…..’n Rioolput? ‘n Sirkus?
Is daar regtig ‘n benaming wat sal pas? Beide dr. Verwoerd en mnr. Jaap Marais het gewaarsku dat die afwyking van die beleid van Afsonderlike Ontwikkeling, of soos die liberales graag die ontwerpte skeldterm gebruik, nl. Apartheid, sal dit anargie en chaos tot gevolg hê. Daar het nou meer as dertig jaar verloop waar ons Afrikanervolk midde in die voorspelde volksvernietigende “eksperiment” van ‘n meerderheid swart regime, asof hulle ‘n reg had op Suid Afrika, worstel om te oorleef!
Met ‘n paar wit gesigte op die soustrein, van verloopte joiners of hensoppers of selfs verraaiers indien dit hulle voorneme was as deel van die agenda om Afrikaners eers van hulle erfgrond af te kry met die fopspeen van ‘n volkstaat en dan die verdere verdeeldheid in kerk, kultuur, onderwys ens., was die tafel gedek vir die finale ondergrawing van ons volk.
Die verstommende ding is die stroom van kritiek teen elke swart leier en die ANC asof die fout van agteruitgang by hulle lê! Die feit dat ons almal gewaarsku was teen magsdeling met die swart ras word nou geïgnoreer asof dit niks te make het met die toestand waarin ons land en volk homself bevind nie! Die Breyten Breytenbach’s,Etienne Leroux, André P. Brink,Jan Rabie, Nadine Gordimer en J.M. Coetzee,Dan Rood’s en diesulkes wat verbete stryd gevoer het om bv. die sensuurraad en publikasieraad as waghonde oor taal, politiek en geestelike waardes uit die weg te kry, se aandeel in die huidige toestand moet nie deur die vingers gesien word nie! Saam met die hoofstroom media en ander soos die Vrye Weekblad was die linkse politci sterk hefbome in die hande van die Humanisme, sosialisme, kommunisme en internasionale imperiale magte wat ‘n netwerk van anti-christelike opposisie teen nasionalisme gevorm het!
Ongeag die tydige en dringende waarskuwings teen getallepolitiek, met Afrika as aanskouingsles van die vernietigende gevolge van multikulturele beleidsrigtings,het van ons eie Afrikanereiesinniges hulle wanstaltige politieke ideologië verhef bo alle kundige Afrikanerleiers se bewese suksesvolle en verantwoordbare beleidsrigtings waarvan die oorblyfsels na dertig jaar se vernietiging, steeds sigbaar is!
Waarom dus kritiek uitstort op swartes wat kennelik onvermoënd tot eerstewêreldstandaard in landsregering, saamgelees met hulle aard om van ander te neem wat nie aan hulle behoort nie,nou ongelukkig wees en in ontkenning die skuld op die swartes afskuif? Dit is om van siek te word! Wat nog erger is, is die lede van die Broederbond wat kastig dié Afrikaners was, wat naarstiglik saamgewerk het, en nou nog betrokke is met allerhande slenters om van Afsonderlike Ontwikkeling “apartheid” te maak en dan daarvan te wil wegskerm omdat dit die politiekkorrekte benadering is! Dat ons Afrikanervolk na die moord op dr. Verwoerd die swakste en mees patetiese leiers opgelwer het in ons volk se bestaan, is onbetwisbaar!
Dit was President Paul Kruger wat gewaarsku het toe hy in die agtienhonderds voornemende onderwysers toegespreek het, dat as ‘n kind bloot akademies toegerus is sonder dat die onderwysers die vermoë besit om hulle, die kinders, tot belydenis van geloof te bring, van hulle in die toekoms gesê sou word: “Hoe groter geest, hoe groter beest!” Dit is waarskynlik waar ons ons vandag as ‘n volk bevind! Kerke wat homoseksualisme, selfde geslag huwelike, LBTQ en sulke snert nie net toelaat nie maar selfs goedpraat! Beestelikheid in die oortreffende trap!
Die AVP waarsku opnuut dat vandag se geskarrel om die simptome wat as gevolg van die afwyking van die beginsel van Afsonderlike Ontwikkeling te probeer oplos futiel is! Kyk na diégene wat die Godlose grondwet ondersteun, kyk na hulle wat apartheid verwerp, kyk na hulle wat glo aan magsdeling, kyk na hulle wat ons volksgenote van ons Godgegewe erfgrond wil afkry deur volkstate, afskeiding deur erkenning te gee aan die wettigheid van die huidige verraderlike bestel en toestemming by hulle af te smeek, en skei u van húlle af!
Keer terug na u God, keer terug na u volk en stry vir die vryheid en onafhanklikheid van ons volk soos wat ons dit uit die Hand van ons hemelse Vader ontvang en met Sy hulp ontwikkel het tot die Republiek van Suid Afrika.
Verset teen die onreg van 1994 en alles wat daarop gevolg het is die antwoord! Sluit aan by die AVP. Sonder ons volk se deelname, bystand, befondsing en geloof dat onreg nie oor reg vir ewig sal seëvier nie, kan ons nie slaag behalwe om die beginsel te bewaar, te bewaak en aan te hou verkondig nie!