1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
8529562

Besoekers aanlyn

Ons het 62 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

DIE AFRIKANERVOLK SE GROOTSTE BEDREIGING IS NIE OORLOG NIE!

Anglo Boere OorlogKan daar dan ‘n groter gevaar as oorlog wees wat ‘n volk se voortbestaan bedreig? Die antwoord setel in ons volk se afgelope geskiedenis sedert sy ontstaan. Sonder om elke oorlog waarin ons volk betrokke was sedert die 1700’s tot en met die laaste wêreldoorlog in besonderheid uiteen te sit, was ons volk se betrokkenheid in die verskillende oorloë voldoende om ons volk se voortbestaan tot vandag toe te bevestig. Om die waarheid te sê was ons volk na elke oorlog hegter gebind en spreek ons taal in sy digkuns, letterkunde en woordeskat van nasionalisme, volkstrots, vaderlandsliefde en Godsbegrip wat aangrypend en internasionale verbasing en respek afgedwing het, aanduidend van die feit dat oorlog nie die einde van ‘n volk beteken nie!

Dat ons twee maal ons Vryheid en onafhanklikheid verloor het as gevolg van oorlog, is dit tog ook waar dat ons twee maal ons Vryheid en ook ons onafhanklikheid terug gewen het!

Wat gevaarliker as die verlies van vryheid en onafhanklikheid van ‘n volk is, is die verlies van ‘n volk se identiteit! Daarmee saam gaan die verlies van so ‘n volk se kultuur, sy voorkoms, sy taal, sy Godsdiens en ook sy geskiedenis. So ‘n volk verloor sy binding, sy patriotisme, sy selfrespek, maar ook sy geskape doel as onlosmaaklike deel van sy volksbestaan! Hy word ‘n kosmopolitaan in die “Nuwe Wêreldorde”, ‘n mensgemaakte een wêreldregering, die reeds bewese mislukking van so ‘n “Toring van Babelse Eenheid” wat bots met God se Skeppingsorde!

Ons beleef in 2025 die finale aanslag op die Afrikanervolk! ‘n Aanslag wat sy oorsprong het in die sluipmoord op dr. H.F.Verwoerd op 6 September 1966. In die opvolg van daardie diaboliese aanslag, met veel meer as Tsafendas daarby betrokke, het die Vrymesselaars die beleid van Afsonderlike Ontwikkeling begin ondermyn met veelrassige sport. Twee eerste ministers later wat die bestaande suksesvolle en bewese beleidsrigting van die Afrikanervolk geleidelik afwater en die toenemende ongelukkigheid probeer ondervang met die stigting van die Konserwatiewe Party (KP) in 1982, kry die aanslag op die Afrikanervolk momentum met die Volkstaatgedagte. Die begin van ‘n skynbaar vreedsame poging om die Afrikanervolk los te maak van sy erfgrond, met die persepsie dat dit in belang van ons volk gedoen word!

Die afwyking van die beginsel van Afsonderlike Ontwikkeling het die deur oopgemaak vir verdeeldheid. Dit het egter ook die nuans van onmag om ons bestaande beleid te kan handhaaf begin versterk en magsdeling as ‘n haalbare oplossing vir die liggelowige en liberale Afrikaner na vore gebring.

De Klerk se 1994 openlike verraad het ons by die beginsel van een-mens-een-stem uitgebring met die onvermydelike van swart oorheersing en toegang tot “wettige” onteiening van besit van die blanke.

Na dertig jaar se moord, verkragting, aanvalle, besettings in die toets van die water met die oog op opstand van die Afrikaner, het die vrees vir die Afrikanervolk se vermoê om homself te verdedig, die swartes tot nogtoe daarvan weerhou om ons met geweld van ons eiendom aft e dryf. Die Geldmag se strewe om in totale besit van Suid Afrika se strategiese waarde en daarmee saam sy minerale rykdom te kom deur van die swart rasse gebruik te maak, word egter nou gekortwiek deur die internasionale opwelling van nasionalisme.

Die AVP sien egter die nuwe en opportunistiese aanbod van die VSA aan ons Afrikaner volksgenote in die vorm van burgerskap, finansiële hulp, behuising, ens. as ‘n verdere poging om die Afrikaner van sy erfgrond af te kry! Al en elke organisasie en individu wat hierdie pogings besing en hulle daarvoor beywer, moet allereers be-oordeel word aan die agtergrond waaruit hulle kom en kastig in belang van ons volk optree.

Die AVP pleit by ons volksgenote om te bly by wat ons geleer het vanuit die geskiedenis. Hou goeie moed en moet nie die God wat ons dien se vermoë gering skat nie! Ons moet besef dat ons as ‘n Godsvolk vêr afgedwaal het met ons sport, vermaak en leefwyse! Dink maar net aan hoe geredelik ons die begrip 24/7 vanuit die sekulêre wêreld oorgeneem het en die rusdag onteer! Gaan lees die hele opdrag van God aan Esegiël en besef dan wanneer ons onsself be-oordeel hoe vêr ons werklik afgedwaal het en waarom hy wat die stert was, nou die kop geword het soos wat in Deuteronomium 27 en 28 as waarskuwing vir ons opgeteken is.

Die gras is verseker nie groener anderkant die draad nie! Elimeleg en Naomi het dit ook moes leer!! Kom laat ons nie ons geloof verloor nie en moet veral nie ons fokus laat afdwaal van die stryd om weer vry en onafhanklik as ‘n volk te kan wees nie! Al hierdie ander pogings is ‘n gejaag na wind en sal tot niks kom nie!

Mag ons Hemelse Vader ons daartoe genadig wees dat ons nie aanhou om agter fopspene aan te hardloop nie.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie