1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
7548266

Besoekers aanlyn

Ons het 59 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

DIE ALTERNATIEWE AFRIKANERS

Klaas WaarseggerDie DA en VF+ het baie duidelik hul verantwoordelikheid ten opsigte van bloedverbondenheid verloor. Groenewald se standpunt oor “Gayregte” is bloedstollend en in stryd met ons hemelse Vader se standpunt. Dié twee partye wat wedywer vir jou stem, sal onteenseglik ‘n politieke enema moet ondergaan om hulle te reinig van skadelike politieke dwaasheid. Hul reënboognasie verering volgens die grondwet lê hul wanbegrip ten grondslag. Detoksifikasie moet die funksie van hul oë, ore, verstand en reuk organe herstel.

Elke nuwe dag word ons oorval met slegte nuus van die vrot veelrassige parlement wat opereer as ‘n besettingsmag om die Afrikaner se toekoms te vernietig, met hierdie partye se deelname!

Die verwesenlikking van ons vryheidstrewe (blank Suid-Afrika) was uit eie reine wil gebore. Dit het gepaard gegaan met opoffering, geregtigheid, lyding en dood om afsonderlik, trots en vry te wees van oorheersing, terwyl hierdie alternatiewe Afrikaners, alternatiewe metodes bedink het en nou help om ons in ballingskap te hou!

Die DA en VF+ het hul volksgebondenheid verbreek en deur hul dwaasheid is ons in die verderf gestort en verkneg. Ongeag hul verklarings is dit onmoontlik om vreemde oorheersing te verantwoord as ‘n etopie vir Afrikaner voortbestaan. Hoe kan ‘n mens ooit van ‘n veelrassige en onverdeelde land sê, dis myne? Niks sal in die toekoms jou naam dra nie, want jy word verswelg deur ‘n onregmatige kruisie by die stembus.

Ja, hulle het ‘n kruis geplant vir die Afrikaner en dit met ‘n wetende motief. Om deur ‘n eed van getrouheid aan die Slovo grondwet gebind te wees, is ‘n oorgawe aan die vyand. “Kill the farmer, kill the Boer”! Het ons dan nie geleer uit die konsentrasie kampe van die verlede, hoe ‘n volk opgehok word deur kwaadwillige oorheersing en vraatsugtige optrede nie.

Om soos volksverraaiers te praat, en om vir ons volk te lieg dat “Babel” geleef moet word, is laakbaar. Wellus, moordlus en barbaarsheid het reeds ‘n eienskap van die nuwe Suid-Afrika geword. Dit is die donker visie van ‘n dom en wilde mensheid, deur  "alternatiewe" deelname ondersteun en wat ons nou in die gesig staar. Ons volk mag nie oorgelaat word aan die veelrassige sirkuswêreld se gewetenloosheid nie. Laat diegene wat Afrikaner nasionalisme verwerp, soos wurms in jou aangesig wees.

Die swart volke van Suider Afrika sien die Afrikaner nie as deel van hul volk nie, maar as ‘n indringer en setlaar wat nie hier hoort nie, terwyl die parlementariërs diabolies smous met ‘n reënboognasie storie. Die kleur van mense kan nie ongedaan gemaak word deur woordskepping nie. Verwerp die bestel deur nie te gaan stem nie, want die DA en VF+ lei jou soos ‘n lam ter slagting.

KLAAS WAARSEGGER

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie