Op die voorblad van die SOWETAN van Vrydag 6 Mei 2011, verskyn ’n foto van Helen Zille met die onderskrif: “ZILLE EMBRACES FREEDOM CHARTER”, naas ’n foto van die standbeeld van dr. H.F. Verwoerd wat onder beskerming van die donker, in die nag deur die DA van die Midvaal Munisipale perseel in Meyerton verwyder is. Die Afrikaner Volksparty het Afrikaners al by herhaling gewaarsku dat as jy in ’n verkiesing stem, stem jy nie in die eerste plek téén iemand nie, maar jy stem vír die beleid van die party waarvoor jy stem. Vir ‘n party in Suid-Afrika wat swart stemme wil werf, moet só ’n party noodwendig hoër bie vir sulke stemme as wat die ANC daarvoor bie!
Met die FREEDOM CHARTER as bloudruk waarvolgens die ANC opereer, bie hulle die Afrikanervolk se totale besit in ruil vir swart stemme! Waar die wet dit nie toelaat nie, sê Malema sal hulle op ’n “demokratiese” wyse nuwe wette aanneem. Met ander woorde hulle sal bloot deur hulle getalle oorwig daarvoor stem! Die verraad van die de Klerkregering het die politieke mag as nuwe wapen in die swartes se handgegee en hulle gebruik dit met oorgawe!
Nou sê Zille, nogal op die Walter Sisulu plein in Kliptown, Soweto, “We subscribe to the FREEDOM CHARTER just like the ANC”
In Pretoria bring sy hulde aan die afgestorwe Mkhonto WeZiswe terroris, Solomon Mahlangu.
Wat blanke en veral Afrikaanse kiesers hulleself moet afvra, is waarom stem vir ’n party wie se beleid daarop gerig is om Suid-Afrika te vernietig en die blankes een vir een te laat uitmoor? Verbeterde dienslewering met die FREEDOM CHARTER as grondslag het die afgelope 17 jaar geblyk onhaalbaar te wees soos wat dr. Verwoerd dit al in 1954 op skrif voorspel het.
Om met Zuma te dans, gekleed soos wat vergelyk sou kon word met regter Johan Kriegler se vergelyking dat jy nie kan kuis bly as jy in ’n bordeel werk nie en dan nog die FREEDOM CHARTER as grondslag te onderskryf, sal behalwe dat dit slegs veragting van die swartes vir die blanke vrou tot gevolg sal hê en weinig stemme sal genereer, vir blanke kiesers op die duur net ellende inhou asof hulle vir die ANC self gestem het! Die beleid is dieselfde! As jy blank is, gaan jy ge-offer word terwille van swart stemme.
Met die VF-positief se openbare erkenning dat hy ook veelrassig in die verkiesing ingaan, bly daar vir die Afrikaner net een eerbare weg oor. Ja, jy is reg! BLY WEG!