Dien en beskerm – die leuse van die polisie word voorgehou as ‘n suikerklontjie, terwyl die samelewing deur hulle geteister word met geweld, terrorisme en moord. Burgerlikes het die teiken geword van polisie kriminaliteit en staatsterreur. Ons polisie het ‘n ondergrondse beweging geword om ‘n kriminele staat te beskerm. Sluipmoorde, aanrandings, ontvoering, intimidasie, omkoop en marteling is alles deel van hul gruwelikhede.
Die getuienis by die Madlanga Kommisie is nie ‘n storie van ‘n enkele korrupte polisieman nie, maar getuienis van magsmisbruik, morele verrotting en geregtigheid begrawe onder politieke beskerming. ANC kaderbeskerming en magsbehoud is verkieslik bokant reg en geregtigheid.Klagstate teen kaders verdwyn om vervolging te systap.
Korrupsie moet ten alle koste onder ‘n dekmantel gehou word, want dit is juis die lewensbloed en kultuuringesteldheid van die ANC. Koerant berigte van polisie gruwelikhede is legio, wat insluit die opblaas van ATM tellers, transito rooftogte, ekstorsie, koper diefstal, onwettige arrestasies, ontvoering, omkoop, dronk bestuur, moord, slaap aan diens, witmenshaat, ens. Dié lys is te lank om op te noem.
Die reaksie van die regering is meestal herontplooiing of skorsing met volle betaling. Hoe op aarde kan mens vertroue hê in die grootste misdaad sindikaat in mense-heugenis. Die verrotting strek van konstabels tot ministers in die parlement. Miljoene rande word spandeer op kommissies van ondersoek, sonder dat aksie
geneem word teenoor oortreders. Die politieke beheer is die beskermheer van misdaad in ons land. Die nuwe Suid-Afrika is onder bestuur van satanskinders met snyerspakke, kriminele met polisie uniforms waarvan die DA en VF+ medevennote is in die Regring van Nasionale Eenheid. Dien en beskerm, is galgehumor in hierdie land!!!
KLAAS WAARSEGGER