1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9959114

Besoekers aanlyn

Ons het 76 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Godsdiens

In Matteüs 26-28, Marcus 14-16, Lucas 22-24 en Johannes 18-21

Op Vrydag die 3e April het ons die kruisiging van Jesus Christus, die Seun van ons Hemelse Vader herdenk. Laat ons dan ook nie Sy opstanding vergeet en veral die waarde daarvan nie. Terwyl die kruis in daardie dae geen ander betekenis gehad het as teregstelling, met ander woorde die doodmaak op ‘n wreedaardige wyse van iemand wat ‘n bedreiging vir die Romeinse ryk sou inhou, met die doel om elke voornemende oortreder af te skrik deur die openbare voltrekking daarvan, word die kruis vandag vir die algehele teenstelling daarvan aangewend.

Laat ons fokus dus nie op die kruis wees nie maar op Hom wat opgestaan het uit die dood, sodat  elkeen wat asem het  die geleentheid het om daardeur van die ewige dood gered te word deur  geloof, hoop en gehoorsaamheid, ons daarin verbly en ons dankbaarheid betoon deur die lewens wat ons lei volgens die riglyne uit die WOORD..

 

Matteüs 27:50-

50   Daarop het Jesus weer met ’n groot stem geroep en die gees gegee.

51  En kyk, die voorhangsel van die tempel het in twee geskeur, van bo tot onder, en die aarde het gebewe en die rotse het geskeur;

52  en die grafte het oopgegaan en baie liggame van die ontslape heiliges het opgestaan.

53  En ná sy opstanding het hulle uit die grafte uitgegaan en in die heilige stad ingekom en aan baie verskyn.

54  En toe die hoofman oor honderd en die wat saam met hom Jesus bewaak het, die aardbewing sien en die dinge wat daar gebeur, het hulle baie bevrees geword en gesê: Waarlik, Hy was die Seun van God

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie