1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9962715

Besoekers aanlyn

Ons het 143 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Godsdiens

GEROEP OM VIR HOM TE LEEF

alt1 Tessalonisense 4:1-12

In vers 7 van die gelese gedeelte word ons as God se kinders opnuut herinner aan ons roeping op aarde hier in samelewing wat toenemend humanisties van aard raak.   “Want God het ons nie tot onreinheid geroep nie, maar tot heiligmaking.”

Ons besef dat ons ook soveel goeie gawes van die liewe Vader ontvang wat dit laat reën oor regverdiges sowel as onregverdiges.  Hierdie gawes en goeie dinge wat ons uit ons Vader se Hand ontvang, moet ons met blydskap en dankbaarheid ontvang, maar ons moet nooit ons lewe sodoende begin leef om uitsluitlik ingestel te wees op genietinge, genot en dies meer nie. 

Ons moet onthou dat ons steeds ons lewens na God se welbehae moet probeer leef en daarna streef om elke dag meer en meer soos ons Verlosser, Jesus Christus, te probeer leef om sodoende te vorder op ons pad na heiligmaking.  Hiervoor het enige mens vreugde, blydskap, dankbaarheid, voorspoed, hartseer, beproewing en ook teëspoed nodig.  Sonder ‘n liefde vir God sal ons al hierdie dinge nie altyd met ‘n goeie gesindheid kan aanvaar nie, want ons sal gevaar loop om God te dien met ‘n ydele en valse gesindheid vir die wêreldse voorspoed wat ons van Hom kan ontvang. 

Hierdie ingesteldheid op die mense se deurgaanse genot en genietinge sal veroorsaak dat ‘n mens God probeer manipuleer om jou eie, soms selfsugtige begeertes, te kan verkry.  Waar is die diens aan God in ons Godsdiens wanneer Hy dan moet reg staan om na ons pype te dans?  Is ons dan waarlik besig om Hom te dien of Hom te probeer gebruik om ons te dien?

 

Wanneer ons kyk na die goeie gawes van gesondheid, verstand, werk, verblyf en soveel dinge in ons lewens wat ons as vanselfsprekend aanvaar, besef ons hoe Hy na ons omsien sonder dat ons dit dalk daagliks besef.  Daar is geen rede waarom Hy, wat die Skepper en Heerser oor die heelal is, al hierdie dinge aan ons MOET gee nie.  Hy gee dit uit liefde aan ons en verwag dat ons Hom sal dien uit dankbaarheid met ‘n opregte hart en dat ons Hom sal liefhê.  Ons liefde vir Hom moet egter ‘n opregte liefde wees waarin ons sal streef om kinders na aan Sy hart te wees, wat al Sy welbehae sal doen en nie ‘n manipulerende liefde sodat Hy ons tydelike begeertes moet vervul nie. 

Een van die mees suksesvolle taktieke wat die Satan gebruik om mense van God af weg te rokkel, is om met leuens en halwe waarhede mense weg te lok op verkeerde weë wat op die oog af blyk besaai te wees met genietinge en vrolikheid.  2 Thes. 1:9&10:  “hy wie se koms is volgens die werking van die Satan met allerhande kragtige dade en tekens en wonders van die leuen en met allerhande verleiding van ongeregtigheid in die wat verlore gaan, omdat hulle die liefde tot die waarheid nie aangeneem het om gered te word nie.”  Wanneer ons waarlik tot bekering kom en ons lewe aan God toewy, moet ons ons kant bring om ons kennis van Hom te vermeerder deur voortdurende Skrifstudie te doen, want laasgenoemde sal ons in die Waarheid onderrig.  Hoe meer ons in die waarheid onderrig word, hoe meer sal ons dit liefkry in die wete dat waarheid, soos liefde, een van God se eienskappe is en dat dit ook iets is wat ons voortdurend in ons lewens moet omarm.  Adam en Eva is met ‘n leuen verlei tot sonde, Christus is deur leuens en valse getuienis as skuldenaar afgemaak en gekruisig en deur die leuen saai die Satan steeds verwoesting in ons eie lewens in die huidige samelewing.

Ons as volk is met leuens laat glo dat ons die grootste skuldenaars en sondaars is wat die aardbodem bewandel, omdat ons probeer het om ons land en volk te rig in die weë van God, al het ons steeds menige menslike foute in laasgenoemde begaan.  Huidiglik veroorsaak die Satan soveel hartseer en verdriet deur mense te laat glo dat God se verordeninge ouderwets geraak het en dat die mens eintlik die belangrikste wese in die heelal is en dat selfs God moet gereedstaan om die mens te dien.  Hierdie valse afgodery wat selfs vanaf kansels verkondig word se skade aan die mensdom sal moeilik in omvang bepaal kan word, maar ons moet onthou dat ons as God se kinders, nooit die leuen gelate kan aanvaar nie.

Dit is ons verantwoordelikheid om uit liefde vir God, uit liefde vir die Waarheid, vir Geregtigheid, te volhard in Sy verordeninge wat Hy vir die mens gegee het sodat die eer van Sy Naam deur ons lewens verheerlik mag word.  Dit is ons verantwoordelikheid om nooit die stryd gewonne te gee teen die leuen, en die vader daarvan nie, want daartoe is ons geroep.

Al gaan die leuen ook hoe snel, die waarheid agterhaal hom wel.  Uit liefde en met ywer kan en moet ons stry hier in die land wat Hy aan ons toevertrou het, want daartoe is ons geroep!

 

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie