In die nuwe Suid-Afrika lê ‘n verwoeste politieke landskap. Tussen die puin en pyn soek Afrikaners antwoorde. Hoe droom ‘n Afrikaner vandag oor regverdigheid en selfbehoud? Ja, ons is vasgevang in etniese en morele doodlope en verval, eerder as ‘n poging tot heropstand. Die DA en FV+ het weereens verwagtinge dat barbare ‘n voorspoedige toekoms kan skep. Om dit te glo, moet jy maller wees as N’kosi Khasi wat in 1856 geprofeteer het onder die Zoeloes, dat die slagting van hul beeskuddes ‘n glinstering in hul toekoms sou bring, wat in werklikheid uitgeloop het op massa verhongering.
Die opkoms van twee sonne was net so ‘n mal gedagte, as die huidige naratief van die DA en VF+. Hul soeklig is gefokus op huidige onoplosbare sosiale kwale, instede van permanente oplossings. Wat die Regering van Nasionale Onenigheid moet weet, is dat die toekoms van die Afrikaner nie geskryf sal word met hul drakoniese wette nie, maar in Afrikaner opstand. Die hanskakies (DA) en wit Afrikane (VF+) ontken vandag hul eie identiteit en besitreg. Hulle is soos ‘n kankergewas wat ons volksliggaam verswak.
Hulle beskou Suid-Afrika as ‘n simboliese tuiste en hul lojaliteit is verweef met die ANC en ander Afrikaner-haters. Hul konfrontasie is gerig op die Afrikaner, instede van diegene wat ons identiteit wil vernietig onder die vaandel van ‘n reënboognasie. Suid-Afrika worstel vandag met swak leierskap as gevolg van een mens een stem op grondgebied wat nie aan hulle behoort nie.
Die identiteit van die DA en VF+ word vandag vasgevang in ‘n t-hempie wat gekleur is in blou, groen of selfs rooi polities gesproke wat na willekeur uitgetrek of aangetrek kan word. Persoonlik verkies ek ‘n skakering van oranje, blanje, blou, sodoende weet iedereen waar ek staan. (Regte vir almal in sy eie grondgebied). Ek is beslis nie deel van ‘n reënboognasie wat die DA en VF+ vertroetel nie. Polities het hierdie mense geen sin vir identiteit , plek of tuiste nie. Hierdie mense is in verset teenoor hulself, omdat hulle ontspoor geraak het van die heilige skeppingsorde. Die kuur vir die waansin is om terug te keer na blank Suid-Afrika, weg van swart kolonialisme en integrasie.
Die politieke sekulêre strewe ontneem ons ‘n eiesoortige samelewing, deur politieke toorkuns. Hierdie verwerp;ing geskied teen die agtergrond van agteruitgang van die Afrikaner in sy eie vaderland. Die benadering van die DA en VF+ om gunsies af te pleit by die ANC, is die politiek van skaametlose jellievisme, en leef in ‘n abstraksie van die werklikheid. Hulle is inskiklik dat die witman in die skaduwee van ‘n swart hegemonie (noodlottige leierskap) moet leef. Wat sake veel erger maak is die betreding van koalisie politiek deur die DA en VF+.
Dit skep verdere onstabiliteit soos bewys in verskillende munisipaliteite. Kry dit in jou kop, die 2026 verkiesing gaan geen verandering bring nie. Lees gerus die Ouditeur Generaal se verdoemende verslag oor die onbeholpenheid, korrupsie, wanorde en ineenstorting van munisipaliteite. Slegs Geenhuisen en Groenewald het ‘n kinderlike geloof in gedeelde swart bestuur.
KLAAS WAARSEGGER