis geneem het nie. Daarvoor het die Sioniste gesorg. Daarby sorg hierdie Sioniste dat die persepsie gehandhaaf word dat die Jode steeds vervolg word. So het Ariel Sharon, voormalige premier van Israel, verklaar:

“Today we are in the arena opposite the entire world”.

Daarmee saam word ontkenning van die bestaan, en selfs van die omvang van hierdie Joodse volksmoord ( die sogenaamde“Holocaust deniers”), aan die felste kritiek onderwerp. Persone wat hulle op hierdie terrein begeef, kry met Sionistiese wrewel in die ergste graad te doen.

Die wêreldmedia en veral die vernaamste en grootste dagblaaie en TV-stasies word deur die Sioniste beheer. Hulle weier om aan die feite van ander volksmoorde enige noemenswaardige aandag te gee.

 

The Black Book of Communism maak melding van die feit dat konserwatiewe skattings dit wil hê dat tussen 80 en 100 miljoen mense in Kommunistiese state vermoor is. Alexander Solzhenitsyn het die helkampe (gulags) in besonderhede in sy werke en veral in sy boek The Gulag Archipelago beskryf, maar daarvan word skaars kennis geneem.

 

Dan is daar ook die slagting van sowat nege miljoen Duitsers na die Tweede Wêreldoorlog waarvan James Bacque in sy boek Crimes and Mercies melding maak. Verder is 15 miljoen Duitsers teen hulle sin na die oorlog verskuif. Ook hieroor kraai geen haan nie.

 

In Afrika is volksmoorde ‘n algemene verskynsel. In ‘n kort tydjie het die Hutu’s die Tutsi’s se getalle met ongeveer 800 000 “verminder”. In Soedan en die Demokratiese Republiek van die Kongo, om maar enkeles te noem, was en is volksmoord aan die orde van die dag. Hieroor hoor ‘n mens wel hier en daar protesgeluide, maar nie naastenby vergelykbaar met die beriggewing wat verskyn oor die sogenaamde Holocaust nie.

 

Vir die Afrikanervolk om dus aan te toon dat hy aan ‘n volksmoord onderwerp word, is ‘n feitlik onmoontlike taak. Volksgenote mag dit eens wees dat toestande in Afrikanergeledere bykans daagliks versleg, maar internasionaal word kwalik daarvan kennis geneem.

 

Wat is ‘n volksmoord?

 

Die Verenigde Nasies het op 9 Desember 1948 die Konvensie insake die Voorkoming en Bestrawwing van die Misdaad Volksmoord aanvaar.

 

Hiervolgens kan ‘n volksmoord getipeer word as:

 

*           dade wat gepleeg word met die bedoeling om ‘n nasionale, etniese, rasse of godsdienstige groep te vernietig deur lede van die groep te dood of ernstige liggaamlike leed aan te doen;

*           deur die groep opsetlik te onderwerp aan lewenstoestande wat daarop bereken is om die groep fisies te vernietig;

*           toestande wat geskep word om ‘n volk se aanwas te verminder;

*           die gewelddadige verskuiwing van kinders van een van bogemelde groepe na ‘n  ander groep;

*           die aanstigting van mense om so ‘n groep te vermoor.

 

Nie alleen regerings en publieke amptenare kan vervolg word nie, maar ook privaat indiwidue.  Die definisie is wyd maar gee tog ‘n aanduiding van wat as volksmoord beskou kan word. In die lig van wat tans met die Afrikaner gebeur, is die vraag of die Afrikaner onderworpe is aan ‘n volksmoord. Indien wel, is die volgende vraag waar om die Afrikaner aan ‘n volksmoord onderwerp word. Dit is vrae wat ernstige besinning verg.  As die Afrikaner wel aan ‘n volksmoord onderwerp word, is die vraag wat daaromtrent gedoen behoort te word.

 

Is die Afrikaner onderworpe aan ‘n volksmoord?

 

Talle Afrikaners is reeds bewus van die aanslag wat teen die Afrikanerdom gevoer word. Min besef egter, of sal toegee, dat die aanslag die vorm van ‘n oorlog aangeneem het. Dit is nie ‘n konvensionele oorlog nie, juis omdat dit verbloem word agter woorde soos versoening, “die reënboognasie” en demokrasie.

 

Afrikaner in beskuldigdebank

 

Die Afrikaner is reeds vir jare in die beskuldigdebank geplaas weens die beleid van apartheid. Die aanslag het verhewig na die dood van dr Verwoerd toe sy opvolgers te kenne gegee het dat hulle sou wegbeweeg van die beleid van apartheid. ‘n Felle aanslag het teen Suid-Afrika gewoed oor dié beleid. Die wegbeweeg van apartheid het die intensiteit van die aanslag verhewig. Dit het in ‘n oorlog ontaard. Die oorlog het veral ‘n sielkundige oorlog teen die Afrikaner behels. Die NP-regerings van Vorster, Botha en De Klerk het soldate in die “Grensoorlog” laat sterf terwyl “tyd gewen” is om die bevolking te bestook met propaganda dat apartheid eers moreel onverdedigbaar, toe ‘n sonde en uiteindelik ‘n misdryf is. Dit terwyl meer as 80% van Afrikaners volgens ‘n RGN-opname in 1984 steeds apartheid ondersteun het.

 

Mense is dus oor jare gebreinspoel en het dit daartoe gelei dat 'n skuldgevoel hulle beetgepak het. Op hierdie wyse is die siel uit ons volk geruk. Die Afrikaner was sielkundig geknak. In ‘n bedrogvolle referendum daarna is die Afrikaner sy fisiese mag ontneem. As ‘n volk eers sy siel verloor het, het hy geen moed om die oorlog voort te sit nie. Daarom dat baie Afrikaners die uitslag van die referendum gelate aanvaar het. Elkeen wat apartheid veroordeel het, het dus ‘n bydrae tot die moord op ons volk gemaak.

 

Die oorlog is egter, na die oorgawe aan ‘n bende onbevoegde terroriste, verder voortgesit. So woed 'n oorlog tans teen die Afrikaner op elke terrein van ons samelewing. En as die geskiedenis verdraai word om apartheid in 'n slegte, en die sogenaamde "bevrydingstryd" in 'n goeie lig te stel, dan word dit gedoen in 'n gees van haat en 'n gees van oorlogvoering teen die Afrikaner.

 

Daarom sal die oorlog steeds in intensiteit toeneem omdat die einddoel is om die Afrikaner totaal te vernietig. Meeste volksgenote besef dit nie.

 

Gedaantes van volksmoord

 

Die misdaadgolf wat oor die land spoel is nie bloot toevallig nie. Dit is waar dat misdaad kenmerkend is van 'n staat (en veral Afrikastate) waar geen respek vir wet en orde bestaan nie. In Suid-Afrika gaan die misdaad verder as dit. Die misdaad is in sy brutaliteit by uitstek gerig op die Afrikaner. Afrikanerboere word vermoor, Afrikaner bejaardes word aangerand, Afrikanervroue word verkrag en Afrikaners is die teiken van diefstalle en rooftogte.

 

Hierdie misdaadgolf laat Afrikaners soos vreemdelinge in hulle eie land voel. 'n Stad soos Johannesburg waar Afrikaners 'n breshou geslaan het en waar steeds honderdduisende Afrikaners woon, het 'n vreemdelingstad geword en is sommige gebiede vandag buite perke. Pretoria, by uitstek dié Afrikanerstad, sal toenemend geteiken en van die Afrikaner vervreem word.

 

Mense lewe reeds in vrees op plase. Dorpe en stede sal die volgende teiken wees. In plaas daarvan dat misdadigers afgeskrik word deur straf, word wetsgehoorsame burgers gestraf deur die verskrikking wat die toename in misdaad tot gevolg het.

 

Die moorde op boere (veral Afrikanerboere) op plase het skrikwekkende afmetings aangeneem. Dit word beweer dat sowat 3000 boere sedert 1991 op plase vermoor is. Verskeie aspekte by hierdie moorde is opvallend:

*           Dikwels word baie min of niks van die vermoordes gesteel nie.

*           Feitlik deurgaans gaan die moorde met die grootste wreedheid gepaard.

*           Wat getalle betref, staan moorde op boere, totaal buite verhouding met die algemene moordsyfer in die land.

 

Ons land word reeds gereken as die moorddadigste in die wêreld. Die vraag is: waarom? Kan dit aan gewone wetteloosheid toegeskryf word, of is dit berekend? As dit gewone wetteloosheid of kriminalteit is, sou ‘n mens verwag dat meer eiendom geroof sou word tydens sulke aksies. Dit is nie die geval nie. Liggame word met die grootste wreedheid denkbaar vermink terwyl weerstand baie keer minimaal was. Die moorde is ook nie gebiedsgebonde nie. Van gewone wetteloosheid of sporadiese kriminaliteit is daar geen sprake nie. Dit is berekend en koelbloedig. Dit is ‘n manifestasie van moord op ‘n groep en daarom niks anders nie as ‘n volksmoord.

Die aanranding en verkragting van Afrikanervroue en -dogters is ook volksmoord, want dit is daarop gerig om ernstige fisiese leed aan die Afrikaner as volk aan te rig. Om ‘n vrou te verkrag, doen haar nie net fisiese leed aan nie, maar skend haar eer, haar waardigheid, en ja, uiteindelik, haar totale menswees.

 

Daar moet besef word dat ‘n Kommunistiese regering soos die ANC/SAKP-bewind, altyd van terreur en misdaad gebruik maak om sy beheer te behou. Dit is ‘n wesenskenmerk van die Kommunisme. Kommuniste praat daarvan om vyande van die bestel te “likwideer”. Dit is maar net ‘n ander woord vir uitwissing.

 

Apartheid gekriminaliseer

 

Vir baie jare is die beleid van apartheid gekriminaliseer en die Afrikaner by uitstek belaster. Daar is selfs sover gegaan om apartheid as ‘n misdryf teen die mensdom uit te maak. Na die oorgawe van die De Klerk-regering aan die ANC/SAKP-regime is voortgegaan om die sogenaamde Waarheids- en Versoeningskommissie (WVK) in die lewe te roep met een doel voor oë: Kriminaliseer die Afrikanervolk. Dit het ‘n aanslag op die Afrikaner se selfrespek gedoen soos nog nooit tevore in die geskiedenis nie. Dit het kort duskant die vernietiging van die Afrikaner se selfrespek gedraai. Die sielkundige oorlog teen die Afrikaner is deur die WVK voortgesit en verhewig.

 

Sonder om enigsins moeite te doen om apartheid te definieer en met ‘n blatante verdraaiing van die waarheid, het die WVK tot die gevolgtrekking gekom dat die staat wat voor 1994 bestaan het, krimineel was. Dan Roodt skryf heel tereg in sy boek Om die Waarheidskommissie te vergeet”dat die WVK die hele Suid-Afrikaanse geskiedenis wil aankla:

 

“...in terme van een enkele mistasting, naamlik dat apartheid ‘n misdryf teen die mensdom was...”

 

Dit was sogenaamde Afrikanerleiers, mense vanuit eie geledere, aangehits deur 'n vyandige media en omgekoop deur geld, wat onder hierdie druk geswig het en self die stryd teen die Afrikaner ontketen het. In 1976 het Pik Botha by die VVO gesê dat apartheid moreel onverdedigbaar is. Later het die Afrikaner-Broederbond apartheid veroordeel en uiteindelik het die grootste kerk in Afrikaner-geledere, die NG-kerk, apartheid as sonde veroordeel. Die stelling dat apartheid moreel onverdedigbaar is, het as finale gevolg dat die Afrikaner misdadigers geword het!

 

Apartheid is ook deur die VVO deur middel van die Internasionale Konvensie op die Onderdrukking en Bestrawwing van die misdaad Apartheid in 1973 as 'n misdryf teen die mensdom verklaar.

 

Apartheid is hiervolgens beskryf as –

 

*           dade wat ten doel het om dominasie van een groep oor ‘n ander te verseker en die ander groep stelselmatig te onderdruk;

*           die oplê van maatreëls om ‘n rassegroep tot niet te maak;

*           die oplê van maatreëls om ‘n rassegroep deelname aan die sosiale, politieke en ekonomiese lewe van ‘n land te ontsê.

*           maatreëls wat gerig is daarop om die bevolking op ‘n rassegrondslag te verdeel deur byvoorbeeld die daarstel van reservate, onteiening, ensovoorts.

 

Vir enige objektiewe waarnemer behoort dit duidelik te wees dat die tuislandbeleid juis dominasie van een rassegroep wou voorkom, rasse-uitwissing wou voorkom, en volle deelname aan die besluite van elke land vir elke volksgroep wou gee.

 

Stjepan Mestrovic skryf in sy boek Genocide after Emotion:

 

“As jy genoeg emosie opwek oor ‘n leuen, is die saad gesaai vir ‘n volksmoord”.

 

Dit is ‘n leuen dat die apartheidsbeleid van dr Verwoerd ‘n misdryf was, maar die wêreld het dit, met die samewerking van Afrikaner-renegate, dié misdryf op die planeet gemaak. Hoe ironies is dit nie dat gemeet aan die definisie van apartheid van die VVO, die huidige regime skuldig is aan - die misdryf apartheid!

 

Maar die Afrikanervolk is dus spesiaal uitgekies om geteiken te word. Daarom het die Criminal and Civil Code van die ANC (die kode), nie slegs apartheid 'n misdryf gemaak nie, maar alle verset teen die ANC. Die kode is 'n voortsetting van die idees wat vergestalt word in die Freedom Charter van 1955. Die kode stel hom ten doel om alle teenstand teen die oogmerke van die ANC uit te skakel. Dit bepaal dan ook dat teenstand teen die Freedom Charter 'n misdryf teen die mensheid is. In kort beteken dit net een ding:

 

“Oorwinnaar maak die reg”.

 

Daarby het die Freedom Charter verwagtinge by Swartes geskep wat nooit kan realiseer nie. Ten einde aan hierdie verwagtinge te probeer voldoen, is “regstellende” optrede noodsaaklik. Dit impliseer ‘n herverdeling van inkomste en bates en sal eindig by ‘n Zimbabwe-toestand waar die regime, ten einde te probeer om stemme te behou, sonder meer op Blankes se eiendom beslag lê. Malema verkondig maar net ‘n beleid wat lankal reeds onder Afrikaners bekend behoort te wees. 

 

In die bekende hoogverraadsaak van 1961 het die latere hoofregter Rumpff in sy uitspraak gestel dat:

 

“die staatsvorm wat die ANC in Suid-Afrika wil vestig, gegrond [is] op die Freedom Charter, dat dit radikaal en fundamenteel verskil van die bestaande en dat dit wat deur die Freedom Charter bepleit word, niks anders is nie as ‘n diktatuur van die proletariaat en derhalwe ‘n Kommunistiese staat”.

 

Daarby weet ons dat die Kommunisme nie net ‘n ideologie is nie, maar ook ‘n metode van konflik oor ‘n uitgerekte tydperk. Wie derhalwe glo dat hierdie konflik, hierdie oorlog, hierdie uitwissing, gestaak sal word duskant die vernietiging van die Afrikaner, sal wreed ontnugter word.

 

Belaster die Afrikaner!

 

‘n Volk is nie net ‘n groep mense van vlees en bloed nie. Net soos mense het volke ook selfrespek en integriteit. Daarom is die belastering van ‘n volk en sy leiers ook ‘n aanslag op die lewe van daardie volk. Dit het ten doel om daardie volk se bestaansreg aan te tas en uiteindelik te ontken. Wanneer ‘n volk in die oë van ander gekriminaliseer is, is die fisiese uitwissing van daardie volk geregverdig. Dit is ‘n verdere “gesofistikeerde” vorm van volksmoord.

 

Wanneer so ‘n volk self twyfel oor sy bestaansreg, pak ‘n skuldgevoel daardie volk beet wat sy wil om voortbestaan verlam en sy moed om op te staan vergiftig. Dan vind volk-selfmoord plaas. As die hele wêreld boonop skreeu “die Afrikanerdom moet vernietig word”, dan skep dit stygende verwagtings en opbouende aggressie by Swartes wat geen historiese aanspraak op Suid-Afrika het nie. Toe dit boonop uit eie geledere voortgesit is, het die vyande van ons volk harder begin skreeu. Die Afrikanervolk was uitgelewer aan sy vyande en ‘n groot deel van die Afrikanerdom het aan hulle bestaansreg begin twyfel - twyfel wat demoraliserend ingewerk het op die Afrikaner se gemoedstoestand tot by ‘n punt waar Afrikaners gekraak het.

 

Daarbenewens is daar die ekonomiese verknegting van die Afrikaner. Verskeie vorms van belasting dreineer die inkomste van elke volksgenoot, ons geldeenheid het dramaties verswak teen die dollar, inflasie en verhoogde lewenskostes vreet besparings op, misdaad laat versekeringspremies styg, mediese skemas raak onbekostigbaar en mediese kostes onbetaalbaar en Afrikaners moet plek maak vir die hordes (ook onwettige immigrante) in die arbeidsmark. Dit is ‘n verdere faset van volksmoord.

 

Wanneer standbeelde en apartheidsimbole afgebreek word, gebeur dit nie in 'n gees van versoening nie, maar in 'n gees van oorlog en haat. Die doelbewuste pogings om onderwys te integreer en te verengels is ‘n vorm van oorlog teen die Afrikaner om hom uit te wis.

 

Die wetgewing waardeur Blanke plase onteien en Swartes permanente verblyfreg op Blanke grond gegee sal word, is niks anders as 'n oorlog teen die Afrikaner nie. Dit is ‘n oorlog op elke terrein van ons volk se bestaan; dit is ‘n oorlog om die Afrikaner uit te wis.

 

Wanneer ‘n volk sy reg om te regeer in ‘n land prysgegee het, en daar word voortgegaan met ‘n oorlog teen daardie volk op elke terrein van die volk se bestaan, kan daar net een rede daarvoor wees: Om daardie volk uit te moor! Dan vind ‘n volksmoord plaas.

 

Reaksie van volksgenote

 

Terwyl dit alles met ‘n volk gebeur reageer volksgenote op verskillende wyses. Verbittering tree by baie in, maar argeloosheid ongelukkig ook. Ander emigreer die land uit en gaan uiteindelik op in ander nasies. Erger nog is daar diegene wat hulle met die vyand assosieer en assimileer en uiteindelik netso hard saam met die vyand teen volksgenote werk. In ‘n meerdere of mindere mate is die paaiers en die napraters en vredepraters, soos die verraaiers, ook aandadig aan hierdie volksmoord.

 

Die oorsprong van die volksmoord op die Afrikaner

 

Die Afrikaner moet om verskeie redes uitgewis word:

 

Minerale rykdom

 

Eerstens is Suid-Afrika die land wat per vierkante meter die rykste neerslag van minerale rykdom in die wêreld het. Sy goud, vanadium en platinum plaas hom onder die eerstes in die wêreld in produksie en reserwes. In nog nege ander metale en minerale is Suid-Afrika onder die eerste tien state in die wêreld. Daarby is Suid-Afrika se ligging as handels- en verbindingsroete tussen die Ooste en Weste steeds uiters gesog.

 

Die beheer van hierdie minerale en seeroete is ‘n groot magsfaktor. Dit het die wêreld se fortuinsoekers op hierdie land losgelaat. Enigeen wat sou poog om hierdie fortuinsoekers teë te gaan, het dit ontgeld en moes vernietig word.

 

Op 12 Augustus 1970 het mnr Harry Oppenheimer tydens ‘n gedenklesing van die veelbewoë Jameson-inval die volgende te sê gehad:

 

“As daar ‘n Blanke gemeenskap was, só selfvoldaan, só agterdogtig teen vreemde invloede dat hulle selfs teen groot materiële koste geweier het om saam te werk aan die bou van ‘n verenigde moderne land, dan moes die gemeenskap vernietig word... Rhodes was reg om die Boerevolk van Transvaal te probeer vernietig”.

 

Onlangs nog skryf pres Richard Nixon van die VSA in sy boek The Real War:

 

“Our aim is to get control of the treasure house ... of Southern Africa”.

 

Hierdie minerale rykdom mag nie in die Afrikaner gesetel wees nie. Daar is agter verskillende teorieë en ideologieë geskuil om hierdie hebsug te verbloem. Daarom sê pres Paul Kruger in 1899:

 

            “Dit is nie die stemreg wat julle wil hê nie. Dit is my land.”

 

Britse haat

 

In die twee plek is daar die Britse haat teen die Afrikaner.

 

Die Afrikaner was die enigste volk in Afrika wat weerstand gebied het teen Britse hebsug en -imperialisme. Toe die Britte na die anneksasie van Transvaal dink die Boere het gaan lê en selfversekerd sê dat die Boere netso min hulle onafhanklikheid sal terugkry as wat die Vaalrivier na sy oorsprong kan terugvloei, vind die Slag van Majuba plaas en die Britte verloor ‘n oorlog teen die Boere.

 

Dit het ongetemde haat in Britse geledere bewerk. In die daaropvolgende oorlog (Engelse Oorlog) moes wraak geneem word. Die wraak is op barbaarse wyse voltrek deur meer as 26 000 weerlose vroue en kinders te laat sterf in onmenslike toestande. Dit was ‘n totale oorlog waarin 400 000 Britse soldate op 40 000 teenstanders losgelaat is. Lord Alfred Milner se woorde was:

 

“The Afrikanerdom must be exterminated”.

 

Generaal Jan Smuts het tydens die oorlog gesê:

 

“the war gradually deteriorates in an attempt to massacre the Afrikaner people”.

 

Ondanks die feit dat die Boererepublieke in puin agtergelaat is en Milner toegee dat “the country is a complete wreck”, verklaar hy na die oorlog:

 

“The South African struggle continues. It is not a war with bullets, but it is war still.”

 

HT Colenbrander skryf dan ook na hierdie oorlog dat die wêreld nog nie met die Boere afgereken het nie. Daar kan net een rede wees vir ‘n wenner in ‘n oorlog om die oorlog na vredesluiting voort te sit en dit is om die teenstanders finaal uit te wis. In 1991 beskryf Richard Crompton van Oxford in Engeland hierdie oorlog as “ethnic cleansing”.

 

Dit het nie by woorde gebly nie. Miljoene rande is deur die Britte bewillig aan die ANC en andere om hierdie moord te voltrek. ‘n Beroep op die buiteland, op die wêreld, en op die VVO, sal die Afrikaner gevolglik niks help nie. ‘n Volk wat as ‘n misdadige volk bekend staan, kan min simpatie van die ander volke in die wêreld verwag.

 

Daarom skryf die International Express in Maart 1994:

 

“The Boers are largely stupid. They are gross, foul-mouthed and bloated with arrogance. They are probably the most unattractive breed on God’s earth. And they are on their own”.

 

Swart barbarisme

 

Derdens is dit ‘n feit dat die Swartes van Afrika geen Blanke mede-bestaansreg op die kontinent gun nie.

 

Toe Piet Retief en sy manne Dingaan in Februarie 1838 besoek om in alle goedgesindheid te onderhandel, is hulle met die woorde Bulalani Abathakati (Maak dood die towenaars) begroet. In 1994 hoor ons hoe Peter Mokaba dit uitroep: “Kill a Farmer. Kill a Boer”. Ander skreeu: “One Settler. One Bullet”. Julius Malema borduur vandag voort op dieselfde tema. En as die boere en Afrikaners vermoor word en hulle durf daaroor kla dan word hulle begroet met: “Adapt or die”.

 

In 1990 skryf eerwaarde Robert Slimp in ‘n Amerikaanse blad dat die ANC se agenda die volslae vernietiging van die Afrikanervolk behels. In Zimbabwe wil Mugabe nie uittree voor hy behoorlik met die Blankes afgereken het nie.

 

Dr Albert Schweitzer, die Nobel vredesprys wenner, wat sy lewe gewy het om die toestande van Swartes in Afrika te probeer verlig, het gewaarsku dat Blankes nie met die Swartes moet verbroeder nie; ja dat hy wat poog om die Swarte sy gelyke te maak deur die Swarte verteer en vernietig sal word. Keith Richburg, ‘n Neger, skryf in sy boek Out of America en nadat hy die massamoorde van Tutsi’s moes aanskou dat hy moeg gelieg is oor Afrika, dat hy maar te dankbaar is sy voorvaders het die tog na Amerika as slawe oorleef.

 

Paul Johnson skryf in sy boek Modern Times van die afgryslikhede van Afrika-leiers soos Banda van Malawi, Mobutu van Zaïre en Kenyatta van Kenia; hoe stamme mekaar se bloed drink en lewers eet; hoe Idi Amin sy eie seun vermoor en sy hart geëet het. Johnson sê dat Afrika daarin slaag om barbarisme weer en weer te ontdek. Beeld van 17 Maart 2001 het berig van ‘n Swarte wat voor sy vriende ‘n ander Swarte doodgemaak het, sy bloed opgelek het en opgemerk het:

 

“Die hond is dood”.

 

Mees formidabele mag

 

Laastens besef die Swartes van Afrika én die Britte met wie hulle te doen het. As hierdie volk nie uitgemoor word nie, sal hy opstaan. Daar is nie verniet al na die Boere verwys as die mees formidabele mag wat ooit Imperiale Brittanje se weg gekruis het nie. En die Swartes weet van Bloedrivier, Vegkop en die Grensoorlog. Vir daardie Boere is hulle bang. Daardie verset moet ten alle koste gekeer word.

 

Daarom sal die ANC/SAKP-regime gerugsteun deur Brittanje nie rus voordat die laaste spore van die Afrikaner uitgevee is in hierdie land nie. Moet u dus nie laat vertel dat hierdie oorlog verby is, of stopgesit sal word nie.

 

Kan die volksmoord gestuit word?

 

Kan daar iets aan gedoen word? Miskien moet die vraag omgekeer word: Kan die volksmoord toegelaat word? Daarop sal die antwoord sekerlik nee wees. Indien wel, moet iets daaraan gedoen word. Die enigste antwoord op hierdie oorlog is om dit te beantwoord met soortgelyke teenoptrede en beslis nie met ‘n gepaai nie. Daar is niks wat die vyande van die Afrikaner so vrees as Afrikanerverset nie. Want hulle weet waartoe begeesterde Afrikaners in staat is.

 

Verset en selfrespek

 

Om in verset te kom vra herwinning van selfrespek. Dit vereis om die gevoel van magteloosheid en twyfel af te skud, want moedelose mense kan nie offensief optree nie. Vertwyfeling veroorsaak dat Afrikaners nie meer ‘n rasionele greep het op hulle toekoms nie en dit maak mense emosioneel verward. Om stil te bly en niks te doen nie, is boonop ‘n vorm van skulderkenning.

 

As ons elke dag vir mekaar sê dit is ‘n tragedie wat met ons gebeur en ons toestand is ellendig, sal dit more weer gebeur, want tragedies gebeur met volke wat niks omtrent die onreg teen hulle doen nie. Ons word slawe in hierdie land net omdat ons te sleg geword het om vir ons vryheid te veg.

 

Die oproep moet dus wees: Ruk jouself reg! Hierdie stryd vra moed om op te staan. Dit vra durf om terug te slaan. Dit vra verset. En verset is die wagwoord van nasionalisme. Verset begin by woord een sal by dade moet eindig. Dit is die harde werklikheid. Laat ons maar weer herinner word aan die bittere stryd van ons voorvaders. Helde was uit stryd gebore en nie uit mooipraat nie. Stryd verg opoffering. In die Engelse oorlog is vroue en kinders vermoor en plase afgebrand. Dr Verwoerd is vir sy verset met ‘n dolk in die parlement doodgesteek. Dit is wat wag op diegene wat in die pad gaan staan van hulle wat die Afrikaner wil vernietig.

 

Voortbestaan op die spel

 

Ons moet onthou dat die Afrikaner se bestaansreg nie, soos NP van Wyk Louw dit gestel het, op onbreekbare tafels geskryf staan nie. Dit moet elke dag met wil en daad geskep word. Daarvoor kan ons ons nie op internasionale simpatie of internasionale konvensies beroep nie. Ja, dit is baie naiëf om te dink dat die wette van ‘n land of die regstelsel van die wêreld die Afrikaner se krisis kan oplos. Die “dieper reg van ons volk” se bestaan lê beslis buite die besluite van organisasies, enkelinge, wette en beredenering.

 

Die geskiedenis het al dikwels, soos by Bloedrivier en Majuba, ‘n klein minderheid van ‘n volk, in ‘n sentrale rigtinggewende posisie geplaas. Die toekoms van hierdie volk sal weer geskep word deur die magtige stryd wat vanuit ‘n baie klein geledere ontketen moet word.

 

Dit is groot woorde en verg nederige besinning. Dit verg dat ons weer, soos daardie groot Afrikaner, Jaap Marais altyd gesê het, die rots sal aanskou waaruit ons gekap is.

 

Geloof

 

Hierdie stryd verg in die laaste plek dit wat voorop in ons lewens moet staan, naamlik geloof. As alles dan rondom ons duister en troosteloos is, dan kan alleen geloof die duisternis verlig en die wanhoop in hoop verander. Geloof laat hom nie bestry deur beredenering nie. Geloof, alhoewel onbewustelik aan die werk, ook in ‘n volk, besiel ‘n volk se lewe en verhef sy bestaan. In hierdie beproewing moet ons opkyk na die berge en sien waar ons hulp vandaan kom. ‘n Volk wat in geloof lewe, is onvernietigbaar, so het ons geleer.

 

Geen oproep tot internasionale konvensies, buitelandse simpatie, hofsake of die een of ander opportunistiese omstandigheid van watter aard ookal, sal die Afrikaner van hierdie uitwissing red nie.

 

Slegs die geloof in God en in ons saak, die moed en die durf om op te staan teen die onreg en wil om te volhard tot die einde.

 

 

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie